Remove this ad

Lead

Oct 19 09 10:21 AM

Tags : :



Vanoggend het ek vir die eerste keer op TV gesien hoe lyk die Kindle, en het nogal gedink dat dit heerlik moet wees om so enetjie te hê vir as jy reis. Maar die boek? Die boek wil ek hê! Sou jy wou Kindle?

Bakleiery by boekeskou oor Google Books 

Frankfurt - "Gemors" en "histeriese propaganda" was een woedende reaksie by die wêreld se grootste boekeskou toe Google, die wêreld se grootste internet soekdiens, planne verdedig het om miljoene boeke in aanlyn elektroniese literatuur te omskep.Die rusie het by die 61ste internasionale Frankfurt-boekeskou, 'n groot jaarlikse literêre gebeurtenis, ontstaan.

'n Literatuur-professor van Duitsland se Universiteit van Heidelberg het skerp gereageer op Google Books, 'n massiewe projek deur die Amerikaanse groep, om die wêreld toegang te gee tot boeke wat andersins moeilik of onmoontlik is om te bekom.

Prof. Roland Reuss het gewaarsku dit is 'n bedreiging vir tradisionele uitgewery. "Julle vernuwe die mark, maar die verskaffers van goedere in hierdie mark gaan vernietig word."

Google se hoof van Druk Inhoud Vennootskappe in Brittanje, Santiago de la Mora, het in reaksie gesê hulle los een van die groot probleme in die wêreld op, dat boeke omtrent dood is omdat hulle nie gevind word nie.

Die Google Book-projek staar regsprobleme oor die kwessie van kopiereg in Amerika, Europa en elders in die wêreld in die gesig. Die soekdiens wil soveel as moontlik van die wêreld se kennis in een plek (in die kuberruim) bewaar.
(News24.com)

Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad

#1 [url]

Oct 20 09 4:21 AM

Niks, maar niks, kan vir my 'n gedrukte boek vervangs nie. Ek kan liries raak oor so 'n nuwe (of ou boek) in my hande nie. Dalk nog oudoos? Nietemin...

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   

#2 [url]

Oct 21 09 4:07 AM

Val alweer so teen die gatkant in.  Was 'n bietjie besig en vir 'n ruk sonder rekenaar.  In elk geval om te reageer oor die idee van boeke op rekenaar - O nee nee nee, glad nie, aikona, no no no, tati.

Ek stem saam met infinate - om 'n boek in jou hande te hou is byna 'n mistieke ervaring.  Om 'n nuwe boek se papier en ink te kan ruik en om versigtig deur 'n ou boek te blaai en die bladsy versigtig een vir een om te blaai - daar is niks wat daarby kom nie.  Vir my is dit die grootste, absolute "kick"  (hoe sal 'n mens "rush" of 'kick" in Afrikaans vertaal??).


In elk geval, met 'n boek op rekenaar kan jy nie in die bad lees nie, ook nie op die strand nie, ook nie op jou maag in die bed nie - so boeke moet maar boeke bly

Quote    Reply   
avatar

marries

Jy Vorder!

Posts: 50

#3 [url]

May 13 11 12:32 AM

Ek was heel skepties oor die kindle, totdat ek dit die ander dag gesien het. Anders as 'n reuse iPad kan mens dit maklik inpak op jou vakansie, jy kan by die strand lê en lees en jy kan 100e boeke daarin stoor. 

Ek stem saam met almal dat die papier in jou hande darem 'n lekker gevoel is, maar met 'globe trotters' soos ek, sit ek met 'n probleem. Elke keer as ek verhuis na 'n nuwe land moet ek bokse en bokse boeke aanstuur na my nuwe woning, en dit kos baie geld. En die hartseerste... ek moet baie sommer net bloot weggee.  :(

So, ek sal nooit natuurlik net my paperback opgee nie, maar ek dink daar is 'n plek in my hart vir 'n kindle.

Quote    Reply   

#4 [url]

May 13 11 1:18 AM

Marries, ek lees nou Titaan van Karel Schoeman, en die boek is so dik en swaar (erger as Agaat) dat my hande letterlik seerkry en ek vermoed ek gaan die boek nie klaargelees kry nie. (Al is dit hóé fassinerend!) Die Kindle pas knus in ouerige arthritis-vingers. 

Quote    Reply   

#5 [url]

Jun 13 11 10:44 AM

So het ek toe ook vandag geswig. Met geld wat ek nie het nie, het ek vandag vir my ook 'n kindle bestel. 'n Kredietkaart is 'n geduldige ding.

Met my dogter wat op die oomblik in New York is, kon ek darem nie die versoeking weerstaan dat dit nou op 'n spesiale aanbod is nie. Gekoop en betaal, sal dit nou oormôre in New York by 'n adres wat sy verskaf het, afgelewer word. Die ongeluk is dat sy eers vroeg in Julie terug sal wees in die Kaap. Maar ek het dit werklik teen 'n billike tarief gekry, dus sal ek maar wag.

Maankind, intussen kan jy maar die skakel stuur vanwaar ek Thornbirds sal kan aflaai.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   

#6 [url]

Jun 15 11 1:27 AM

anonymous741111, wanneer jy jou Kindle kry en hom moet registreer, stel ek voor dat jy die adres in New York gebruik. Jy behoort dit te kan doen omdat dit daar (in Amerika) gekoop is. Dit sal jou in staat stel om boeke vanaf Amazon in Amerika af te laai en nie net beperk tot Amazon SA nie. Amazon in Amerika het heelwat meer boeke beskikbaar as bv Amazon in Suid Afrika of in Europa. Dit het te doen met kopieregte, ensovoorts.
Ek weet nie of dit regtig 'n groot verskil gaan maak nie, maar tog...
Dit het tot nou toe vir my gewerk. Ek is in Mongolieë en Kindle het nog nooit gevra nie...

Quote    Reply   
avatar

pw

Nuweling

Posts: 7

#8 [url]

May 22 12 2:29 AM


More almal

Nuut hier, maar moet byvoeg die Kindle het my lees lewe drasties verander! ja ek stem daar is n nostalgie in blaaie deur jou vingers te voel, maar vir my wat gereeld op een vliegtuig na die volgende hop en wat basies 10 boeke op n slag lees het dit alles verander.

Ons moet ook ongelukkig realisties wees dat oor 10-20 jaar van nou boeke moontlik n baie duur artikel of selfs absoluut gaan word.

Elk geval my 2c

Geniet julle dag!

lekker lees

Vermaak is hoekom ek lees. www.pieterwpretorius.co.za

Quote    Reply   

#9 [url]

May 22 12 7:47 AM

Ek stem saam dat 'n Kindle 'n verandering in mens se leespatrone te weeg gebring het. Maar, so is ek steeds lief vir papierboeke.

Kom deel bietjie al jou wedervarings met e-boeke met ons.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   

#10 [url]

May 23 12 11:30 AM

Ons het pas 'n tweede Kindle (vir my man) in Amerika gekoop. Dit was so lekker om op die lang ure tussen vlugte en ook op die vliegtuig self my Kindle oop te slaan! Ek kon defnitief nie sewe boeke inpak nie...

Quote    Reply   
Remove this ad
avatar

pw

Nuweling

Posts: 7

#11 [url]

May 29 12 2:13 AM

Ek het ook sommer Kindle op my rekenaar gelaai en kan dus hier ook lees. Wat nog lekker is as jy op Smashwords gaan is daar klomp gratis boeke/en boeke wat mens voor betaal (ongelukkig maar min in Afrikaans), maar jy kan dit aflaai op die "reader" van jou keuse, selfs Kindle.


Vermaak is hoekom ek lees. www.pieterwpretorius.co.za

Quote    Reply   

#12 [url]

Oct 29 12 5:08 AM

Ek het nou al vir drie maande my Kindle, en het maar gemengde gevoelens oor die ding. Hy is nou wel baie gerieflik, maar ek moes tot my skok agterkom daar is hordes boeke wat ek graag wil lees wat nie beskikbaar is vir die Kindle nie. Ook het die prys van e-boeke as 'n skok gekom - ek het gedink ek sal geld spaar op die langtermyn! Maar nou lyk dit nie of die bietjie besparing wat daar is ooit by die prys van die Kindle gaan uitkom nie. Nou ja, ek moes seker beter navorsing gedoen het. Hopelik sal die situasie nog mettertyd verbeter.

Quote    Reply   

#14 [url]

Oct 30 12 4:46 AM

Amelia, ek het my Kindle nou ± 2 jaar en het nog net plesier daarvan gehad. Ek maak merendeels gebruik van gratis boeke. Wanneer daar ander boeke is wat ek graag wil lees en dit is te duur in e-formaat, koop ek die papierboek. Mens kan papier en e-boeke omtrent vergelyk met kontaklense en bril. Al het jy kontaklense, moet jy steeds 'n bril hê. Ek sal nooit my papierboeke vaarwel toeroep ni.

Wat die verskillende formate betref, het jy al vir jou die Calibre program (gratis) afgelaai. Daarmee kan jy feitlik alle formate na Mobi omskakel.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   

#15 [url]

Oct 30 12 5:14 AM

Ek het Calibre, ja - baie oulike program. Maar omdat ek nie juis blitsverkopers lees nie, is die boeke wat ek wil lees werklik nie in e-boekformaat beskikbaar nie - oftewel nie vir Suid-Afrika nie. Byvoorbeeld is Dara Horn se boek, The World to Come, nie besikbaar vir mense in SA nie. Ek het dit deur Amazon.fr probeer koop, maar hulle wil my nie toelaat nie! Ek het wel al 'n paar gratis boeke ook afgelaai wat ek omgesit het in Kindle formaat met Calibre, maar 'n mens het mos maar die boeke wat jy graag wil lees, en dis juis hulle wat my nou nie beskore is nie. 

Ek gaan binnekort oorsee en kan dus nie 'n klomp papierboeke saam met my neem nie. 'n Mens wonder hoekom die uitgewers nie maar 'n beter plan kon maak nie. Ek kan nie sien waarom ek 'n papierboek van oorsee af kan bestel, maar nie 'n e-boek nie. Wat's die verskil?!

In elk geval, ek vent maar net 'n bietjie - soos ek sê ek hoop die situasie verbeter mettertyd. Ons maak immers dieselfde duur belegging as mense in Amerika, so dis niks minder as reg dat ons ook toegang moet hê tot al die boeke waartoe hulle toegang het nie. 

Quote    Reply   

#16 [url]

Oct 30 12 8:27 AM

Amelia, die onus of die boek hier beskikbaar is of nie, lê by die uitgewer daarvan, die persoon wat die boek op Amazon laai, nie by Amazon self nie. Mense is baie geneig om Amazon of Kalahari te blameer vir dinge, wat eintlik vioor die uitgewers se deur gelê moet word. Amazon (net soos Kalahari) is net die platform waarop boeke verkoop word.

Quote    Reply   

#17 [url]

Feb 20 13 10:19 AM

So bevind ek my nou die laaste jaar en 'n half in die middel van die woestyn in die Midde Ooste as onderwyseres om so ook te probeer om my kinders tuis te kan ondersteun op hul laaste toggie tot hul klaar studeer is en so. Sou nooit voorheen daaraan gedink het om op 'n rekenaar te lees want ek lief die gevoel van 'n boek in my hand.

En hier begin ek toe al hoe meer dinge te mis, Afrikaans my taal onder andere en ontdek toe eers Kalahari.com en daarna 'n pakket van Afrikaanse tydskrifte wat jy "online" kan lees en siedaar, daar gaan vir my 'n nuwe wêreld oop! Nou het ek vir my 'n Samsung Galaxy Note 10.1 gekoop en lees tog te lekker, moet nog baie leer van al die tegnologie, maar dis heerlik om weer te kan lees in my taal!

Goed gaan!

Woestynkind

Woestynkind

Quote    Reply   

#18 [url]

Feb 21 13 1:43 AM

Woestynkind! 

So word mens dikwels op verskillende maniere gedwing om nuwe dinge te doen. Daar is niks soos 'n mens se honger vir lees, wat hierdie proses aanhelp nie.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   

#19 [url]

Aug 4 13 5:21 AM

Ek verstaan die argument aangaande die drukkers van fisiese boeke gaan die E Boek nie oorleef nie maar kom ek vertel jullle nou iets.. Reg deur my lewe was ek vertel ek kan n storie vertel,, en hoekom doen ek ni iets met hierdie gawe nie.. So n jaar terug het ek n boek geskryf en begin navraag doen by die groot kannone of hulle nie die boek wil druk nie.. Van hulle het nie eers die moeite gedoen om my te antwoord nie,, die wat wel ge antwoord het,, het laat weet dat dit neem so drie maande voor ek n antwoord sal kry,, en indien hulle ja se,, dan neem hulle enige iets van 80% en meer van die verkoop prys van die boek..Ek het besluit ek laat druk self en vesprei deur Facebook..Ek is nie hier om sterre op my skouer te plaas nie,, maar die kommentare gekry van meer as 50 lesers van my boek is absoluut fenomenaal goed,, Daar is  10 bladsye afgestaan in die Mei, Junie en Julie uitgawes van Bike SA aan my boek.. Tot dusver het ek dri negatiewe kommentare gekry van mense wat NI MY BOEK GELEEES HET NI,,, ja dis waar.. Gaan kyk self wat die mense se oor my boek,, Ek is nou ook hard besig om my boek in E formaat te kry want die swakste ooreenkoms aangaande die boek prys wat my kant toe kom is 70% my kant toe.. Nou wonner die mense hoekom die E boeke so oorvat..
https://www.facebook.com/groups/Ouboet/

Quote    Reply   
Remove this ad
Add Reply

Quick Reply

bbcode help