Remove this ad
avatar

ian

Jy Vorder!

Posts: 36

Lead

Jan 14 11 12:02 PM

Tags : :

SKRYWER VERSKUIF GRENSE

Chris Storm

Willem Kloos, gevierde Nederlandse digter, het eens gesê dat poësie die allerindividueelste ekspressie van die allerindividueelste emosie is. En dit is wat ʼn mens opval by die lees van Ian Smit se digbundel Grenslose Verse.  Die eerste gewaarwording is dat hy streef na ʼn digterlike verhouding met die wêreld waarin hy leef.  Hy bied ʼn vernuwende kyk op belangrike dinge wat baie mense dikwels ignoreer.

Die digter moet kan waarneem, hy moet kan inneem en dan moet hy na woorde gaan soek om sy emosie en gewaarwording so te kan beskryf dat hy die leser kan meeneem om te begryp wat hy ervaar het.  Dit is myns insiens die gees van Grenslose Verse.  In sy wese verwoord hierdie Overbergse skrywer heel goed sy digterlike waarneming en sy bewustelike, maar tog spontane gewaarwording, nie heeltemal bevry van intellektuele interpretasie nie, en soms swaar gelaai met emosie. Hiervan is die eerste gedig Maria se Kind ʼn goeie voorbeeld.  ʼn Goeie hap humor is ook nie uitgesluit nie.  Lees maar Hulle op p.17.  Smit se gebruik van metafore is interessant en vernuwend.

Mense sê dat slegs foto’s van beroemde mense op die voorblad van tydskrifte verskyn.  Maar jy word eers beroemd nadat jou foto op die voorblad verskyn het.  Dieselfde geld te opsigte van die digkuns.  As jy beroemd is, koop almal jou bundels.  Maar om beroemd te kan word,  moes jy eers al jou digbundels kon verkoop het.  By my is daar geen twyfel nie dat Smit groter erkenning as digter behoort te verwerf.  Hy wy homself die afgelope twee jaar voltyds aan sy skryfwerk en het reeds ver gevorder met sy eerste roman,Wegwaaikind.

ʼn Bekende boekwinkel het ʼn jaar of tien gelede die pragtige aforisme “Poetry is living proof that rhyme does not pay” op hul verpakkingsakke gedruk.  Ek glo Smit se bundel sal nie sprekend hiervan wees nie.  Sy werk word deur talle aanhangers as “woorde vir mense met ʼn liefde vir woorde” beskryf op sy “Facebook” profiel, waar daar duidelik mense van alle ouderdomme en geslagte sy verse en gedagtes as hoogtepunt van hul dag beskou. Grenslose Verse  is ook Smit se langverwagte opvolg bundel na Ver Verse en Ander Vrese  wat tans in tweede druk is. ʼn Bundel verhale, Rondom Wonder en ‘n hele rits Blaaskansstories en ander kortverhale het reeds uit sy pen gevloei.

Met Grenslose  Verse wat uitgegee word deur Peoples Publishers Durban, lewer Ian Smit ongetwyfeld ʼn aansienlike bydrae tot die mees afgeskeepte vorm van die Afrikaanse literêre kuns en verskuif duidelik alle grense van poësie nader na die man op straat wat hierdie bundel nie sal kan neersit nie.

(Chris Storm was erelid van die Nederlandse Multikulturele Literêre Vereniging Concept en mede redakteur van hierdie vereniging se gelyknamige kwartaalblad.) 

Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad
avatar

ian

Jy Vorder!

Posts: 36

#1 [url]

Apr 28 11 5:52 AM

Overberg Skrywer Stook Vuur

 

“Nkosi sikelel’ i-Afrika”  H.A. Fagan se gedig soos opgeneem in sy 1949 bundel “Soos die windjie wat suis”

Dit is die hardnekkigheid waarmee die digkuns as genre aan Afrikaans bly vasklou, danksy kloekmoedige nuwe era digters soos Ian Smit wat sonder skroom wedywer teen die skynbare oormag van visuele geriefswoorde.

 

Ian het op 23 April sy jongste bundel “Grenslose Verse” by Gansbaai Boekwinkel bekendgestel. Die a-b-b-a rym-orde van die vroeëre digters het weliswaar plek gemaak vir ‘n meer vryer vorm van dig. Juis dit mag dalk die rede wees vir die vasval van digkuns as ontspanningslektuur. Kyk mens egter na die groot aanhanger-getal van hierdie skrywer/digter op die sosiale webblaaie, bring dit nuwe hoop.

 

In “Grenslose Verse” akkkommodeer Ian beide van hierdie vorms. Meer nog, slaag hy meesterlik daarin om vorm, inhoud en rym saam te vleg in ‘n karba van gevoelsuitinge. Soms is die wyn volrond-bekkig, glad op die tong. Ander kere het die verse ‘n metaforiese frankerigheidjie wat jou die kurkprop wil laat opdruk om later weer  te proe. Die juiste geslaagdheid van die bundel lê in die weer-lees, die huiwering om dit op die boekrak in te skuif.

 

Stormagtige emosies  om as joernalis, wewenaar, opeense alleen-ouer van ‘n peuter, steeds staande te kan bly, perspektief en fokus te kon behou, weef soos hakiesdraad deur die bundel. Soms koöperasie-blink, soms deurbreek-verroes. Tog is die gedigte nie morbied nie; eerder semanties verwoord soos alleenlik ‘n gelouterde siel dit kan baar. Daar is die git van maanlose donker nagte, sagte ogggendgloor nuanses, deurbreek van die son in die laatwinter en – heel verrassend -  die kollig na Bo gerig.

 

Soos met die lees van sy verse, is die aanhoor van sy oopgesprek woorde ‘n sluimerende kolevuur, aangehits met ‘n armvol droë sprokkelhout: krakend vars, vonke skietend in die skoorsteen op, tot die vlamme van ‘n nuwe vuur hoog staan.

 

Ian is tans besig met sy eerste roman “Wegwaaikind” en ons sien uit om hom weer te kan ontvang vir daardie bekendstelling.

 

Carine Badenhorst

27 April 2011

Gansbaai Courant

IAN SMIT(A.P.)

Quote    Reply   

#2 [url]

Apr 29 11 12:18 AM

Kyk, as ek, (wat nie van digkuns hou nie) van Ian se gedigte hou, gaan ek MAL wees oor sy roman. Ek is bly daaroor en kan nie meer wag daarvoor nie! Sterkte Ian.

Quote    Reply   
Add Reply

Quick Reply

bbcode help