Re:
Vermoedelik 'n trol hier aanwesig.
by anonymous741111
Dankie, MK
Toemaar, hy sal nie weer opkom nie. Dis masjiene wat spam uitstuur, ignoreer dit maar net.
Ek pos hierdie in Maankind se afwesigheid. Daar is 'n persoon met die naam kosovolovele4428 wat left, right and centre nuwe posse skep hier op die forum. Mens weet nie of dit virusse kan veroorsaak of versprei nie. Ek stel voor dat ons dit maar net almal ignoreer. Ek het klaar in die strik getrap en op sy goed gereageer. Hou maar verby, julle.
Hi,
is daar nog n reeks beskikbaar of nie? indien U nog wel boeke het kan U my graag laat weet ek is op soek na die eerste 11 boeke, die res het ek al klaar.
baie dankie
Ek sien hierdie vraag is al amper 'n jaar oud, maar daar sal seker altyd mense wees wat Afrikaanse boeke soek wat uit druk is of moeilik verkrygbaar is. Ons het 'n goeie verskeidenheid van tweedehandse Afrikaanse boeke - fiksie en nie-fiksie - by Books4Change.co.za. Sover as wat ek kan sien kompeteer ons pryse ook baie goed met al die ander aanlynboekwinkels s'n, en ons bied gratis posaflewering op alle bestellings al bestel jy net een boek. Ons voeg die heeltyd nuwe boeke by, en as ons dit nie het nie, kan jy dit aanvra. Hier is 'n skakel na die Afrikaanse kategorie op ons webwerf: http://www.books4change.co.za/afrikaanse-boeke/cat_68.html
Reney, jy kan seker wees, so 'n resensie wat 'n boek uitmekaar pluk, maak baie van ons 'gewone lesers' bloot lus om die boek te lees. Om te sien waarom hulle so sê. Kyk net hoeveel mense word bewus gemaak vamn jou boek hier! DIe laaste ding waaraan ek my steur, is die mening van een ander mens.
hallo julle
dit maak my hart bly om te weet mense wil nog steeds die boek lees al het hulle die negatiewe resensie gelees. en dat julle insig in die resensie het.
vir die wat op koopstakings is, die boek is baie kort! en maklik om te lees! :)
wat my ook beindruk is dat sonjia die waarde van die foto's, ander storielyne gesien het al was sy nie te vinde vir die gay verhouding nie. ek sou graag wou glo die 'gay' element is net een element van die storie. dat dit ook gaan oor 'n verhouding tussen dogter en ma, tussen 'n tannie en haar susterkinders en tussen 'n sussie en haar gestremde broer.
lekker lees.
Ek het hierdie draad nou van begin tot einde deeglik deurgelees. So ook beide die resensies.
Alles het bygedra tot die feit dat ek ook graag die boek sal wil lees. Ongelukkig is ek net soos MaanKind op 'n selfopgelegde koopstaking.
Ek dink tog dat die 'gewraakte' resensie moontlik effens homofobies is, net my mening. Die ander resensie is baie positief en sonder enige verwysing na enige walglike tonele. Daar word ook nie na swak teks verwys soos in die eerste resensie nie. Dit verwar 'n mens.My slotsom dus: 'n boek wat my belangstelling prikkel, maar skynbaar nie vir alle lesers nie.
Op 'n dag kry ek dit dalk in die hande, om te lees.
Beslis, ek het ook Paasnaweek haar Dryfhout klaar gelees. Dieselfde storie. Uitstekend. Ek sien baie uit na haar nuwe boek wat blykbaar Junie/Julie verskyn.
Dankie, julle. Reney, ek is net bietjie op 'n koopstaking op die oomblik, omdat ek te veel koop en hier stapels nuwe boeke lê en nog wag om gelees te word. Iewers moet mens 'n streep trek, en ek begin ook bietjie boeke uitdeel aan ander. Maar ek gaan weer inhaal!
Hi Maankind. Ek is ook heeltemal bereid om myne vir jou te leen. Ek kan dit vir jou pos, as jy klaar is stuur jy dit maar net weer terug.
Posadres?
Hi. Sukkel jy om 'n kopie te kry? Waar bly jy?
Dankie, Reney! Dis so jammer ons kan nie meer al die koerante aanlyn lees nie. So sien ons soms net die eensydige goed. Ek sou baie gaag Oktober wou lees, om vir myself te besluit. Ek hou verskriklik baie van die voorblad, en die tema klink na iets wat ek self sou wou lees.
Ek het nogal agterna gedink die gewraakte resensie se opskrif was te sensasioneel.
Bestel Oktober HIER van Kalahari, en oordeel self.
Dankie vir die skakel. Natuurlik tel dit dat jy ook dol is daaroor Maankind!! Net so jammer dat hierdie boek dit nie gemaak het nie - ek dink almal behoort dit te lees - baie stof tot nadenke ...
Hi julle. Daar het 'n positiewe resensie dieselfde dag verskyn.
Kiewietan is ook as e-Boek beskikbaar op Boekemakranka. My ma was dol oor die boek. (Ek ook, maar dit tel nie!)
Om dit te vermy, druk ek altyd die "see more" opsie net onder al die nuwe bydraes. Daar kan ek lekker opvang.
Hi Abrham - ek hoop jy is nog op hierdie forum.
Ek het nou net "Heita Kiewietan" klaar gelees. Het nou vir my man gese hy moenie met my praat nie - ek moet aan hierdie ding kou. Ek het eenvoudig nie genoeg woorde om te beskryf wat hierdie boek aan my gedoen het nie - dit was net sooooo goed gewees.
Ek het juis nie enigsins iets op die internet gelees oor jou boek nie - ek wou nie enige invloed gehad het nie. Ek is op Goodreads en gee baie min boeke 'n 5 ster rating, maar het so pas joune 'n 5 ster gegee.
Ongelooflik ongelooflik - kan nie glo dat hierdie boek nie op die topverkoper-lys gekom het nie!!
Wanneer ek my cache skoonmaak en die cookies en history skoonmaak (normale instandhouding) word jy outomaties uitgelog. Dan kry jy nie die rooi vlaggies nie. Jy sal dit kan verhelp deur te sorg dat jy altyd ingeteken is. DIe ander ding is dat die Nuwe Bydraes in die kolom regs soms hoe lank stilstaan, en dan op een dag vinniger loop as wat mens kan sien.
Ek probeer so gereeld as moontlik hier op die forum kuier. Wat my baie pla is die feit dat daar dikwels geen uitligting van nuwe onderwerpe of kommentaar op onderwerpe is nie.
Soms wanneer ek aanteken, wys daar geen nuwe onderwerpe nie. Dan weer, soos juis vandag, is daar onderwerpe waarop daar so ver terug as 2008 besprekings was, wat ek net eenvoudig nooit vantevore gesien het nie. Nie omdat ek nie wou nie, net eenvoudig omdat nie so uitgewys is nie.
Is daar ander ook wat dié probleem ondervind?
Klink na 'n interessante lees.
Chanette is oraloor bekend vir die gebruik van haar pragtige Afrikaans in haar boeke.
Dit klink na 'n boek waarvan ek sal hou.
Ek het die boek baie geniet, fyn, fyn ironie en spot met die koöperatiewe wëreld - is hulle nie dalk reeds almal robots nie? Verder is dit die eerste Afrikaanse boek wat ek dink my kleinkinders sal ook geniet. Hulle is tieners en dit is hulle idioom en omgewing. Was daar maar meer sulke Afrikaanse boeke! Dit is nie bloederig nie, dit is in pragtige Afrikaans geskryf, daar is geen katelstories nie . . .en tog kan jy nie roer van jou stoel as jy dit lees! Hou so aan!
Die boek is nogal uitmekaargetrek in 'n resensie deur Welma Odendaal.
Uitgegee deur Lapa. Verskriklike eienaardige storie. Die hoofkarakter vertel op 'n baie gemaklike Afrikaans vir ons wat met haar gebeur het die dag toe die torings opgeblaas was.
Die boek het dadelik my oog getrek. Nie die gewone grote van 'n boek nie en is gedruk op glans bladsye met volblad kleur foto's.
Soos die verhaal aangaan, word die foto's verklaar en verstaan die leser die oorsrong daarvan. Dit as sulks was vir my iets nuuts en treffend.
Die storie gaan oor 'n gay kunstenaar wat besluit om London toe te gaan en daar verlief raak op 'n baie bekende sangeres. Sommige van die tonele was regtig waglik - ek het dit oorgeslaan - maar ander was weer baie diep. Die intrige oor haar broertjie wat gestremd is, hou die leser in die werklikheid. Ook die verhouding wat sy met haar baas se seuntjie het, openbaar haar liefde vir kinders. Ek dink dit was baie vars, maar ek is nog nie heeltemal te vinde vir die gay verhouding nie. Wat ander in hulle slaapkamer doen, pla my nie, maar ek wil dit nie lees of sien nie. Veral nie in soveel detail nie.
Ek het hom ook al lank op my rak, maar kan jy glo, nog nie gelees nie. As ek van 'n boek hier op boekemakranka lees, maak julle my so lus - inspirasie uit die boeke uit!!!
Dis dan wanneer ek skel kry by manlief, want al wat ek wil doen is lees.