Remove this ad

Lead

Feb 8 10 5:02 AM

Tags : :

El het pas 'n baie beledigende brief van iemand ontvang wat 'n lesing wat ek vir die skrywersburo aangebied het, gekoop het en nou van mening is dat dit hoërskoolagtig is. 

Ek wil dit asseblief net duidelik stel, die Breederivier Skrywersburo werk met amateurs en mense wat wil leer om te skryf.  Die lesings en aanbiedings wat ek adverteer en aanbied, is gemik op daardie mense.  Dit is deel van 'n opvoedingstaak en word gebruik as 'n motivering om daardie mense aan te moedig om self verder te gaan lees en navorsing te doen.

Die lesing oor hoe om krities te lees wat sy aangevra het, gee basiese riglyne waarna mense moet kyk. Tydens my aanbieding het ek dit met voorbeelde uit koerante, tydskrifte en boeke toegelig - daardie voorbeelde is nie deel van die aanbieding nie omdat dit nie vooraf uitgewerk word nie, maar voorbeelde te noem wat ek in my kop het en waarop ek op daardie oomblik my hand kan lê.

Ek het nêrens, nie in inligting of op die internet of enige ander plak gesê die lesings kan gebruik word vir aanbiedings by leeskringe en ander groepe nie.  Ek doen sulke lesings en dit vat my weke om dit op te stel so ek sal dis beslis nie vir R30 doen nie.  Daar is ook kopiereg by sodanige lesings ter sprake en dit word nie geadverteer nie - dit word op aanvraag vir 'n spesifieke groep gedoen. 

Die rede vir die skrywe is omdat die persoon aangedui het dat sy my en die skrywersburo op Boekemakranka gaan sleg sê - dis haar goeie reg, maar dis nie my skuld as sy onder 'n wanindruk verkeer het nie en daar haar idee van 'n lesing heeltemal van myne verskil nie.  Sy het ook nêrens in haar kommunikasie met my genoem dat sy dit vir 'n aanbieding by 'n leeskring wou gebruik nie - dan sou ek haar dienooreenkomstig ingelig het.

Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad

#1 [url]

Feb 8 10 11:17 PM

Hi Anita. Dit klink vir my jy het hier te doen met 'n persoon wat te veel tyd op hande het. Bly jy net professioneel in wat jy doen en hou jou kop hoog. Moenie jou steur aan dreigemente nie. Baie sterkte.

Quote    Reply   

#2 [url]

Feb 9 10 11:38 PM

Hahaha!  Anita, hierdie klink amper soos 'n skrywer wat ek destyds met Sewe Kleure Boeke moes inlig dat haar manuskrip ongelukkig nie geskik is vir publikasie nie.  SY wou my Huisgenoot toe vat!  Sommige mense ...

Quote    Reply   

#3 [url]

Jan 5 12 2:37 AM

Van Wyk Louw het gesê ons (digters) is almal maar "Sondagskilders". Die "grotes" sal gewoonlik erken hulle skryf ook soms swakker en soms beter goed; niemand wil seker  aanvaar dat hulle bloot amateurs en tweederangs is nie. Bepaald nie dat hulle tekste swak is nie, redigeerwerk kort, gesnoei of herrangskik kan word (of die delete-knoppie kry, soos Gerda Fourie sê). Is daar beeldhouers wat so inskiklik met die middelmatigheid is, of komponiste? Elke gedig het by aanvang of aandrif seker gelyke kanse op grootsheid, of hoe?

Quote    Reply   

#4 [url]

Jan 15 12 10:50 PM

Anita, ja, ek sal erken dat so iets mens ontstig. Maar, ek dink nie jy moet jou te veel daaraan steur nie. Jy doen goeie werk, hou maar net aan daarmee.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   
avatar

zie

Jy ken van!

Posts: 156

#5 [url]

Jan 18 12 5:31 AM

Elke keer as ek my wil steur aan negatiewe kritik teenoor iets wat ek doen, dink ek daaraan dat ek self soms skuldig is deur ander se werk af te maak (al is dit nie openlik nie) en dus maar my sensitiwitiet moet laat staan. My ma het my `n goeie lewensles geleer nl om dit te ignoreer wat ek nie van hou nie. Dis soos terg.....die terger wil juis reaksie hê. Gaan aan met dit wat jy uit oortuiging doen.

eleanor

Quote    Reply   
Add Reply

Quick Reply

bbcode help