Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!

sonjia's Blog

Member For: 2 weeks, 4 days
Posts: 7
Top Post By sonjia (most thumbs up):

No posts received thumbs up, next time you see a good one, give some respect and thumb it up.

Recent Posts by sonjia:

Re: Verbrande Paradys - vrae vir leeskringe

November 23, 2009 by sonjia

Ek is jammer maar ek het nie van hierdie boek gehou nie. Dit was bietjie temerig. Ek was later verveeld met veral die ma se situasie en hoe sy dinge hanteer het. Dit was asof die skrywer nie heeltemal geweet het wat hy vir haar beplan het nie, en toe sit hy haar sommer heeldag in die kamer. Hoop nie iemand neem my kwalik nie. Dankie

Re: The Host - Stephenie Meyer

November 23, 2009 by sonjia

As jy so kan skryf oor The Host wil ek jou nie sien of hoor as jy die Twilight reeks gelees het nie. Dis baie goeie stories wat mens wegvoer. Uit hierdie spanningsvolle werk-ry-d-datum- kosmaak- jaag lewe van ons. Geniet dit en laat ons asseblief weet as jy klaar is. Dankie

Re: Resensie: Swartskaap deur Odette Shoeman

November 23, 2009 by sonjia

Ek wil net sê hoeveel ek hierdie boek geniet het. Dit is wel vol lelike taal en 'n verskriklik oor en weer geslapery, maar dit was skreeu snaaks op kolle. Ek het al klagtes gehoor oor juis dit, maar lees dit asseblief mis. Hou op dinge soek om die boek af te skiet, sit terug met 'n glasie wyn, ontspan jou boude en lees die boek om dit te geniet. Nie omdat jy aspris moeilik wil wees nie. Dis puik.

Re: Boeke vir Lesende Kinders

November 23, 2009 by sonjia

Hi daar,
'n Moet lees volgens my is die nuut vertaalde Die hart van ink deur Cornelia Funke. Hel, dis 'n oulike boek. My kinders hang behoorlik aan my lippe as dit saans storietyd is. Die boek is net ongelukkig effe aan die dik kant en breek my kinders se moed. Dis die dat my hulp ingeroep word.


Re: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo - Henry Ferreira

November 23, 2009 by sonjia

Dit klink baie nice. Dankie, ek gaan dit beslis vir ons ook kry.

Net om gou terug te kom na van jou vorige vrae. Wat dink ons van vertaalde boeke. Spesifiek Engels na Afrikaans toe. Jy sal verbaas wees. Daar is oulikes op die rak hoor.

Ek is byvoorbeeld mal oor Janie Oosthuizen se vertalings van Harry Potter, en ook haar vertaling van Heidi. Jy het nou wel seuns, maar Heidi is so gewild, en met Peter daarin, wie weet, dalk hou hulle daarvan.

Dan natuurlik die nuuste op die rakke:  Die hart van ink deur Cornelia Funke. Puik. Fantasties. Ek het al drie boeke in die reeks in Engels gelees. Afrikaans in hierdie geval, staan glad nie terug nie. Dis 'n moet lees. Vir my kinders is die boek egter net baie dik. Dit breek hulle moed. Daarom is ek nou besig om dit saans vir hulle te lees. Ons hou veral van die vertaalde name van die karakters.

Lekker lees.

Re: Gesoek: Kinderboek voorstelle

November 23, 2009 by sonjia

Hi Stephni, ek dink hy het 'n baie goeie maar baie ingewikkelde vraag hier beet. Afrikaans vs Engels vir 'n Afrikaanse kind.

Aan die eenkant trek die skaal baie swaar aan eie voorkeur. In 'n kind se geval voel ek BAIE sterk dat jy na die tipe kind gaan kyk. Ek het byvoorbeeld 'n sterk akademiese seuntjie (gr4). Omdat hy Afrikaans en Engels ewe goed verstaan en kan lees, gee ek vir hom boeke in sy moedertaal - Afrikaans. Hy bid, droom en dink in Afrikaans. Dit bevredig hom.

Maar my kuns/eie wêreld dogtertjie (gr3) moet ek egter Engels voer. Hoekom? Want sy moet gestimuleer word. Sy is nie goed in Engels nie. Daarom "behandel" ek fisies Engels stories met haar op 'n speel-speel manier. Ongemerk, LEER sy dus ook Engels, en sy dink sy lees eintlik net die storie. Vir haar sal ek dus die Engelse Harry Potter gee.

Verder, as ek na myself kyk, hang dit af van die tipe storie wat ek lees. Gestel ek is net lus vir lekker ontspan, wil nie te hard dink nie, wil net eintlik my oë oor die blad laat vloei, dan wil ek Engels Romans lees. Engels vloei vir my makliker.

Wil ek egter iets dieps lees met 'n storie agter die storie. Of 'n boek met 'n les daarin, wat my laat wakker lê saans om nog aan die karakters te dink, dan verkies ek Afrikaans. Daarom is die leser se gevoel en emosie ook baie balangrik.

Baie sterkte met julle nuwe biblioteek projek. Ek dink aan julle. Dit klink opwindend.
Sonjia

Re: 30 Nagte in amsterdam - Etienne van Heerden

November 5, 2009 by sonjia

O, ek stem saam. Ek het daai boek verslind. Ek het dit geëet soos iemand wat 'n stukkie sjokolade gekry het, en sy is op 'n dieët is - stukkie vir stukkie en baie suinig. Ek het elke woord geruik en gevoel. Dit is sryfwerk!!!!