Remove this ad

Lead

May 25 13 2:51 AM

Tags : :

Ek woon naby Maanschijnbaai, in Bloumond. En my naam is Sue. Altans, dis hoe ek gevoel het toe ekChanette Paul se eerste boek in die Maanschijnbaai tweeluik, Jo & Sue, gelees het. Die inspirasie vir haar die Maanschijnbaai boeke, het sy gekry in my tuisdorp, Kleinmond. Nou wie sou nou nie nuuskierig wees nie?

Na Jo & Sue moes ek net eenvoudig weet wat van die karakters en daardie kasarm word. En sy stel nie teleur nie! Ek was effe ongesteld vir ‘n rukkie en het allerhande krisisse beleef, en dan is dit mos net die tyd om jou sorge te vergeet en jou kop te skud vir daardie sletspul.

Hierdie keer was Nan & Jeannie die spil waarom dinge draai, maar ek … ag ek bedoel Sue … en Jo se lewens is steeds ineengevleg met dié van die ander twee. Hulle leef volgens die Calitz girls se reës:

Jy maak niemand moedswillig seer nie. Jy kom niemand doelbewus te na nie. Jy gun mense om te wees wat en wie hulle is solank hulle jou nie moedswillig seermaak of te na kom nie. Jy vergewe hulle as hulle dit wel gedoen het en insien dat hulle dirooggemaak het. As hulle dit nie insien nie, sny jy hulle gewoon uit jou lewe. Meet ‘n bietjie jouself, jou familie, jou gemeente daaraan en kyk hoe vaar jou bende. (Nan aan Gideon)

Met sulke girls kan mens mos ‘n pad stap! Daar is ware wysheid wat op vele plekke deurskemer, sonder dat dit soos sedelessies klink. Wat vir my goed was, is dat die karakters ten spyte van hulle tekortkominge, steeds integriteit het en ek kon werklik met iedereen assosieer. Behalwe met Jeannie, sy was erger as my kinders en en wou haar aan haar knopskouertjies vat en wakker skud.

Baie besonders was die inligting oor klippe en kristalle. Self het ek besondere belangstelling daarin soos hier beskryf, en dit was pure plesier om daaroor te lees.


Haweweg Kleinmond

So lyk Haweweg in Kleinmond, die straatjie wat as inspirasie gedien het vir die Maanschinbaai tweeluik. Ek moet bieg ek was bietjie suur dat daar heelwat werklike plekke in ons omgewing genoem is, maar Kleinmond is uitgelaat en die boek speel in Bloumond af… Ek aanvaar egter die skrywer het haar redes.

Lees die boek. Lees beide boeke. 

Jo & Sue

Nan & Jeannie


Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad
avatar

zie

Jy ken van!

Posts: 156

#1 [url]

May 28 13 11:18 PM

Ek beplan om binnekort weer `n draai in Kaapstad te maak. Jou foto van Haweweg het my aangespoor om tog weer `n draai in Kleinmond te maak. Ek was eenmaal lank lank gelede, vergete al, daar verby saam met `n tante van my. Miskien koop ek sommer die boek ook, hoewel ek nie eintlik `n leser van C P is nie. Einlike rede is dat ek besluit het om nie sommer meer storieboeke te koop nie maar slegs boeke met versamelwaarde. (Die E-boek lesers sal natuurlik deur hierdie stelling aangevuur wees dat dit die rede is waarom `n mens so `n apparaat moet aanskaf.) Ek wik en weeg nog hierdie stap. Ek keer nog so`n bietjie want al hierdie gemaklikhede maak `n mens se eie leefwêreld en persoonlike spasie later `n bietjie te klein en ek lei taamlik aan engte vrees. My boeke versameling ruk nou handuit en is gewoon die hoofrede waarom ek nie ontslae kan raak van die groot huis waain ek woon nie. Gewoonlik vlieg ek Kaap toe, maar hierdie keer ry ek opsetlik met eie vervoer juis omdat ek nie aangewese op ander wil wees vir rondry nie.Langs hierdie weg sommer `n groot dankbaarheid vir die bevryding wat bestuur vir die vrou in die moderne tyd? ( bedoelende die tye van so plus minus die laaste twee/drie geslagte) meegebring het. Ek sien nou nog in die die dorpie waar ek bly, vele vroue wat nie bestuur nie en die klein wêreldtjie waarin hulle leef, sommige baie tevrede en gelukkig moet ek byvoeg , maar talle ander nie.  

N/S Hierdie mondvol dinge wat ek kwytgeraak het moet asseblief nie persoonlik opgeneem word en as veralgemenings gesien word nie, maar slegs as waarnemings vanuit my vrees vir inperking. 
Gelukkige winterseisoen vir almal wat opgekrul in die bed, voor die vuurherd, of in `n sonkol iewers heerlik lê/sit en boeklees!   

eleanor

Quote    Reply   

#3 [url]

Jun 26 13 12:20 AM

Ek het pas begin met die eerste boek.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   
Remove this ad

#4 [url]

Jul 2 13 11:34 PM

Wat 'n leesfees. Nogal glad nie my genre nie, maar ek geniet die boek baie.

Die tweede een lê en loer ook al vir my. Daar lê dus nog vele, lekker leesure vir my voor.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   

#6 [url]

Jul 4 13 6:15 AM

Amper klaar met no 1.

Ek gaan hier ook 'n uitsondering maak. Hou gewoonlik nie daarvan om twee boeke van een skrywer direk na mekaar te lees nie. Maar, hoe sal ek kan wag ek is geheel en al te nuuskierig.

"He who gives when he is asked has waited too long." Seneca

Quote    Reply   
Remove this ad
Add Reply

Quick Reply

bbcode help