Remove this ad

Lead

May 15 08 1:31 PM

Tags : :

Kamiljoen het 'n baie belangrike punt aangeraak - Die een oor name. Een van ons heel eerste lede het ons reeds verlaat, sy kom terug onder haar eie naam, ek wag geduuuuldig.

Gaan kyk hier http://leeskring.lefora.com/sabina/blog/

Kamiljoen, ek is alreeds verbitterlik jammer ek het nie besef het ek gaan nou maankind wees hier ook nie, ek het gedink dis bloot die naam waaronder ek aanteken, en dat ek dan my naam kies kon waaronder ek op die forum wou bekend wees (sou my eie wees, Trisa Hugo)

Jy kan nou een van twee dinge doen, as Kamiljoen by voortbestaan, maar onder jou profiel verduidelik soos wat Nadia gedoen het, of maak soos sy gemaak het en die forum verlaat en weer terugkom as jyself. Ek het tog wel op ander forums gesien dat mense mekaar buitendien leer ken. Die bietjie anonimiteit verleen dalk ook 'n gevoel van 'veiligheid' en sekuriteit aan nuwe lede.

Hoe voel die ander?
Quote    Reply   
Remove this ad
Remove this ad

#1 [url]

May 15 08 2:45 PM

Ek stem saam met Kamiljoen. Sal ook liewer onder my eie naam wil deelneem. Hierdie skuilname is vir my bietjie soos 'n skoolbende. Ek voel nooit gemaklik as iemand anders behalwe myself nie.

Marinda

None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)

Quote    Reply   

#2 [url]

May 15 08 9:12 PM

ons is mos nie skaam oor wat ons op hierdie forum gaan se nie. dis altyd nice as jy weet met wie jy praat. my doopname is willem abrham nel en ek gebruik die abrham as ek skryf. my pa of was dit dalk die registrasieklerk het die abrham so gespel en dit is hoe hy ook in my id boekie voorkom. trish en nadia het uitgehaal en gewys. show yourselves or be damned!!! sukkel om n foto afgelaai te kry, wie kan help?

Quote    Reply   

#3 [url]

May 15 08 10:11 PM

Abrham, ek sal graag help as ek kan. Wat presies gebeur as jy 'n foto probeer laai?

Marinda

None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)

Quote    Reply   

#4 [url]

May 16 08 2:58 AM

ek gaan na browse en select dan uit my documents my photos. ek select die foto en click op hom, hy moet dit mos nou paste of iets ... niks gebeur nie. hoe maak mens n thumbnail van n foto. laat my dink aan esme en jan se springbokradio se
"so maak mens" party van ons verstaan die 'so' nie te lekker nie. net n opmerking, ek het darem al 2 geskriffies gedruk gekry - ok maar net net. anner ding, hoe kry mens die dotjies en kappies op n skrywe op die forum. melt sit maar altyd myne vir my by. hoe lyk dit trisa gaan jy hier ook help met die taalversorging, of sal moet ons sommer kadys inspan?

Quote    Reply   

#5 [url]

May 16 08 5:18 AM

Abrham,
Nadat jy op die foto gekliek het, moet jy upload ook kliek op die forum.
Die dotjies en kappies kan jy maak as jy die US-International toetsbord op jou rekenaar kies as jou default keyboard.
Hoop dit help.
Groete,
Marinda

None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)

Quote    Reply   

#6 [url]

May 16 08 6:27 AM

nee wat, die gekliekery sonder resultate koer my moer. of ek stuur n foto vir iemand wat kan of ek bly maar n blank

Quote    Reply   
Remove this ad

#7 [url]

May 16 08 1:34 PM

Dankie Trisa, ek het inderdaad wel in my profiel veklaar wie ek is, en ek vergeet net deurentyd om my regte naam onderaan te teken. Maar ek glo nie dis so vreeslik belangrik om onder mens se naam te bestaan nie, ek het maar net gedog dit sal goed wees om 'n vorm van intimiteit te skep - so met eie name. Ek dink die kern van die forum sal hier vroeg al gevorm word, want ons is seker meesal mense wat ernstig is oor die woordbedryf. - soos ek sien aan die van julle wat ek wel ken. Hoe ook al - ek het nog altyd overal chameleon of kamiljoen gebruik as my "by"naam en behalwe virie paar oukies wat my aangesien het vir Chris Chameleon (I wish!) dink ek almal wat my ken weet al, so die aap is uit die mou
engemi

engemi; as ek eendag groot is wil ek i woordverwerker wees

Quote    Reply   

#8 [url]

May 16 08 1:57 PM

Haai Trisa
i think i did it, i think i did it!
Ek het my profiel nou weer 'n keer (x 3) hersien en nou wys my naam ook in die blurb as mens daarop tik in die algemene forum blaai. So die masjien hersien ons self asof onder ons eie naam, dis koel!

engemi; as ek eendag groot is wil ek i woordverwerker wees

Quote    Reply   

#9 [url]

Feb 16 10 6:38 AM

Ek hou baie meer daarvan as iemand onder sy eie naam skryf. Dit het al met my gebeur dat ek land en sand met iemand gesels en later eers uitvind wie dit regtig is. Nou voel daai persoon soos 'n vreemdeling vir my. Iemand wat ek van voor af moet leer ken. Al ken ek hom.
Ek stem saam met abrham. Ons doen mos niks skelm hier nie.

Quote    Reply   

#10 [url]

Feb 23 10 10:29 PM

Abrham,
Jy kan ook die spesiale letters maak deur die alt knoppie in te hou terwyl jy sekere syferkombinasies tik:
é   alt0233
ê   alt0234
ë   alt0235
ô   alt0244

Hierdie en ander kombinasies kan jy in die 'character map'  onder 'system tools' kry.
Groete

Quote    Reply   

#11 [url]

Jun 3 10 6:41 AM

My naam is zet wie onthou nog vir zet "hallo jy hallo julle hallo zet" se ek gewoonlik as ek iewers aankom ek is ok net so kort vet en haarig soos ou zet

Ek lees daarom is ek...

Quote    Reply   
Remove this ad
Add Reply

Quick Reply

bbcode help