Remove this ad

Lead

Sep 3 10 3:51 AM

Tags : :

Ek het die afgelope jaar statistiek in die hande probeer kry van hoeveel Afrikaanse boeke elke jaar gedruk word. Ek kon nie. Al wat ek uitgevind het, is dat ’n titel blykbaar gereken word as ’n “best seller” indien dit 3000 kopieë verkoop het. Afrikaanse boeke het in my opinie ’n besondere getroue leserskorps, maar daar is nie baie van hulle nie - nie as 3000 boeke 'n bestseller is nie!

 

Dit gebeur ongelukkig dat baie lesers in hulle vroeë tienerjare meeste van die beskikbare Afrikaanse titels deurgelees het en dan skuif hulle na Engelse boeke. Dit het met my gebeur in die jaar toet – toe ek so tien of elf was.

 

Mense is baie nice en moedig my dikwels aan om aan te hou doen wat ek doen – naamlik skryf. Aangesien ek (oor)leef van die geld wat my boeke verdien (waarskynlik ’n gekke keuse, maar as ek nou kon oorkies, sou ek dalk weer!) kan ek nie aanhou doen wat ek doen nie. Ek is nie gepla met besittings ens nie, maar ek moet na myself kan kyk met die inkomste uit my boeke. Sien somme (http://martiepreller.wordpress.com/somme/ ) ’n Mens maak net geld met boeke as jy ’n geweldige groot mark het en baie boeke kan verkoop – en dit geld vir skrywers en uitgewers!

 

Van die boeke wat ek geskryf het, is 33 nog in druk. Sommige dateer nog uit die vroeë 1990’s.

 

Ek sit hier met nog ’n manuskrip en sal hoor wat die uitgewers sê, maar dit was nou genoeg in ons klein mark. My boeke kompeteer al dalk teen mekaar in ons klein mark. Ek gaan nou ander dinge probeer ... wie weet wat sal werk? Ek sal laat weet as iets gewerk het, so nie sal ek stilte sulk en weer probeer ...

 

Ongelukkig kan dus ek nie meer doen wat ek gedoen het nie, maar die boeke is nog daar – hopelik nog vir ’n rukkie. Wanneer boeke nie meer verkoop nie word dit goedkoper verkoop of weggegee. ’n Tyd is verby. Met al hierdie boeke en die wat uit druk is, saam met 13 jaar se Balkies in Rooirose en 4 jaar se Jamie en Sebastiaans in Vrouekeur, voel dit asof ek nou my ding gedoen het soos dit nou was. Dis tegelyk baie hartseer vir my, maar ook opwindend en vol nuwe uitdagings. ’n Mens het uitdagings nodig op 61, voordat jy begin dink jy is oud!

 

Boeke wat nog beskikbaar is: (Enige boekwinkel moet vir jou 'n boek bestel as jy die naam, skrywer en uitgewer voorsien. Meeste van my boeke is ook beskikbaar op Kalahari en Graffiti. Die 2 boeke wat ek self uitgegee het, is op my webwerf beskikbaar. (http://www.martiepreller.co.za/) Die Loebi-Leesreeks is beskikbaar op http://www.kinderwerf.co.za/)

 

Prenteboeke: 8 Afrikaans en 3 Engels

 

Babalela (LAPA)

 

Diep, diep in ’n donker bos (LAPA)

 

Los ons uit (LAPA)

 

Emma en die Blêg (LAPA)

 

Lisa maak ’n plan (LAPA)

 

Daar’s ’n spook in my kas /My cupboard is haunted (Nasou-Via Afrika)

 

Die eensame draak/The lonely dragon (Nasou-Via Afrika)

 

Skilpad sonder ’n dop/Tortoise without a head (Nasou-Via Afrika)

 

Die Loebi-Leesreeks (60 stories) (http://www.kinderwerf.co.za/)

 

Kinderboeke: 11 Afrikaans en 3 Engels

 

Die Balkieboek (Human & Rousseau)

 

Balkie en die son se slaapplek/ Balkie and the sun’s sleeping place (Best Books)

 

Balkie en die woeste virus/Balkie and the vicious virus (Best Books)

 

Balkie en die lugrowers/Balkie and the pirates of the sky (Best Books)

 

Jamie en Sebastiaan en die storiemol (saam met Martie Kruger) (LAPA)

 

’n Haas moet doen wat ’n haas moet doen (Human & Rousseau)

 

Afrika vertel (Nasou-Via Afrika)

 

Op die spoor van die Leseavanger (Nasou-Via Afrika)

 

Jy en die dinosourus (LAPA)

 

Jy en Hercules (LAPA)

 

Jy en Toetenkat (LAPA)

 

Jeugboeke 6 boeke

 

Anderkantland (Tafelberg)

 

In die tyd van die Esob (Tafelberg)

 

Die hart van Zeebak (Tafelberg)

 

Droomvangers (Human & Rousseau)

 

My naam is Alexander en wat daarvan? (Maskew Millar Longman)

 

Maar my magtig Moesoek (Tafelberg)

 

Drie kortverhale in Vlieg en Skreeu (LAPA)

 

Volwasse boek

 

Vandag is nie gister nie (self)

 

Skryfhandleiding

 

Die land van stories – ’n praktiese storiemaakkursus (self) 

Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad

#2 [url]

Feb 14 12 6:42 AM

Dankie Martie vir jou bydrae vir Afrikaans.
Dis die dat ek so aanhou probeer uitvind hoeveel geld kry die hyg roman skrywers. Daai boeke kos maar in die omgewing van R50 (Dis nou as dit nie op 'n spesiale aanbod is nie)
By gesê, dis bitter gewild. Dis dalk die deurslaggewende faktor.

Quote    Reply   

#3 [url]

Feb 14 12 11:50 PM

Ons taal is nog klein. Die leserstal ewe klein. 

Dit is inderdaad so dat lesers van Afrikaans ook Engels lees en dikwels nooit weer terugkeer na Afrikaans nie. Dis so jammer.

Daar was 'n hele paar jaar in my lewe wat ek net Engels gelees het. Ek het gedink dat ek alles wat die moeite werd is in Afrikaans, klaar gelees het. Daar het net somber literêre werke oorgebly. Gelukkig het ek op 'n dag uitgevind van al die wonderlike Afrikaanse boeke wat weer op die mark gekom het. Tans moedig ek graag mense wat steeds net Engels lees aan om 'terug te keer'. Daar is nou 'n ontploffing in die Afrikaanse boekmark. Dis so dat ek selfs nie al die Afrikaanse boeke wat ek nog graag wil lees, gelees kry nie. Daar is net te veel en my tyd te min. Dan is daar nog steeds Engelse boeke wat ek steeds graag wil lees.

Nou moet ek met groot hartseer lees wat liewe Martie hierbo geskryf het. Sy het nog van alles sondes, gespesialiseer in kinderboeke. So 'n ryke skat, maar soos kinders vandag lees, is ek seker dat sy in eie reg die mark versadig het. Behalwe die kompetisie met ander Afrikaanse skrywers, om van Engels nie eens te praat nie, is daar nog die elektroniese media ook. Dis genoeg om my in trane te laat uitbars.

Niks wat ek hier kwytgeraak het, is 'n oplossing vir haar probleem nie, dis net 'n bevestiging van die treurige toedrag van sake. Jammer, Martie. Al wat ek weet en glo is dat jy tot lank na jou dood, nog gelees gaan word. Helaas, dit gaan nie kos op jou tafel bring nie. Ouers lees nie meer nie, gevolglik lees kinders ook nie meer nie. Is skryf 'n kuns wat gaan uitsterf?

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   
Add Reply

Quick Reply

bbcode help