Lead

Feb 25 15 4:29 AM

Tags : : , , ,

Hallo julle

My naam is Chrizanda en ek is die media- en bemarkingsbestuurder by Clover Aardklop. Aardklop is vanjaar in sy 18de jaar, en vind nog elke jaar in Potchefstroom plaas. Die terrein het al intussen geskuif, maar dit was tot voordeel van die fees en nou is daar werklik spasie en geleentheid vir groei.  

Aardklop bied jaarliks 'n baie lekker boeke-program aan, diskoers gesprekreekse en fantastiese teater.  Ek is opsoek na 'n paar champions in verskillende dorpe om en naby Potchefstroom. 'n Boeke-Queen of King. Ek wil 'n paar mense identifiseer wat vuur kan maak onder mense se boude wat dalk bewus is van hierdie aanbiedinge en feeste maar nooit so ver kom om 'n kaartjie te gaan koop om iets te gaan kyk in 'n teater nie. Kuns, of die blootstelling daarvan, is absoluut noodsaaklik in 'n mens se lewe. Dit kan in die formaat van letterkunde wees, visuele kuns, dans, teater, musiek ens.  Solank jy jouself en jou kinders en/of kleinkinders die geleentheid bied om kuns te beleef. Dit maak die kop oop, dit laat jou wonder, dit laat jou dink...  

As jy voel jy is een van hierdie champions, stuur asseblief vir my jou besonderhede na Chrizanda@aardklop.co.za.  Ek wil die feesprogram vir jou vroegtydig stuur, nog voor kaartjieverkope oopmaak, sodat jy en jou vriende, jy en jou leserskring of jy en jou gesin daardeur kan werk en beplan, want feeshou is lekker. Waar anders kan jy soveel sien en doen in een week. Op aanvraag kan ons selfs sover gaan om tekste te sirkuleer sou die kunstenaar ten gunste wees daarvan. 

Skryf solank in jul dagboek die datum: 6 - 10 Oktober 2015.

Hoop om van 'n hele paar champions te hoor, want dit is wat julle is! 

Vriendelike groete,
Chrizanda