Remove this ad

Lead

Feb 12 11 3:13 AM

Tags : :


Wen 'n boek! Daar is twee getekende bundels van Grenslose Verse van Ian Smit om te wen.

Al wat jy moet doen om deel te neem, stuur epos aan trisa@icon.co.za met jou naam en posadres, en beantwoord die volgende maklike vrae:

1 In watter dorp woon Ian Smit?
2 Hoe lank bestaan Boekemakranka al?
3 Waar het jy van Boekemakranka gehoor?

Skryf dan 'n paragraaf oor wat Boekemakranka vir jou beteken.

Sluitingsdatum is Vrydag 18 Februarie.

(Dankie Ian vir die skenk van die bundels!)


Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad

#5 [url]

Feb 17 11 6:28 AM

Net 'n herinnering:

Daar is twee getekende bundels van Grenslose Verse van Ian Smit om te wen.

Al wat jy moet doen om deel te neem, stuur epos aan trisa@icon.co.za met jou naam en posadres, en beantwoord die volgende maklike vrae:

1 In watter dorp woon Ian Smit?2 Hoe lank bestaan Boekemakranka al? (Niemand het nog hierdie een reg nie! Die antwoord is in die R-kantse kolom!)3 Waar het jy van Boekemakranka gehoor?

Skryf dan 'n paragraaf oor wat Boekemakranka vir jou beteken.

Sluitingsdatum is Vrydag 18 Februarie.

(Dankie Ian vir die skenk van die bundels!)

Quote    Reply   

#7 [url]

Feb 20 11 11:29 AM


Baie geluk aan Christelle en Anonymous741111 (Lidia) ulle wen elkeen 'n kopie van Grenslose Verse.


Christelle sê:

Boekemakranke is ‘n veilige, vriendelike forum met min tot geen histerie, waar ek boekstories kan deel, hoor van nuwe boeke, aanbevelings kan gee en kry, indrukke vergelyk, skakels na resensies kan kry – my virtuele boekklub.

Volgens Lidia:

Ek het al heelwat genotvolle oomblikke op Boekemakranka deurgebring. Ek nouliks glo dat dit nog net omtrent 2 jaar bestaan. Vir my voel dit soos reeds langer terug. Seker omdat dit die plek is waar ek van al die pragtige boeke, wat ek so in my armoede aangekoop het, gehoor het.

Dis ook die plek waar ek my opinie oor ‘n boek wat ek lees of gelees het, lug. Wat my die meeste beindruk is die feit dat elkeen ‘n reg tot ‘n eie opinie het, al verskil dit hemelsbreed van dié van ander. Dankie Trisa vir al die moeite om dit aan die gang te hou.

Hou die posbus dop, julle.

(En kommentaar soos hierdie maak die bedryf van hierdie forum die moeite werd. Dankie vir julle!)




Quote    Reply   

#8 [url]

Feb 20 11 1:10 PM

My kop was die afgelope tyd so vol ander dinge. Nooit gelees wat die kompetisie vir die twee bundels behels nie. Ek wonder of ek die "guts" sou hê om deel te neem - Ja, ek sou! Beide wenners, Christelle en Anonymous se menings omtrent wat Boekemakranke vir hulle beteken, is lofwaardig.

Dit is waaragtig 'n plek waar mens boekstories kan deel en resensies kan kry oor boeke waaroor jy andersins nie toegang sou had nie! Ook waar lede gedagtes kan uitruil en veral met groot vrymoedigheid van mekaar kan verskil!

Geluk julle twee meisiekinders met julle prestasie! O ja Anonymous, die bespreking van Abraham de Vries se Verbeel jou dis somer, bespreek deur homself, is eerskomende Woensdag, 23 Februarie in die Durbanville biblioteeksaal. Sien jou daar!

Trots op julle!

Quote    Reply   

#9 [url]

Feb 20 11 8:49 PM

Baie dankie Trisa en Ian! Sien uit daarna om die boek te lees.
Christelle

Ek lees alles, selfs die Pronutro-boks.

Quote    Reply   
Remove this ad

#10 [url]

Feb 20 11 11:41 PM

Baie geluk julle twee. Ek haal my hoed af vir julle. Julle het die moed gehad om dit te doen. Knap gedaan.
Ek sukkel mos gewoonlik met uitdrukkingsvermoë en fancy woorde, daarom sê ek net sommer: Ek is mal oor Boekemakranka!
Dankie vir julle almal.

Quote    Reply   

#11 [url]

Feb 21 11 4:14 AM

Dankie!

Wat ek gesê het, het uit my hart uit gekom en by my vingers uitgespring. 

Dankie, ek sien uit na die boek.

Chris - ek gaan my bes doen om daar te probeer wees. Ek het tentatief 'n ander afspraak aan, maar dalk val dit deur die mat. Dalk sien ek jou dan daar.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   

#13 [url]

Mar 3 11 5:47 AM

Ek het my boek ontvang, dankie. 

Ek het nog nie tyd gehad om alles te lees nie, het wel al 'n hele klompie gelees. Dié wat ek gelees het, is pragtig, almal met 'n hartseer ondertoon. Maar dan, ek is glad nie 'n kenner van die digkuns nie.

Baie dankie Ian, dis 'n boek wat ek graag in my boekrak hou.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   
avatar

ian

Jy Vorder!

Posts: 36

#16 [url]

Mar 4 11 8:49 AM

christelle & anonymous 74111 ( sjarmante buiging voor julle) geniet dit. stukkie van my siel sal julle vind tussen die blaaie !! 

IAN SMIT(A.P.)

Quote    Reply   
avatar

zie

Jy ken van!

Posts: 156

#18 [url]

Mar 6 11 6:05 AM

Is die stukkie siel dan nie maar (meestal) waaroor gedigte is nie?
Ek lees graag Yeats en hy sê die volgende:

"Because to him that ponders well,
My rhymes more than their rhyming tell
of the dim wisdoms old and deep
That God gives unto man in sleep." 

Dankie vir jou mooie siel!

Leesgenot, skryfgenot en geselsgenot groete.

eleanor

Quote    Reply   
Remove this ad
Add Reply

Quick Reply

bbcode help