Remove this ad
avatar

zie

Jy ken van!

Posts: 156

Lead

Feb 1 12 5:27 AM

Tags : :

Het so pas 7 Dae van Deon Meyer gelees. Nou vra ek die volgende:
Hou julle baie van speurverhale?
Hou julle so baie van DM se speurverhale dat julle nie kan wag vir die volgende een nie?
Was 7 Dae vir julle ook die mins deurmekaar een?
Hou julle van afwisseling van soorte genres?

Ek het die boek geniet, maar sou dit nie gekoop het as ek nie die boek wat ek geleen het, verloor het nie. Ja, ek het `n boek verloor en ek weet nie hoe of waar nie. Die boek het net spoorloos verdwyn uit my besit! Ek kan steeds nie glo dis moontlik nie, maar dit is! Daar is so baie boeke wat ek wil koop en nou moet ek een koop wat nie eens myne gaan wees nie.
Ek is nie `n groot speurverhaal liefhebber nie, maar het wel van John le Carre se boeke ook gelees ...en geniet, maar twee was genoeg. Sy speurverhale hanteer ook aktuele sake wat dit interessant maak netsoos 7 Dae van DM wat die BEE bestel se ingewikkeldhede baie goed inweef.
Lekker lees  aan al die wonderlike boeke wat tans op die mark kom!

Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad

#1 [url]

Feb 1 12 6:08 AM

Hi Zie, ek hou bitter baie van speurverhale, dit dryf my net teen die dak uit as die verdagtes te veel ondervrae word. Wat het jy gedoen die aand van die moord? Waar was jy? Het jy iemand verdag gesien? Oor en oor dieselfde vrae.
Juis daarom het ek so baie gehou van Donker Leuens van Lien Le Roux - de Jager. Dit was 'n heel nuwe invalshoek gewees.

Quote    Reply   
avatar

zie

Jy ken van!

Posts: 156

#3 [url]

Feb 2 12 7:49 AM

Op soek na Eleanor Baker boeke by my gunsteling tweedehandse boekwinkel gee die eienaar vir my `n speurverhaal deur Alex Muller (skuilnaam van EB waaronder sy `n klompie boeke geskryf het). Die boek se naam - Bloedbande - `n speurverhaal met `n verskil  wat ek heel anders as die gewone deursnee speurverhale gevind het en baie geniet het. Dis asof die skrywers `n mens doelbewus probeer mislei en dit maak die speurverhale vir my eerder argaïs as spannend... of praat ek nou nonsens.  

eleanor

Quote    Reply   

#5 [url]

Feb 3 12 5:22 AM

Mens leer ook elke dag iets nuuts hier. So, wil julle vir  my sê dat Eleanor Baker, Alex Muller en Christine le Roux dieselfde mens is?
Wat in klomp uiteenlopende skryfstyle in een wese.

Quote    Reply   
Remove this ad

#7 [url]

Feb 8 12 1:54 AM

Ek het ook gedink sy was baie begaafd en is nou nog baie hartseer dat sy oorlede is. Sy kon nog soveel wonderlike stories bygedra het tot die wêreld! Afrikaanse literatuur is regtig baie armer sonder haar!

Ek het al 4 van haar Alex Muller boeke gelees, het al 10 Christine le Roux omnibusse en begin die nuwe uitgawes weer koop en klou aan my 2 kopieë van Weerkaatsings! Dis jammer dis nie in eboeke vrygestel nie, want boeke raak maar lelik met tyd. Ek het net nie van haar vroeër werke gekry nie, maar het Die Kwart Voor Sewe Lelie baie geniet! Dit was laas jaar voorgeskryf vir die Graad 12s. 

Om jou eerste vraag te beantwoord, ek geniet Deon Meyer baie en dink hy is 'n baie goeie skrywer. Ek wissel graag die genres wat ek lees af. Ek is lief vir Middeleeuse romans maar ook Chanette Paul se spanningsromans. Ek lees ook graag Afrikaanse novelles (eintlik werk die name nie lekker in Afr nie) van Sophia Kapp en Wilna Adriaanse. Ek verkies die stories wat bietjie meer om die lyf het as 'n gewone liefdesverhaal maar soms gryp ek wel 'n Romanza boekie wat ook tog lekker ontvlugting bied vir 'n paar uur 

Sonjia, ek het gewonder oor Donker Leuens, maar gaan dit nou beslis lees. Baie dankie!

Quote    Reply   
avatar

zie

Jy ken van!

Posts: 156

#8 [url]

Feb 9 12 12:44 AM

Ek het `n hele paar Eleanor Baker boeke waarvan "Die ander Martha" een van my gunstelinge is, maar net die een speurverhaal.
Ek hou van familiesages soos die wat Irma Joubert skryf. 

eleanor

Quote    Reply   

#9 [url]

Feb 9 12 4:17 AM

Jip, Irma Joubert is ook my gunsteling.
Hoekom probeer jy nie Chanette Paul se Davel reeks nie. Jy behoort daarvan te weet. Dink jy sal daarvan hou.

Quote    Reply   
Remove this ad
Add Reply

Quick Reply

bbcode help