Recent Posts by maankind:
November 19, 2009 by maankind
Wen nog 'n boek! Daar is nog 'n Chanette Paul Spanningsverhaal om te wen, geskenk deur LAPA Uitgewers.
Die eerste persoon wat kan raai watter skrywer se boek onder die top 10 gaan beland wat 'n heerlike verrassing gaan wees vir baie mense, wen ook 'n boek! So 'n uitskieter tussen die 'groot' name. (As dieselfde tendens voortduur met die stemmery - alle aanduidings is reeds daar van die begin af.)
Jy kan hier raai, of dit stuur na leeslys@icon.co.za
'n Wenk - Dis 'n jong skrywer.
As jy nou nog nie gestem het nie, daar is nog kans! http://leeslys.wordpress.com
November 17, 2009 by maankind
Daar is 'n lekker boekprys vir die persoon wat die eerste tien boeke reg raai vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009!
Die persoon wat die naaste aan reg is wen 'n heerlike spanningsverhaal deur Chanette Paul, geskenk deur LAPA uitgewers!
Jy kan sommer jou raaiskoot hier waag, of jy kan dit stuur na leeslys@icon.co.za
(Slegs lede van Boekemakranka, of die Boekemakranka Facebook groep kom in aanmerking vir die prys, so sluit sommer vandag aan as jy nog nie lid is nie)
November 17, 2009 by maankind
Klaar uitgevind, jy kan nie jou eie favicon oplaai nie, dis die founder se avatar en klaar. Jammer daaroor.
November 17, 2009 by maankind
Daar is nog net drie dae oor om te gaan stem vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009!
Vind die stembus by http://leeslys.wordpress.com
November 17, 2009 by maankind
O jinne, nee Kop, dan gaan ek nou 'n ander avatar opsit, 'n boek of 'n ding dalk.
November 12, 2009 by maankind
Die lys is saamgestel deur nominasies te vra - Hier, op verkillende ander forums soos Facebook groepe, blogs, LitNet en deur persoonlike netwerke.
Niemand het 'n werk van Karel Schoeman genomineer nie.
November 12, 2009 by maankind
Ek het nog nie een persoon gehoor wat nié hierdie boek geniet het nie! Dankie, Marlies vir die deel van hierdie.
Bestel Swartskaap HIER van Kalahari.
November 11, 2009 by maankind
Stembus sluit op 21 November 2009 om 20:00, maar dan moet ek nog al die verwerkings doen. Mense stem steeds fluks, elke keer as ek kyk is daar stemme by.
Is jy al lekker nuuskierig? Dis seker onregverdig, ek sit lekker hier en kyk na alles, en sien hoe dieselfde tendens wat van die eerste dag af sigbaar was, net op dieselfde trant aanhou.
Watter boeke die gewildste is, is lank reeds duidelik, maar daar moet natuurlik soveel moontlik stemme inkom om die hele lys meer geldig te maak.
Wie wil 'n voorspelling waag oor wat gaan uitkom??
November 10, 2009 by maankind
Vir die wat nog nie het nie, gaan stem asseblief hier http://leeslys.wordpress.com vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 Stuur asseblief ook die skakel aan jou vriende wat lief is vir lees.
Baie dankie vir jou deelname! Die stemme kom fluks in!
November 10, 2009 by maankind
Dankie, ek plaas dit graag by ons skakels.
November 10, 2009 by maankind
My Hornby, E.V.Gatenby, H.Wakefield.The Advanced Learner's dictionary of current English. gee dit aan as cognate with. Die voorbeeld daar is: Physics and Astronomy are cognate sciences.
My woordeboek erken kognaat, maar dit klink erg!
November 9, 2009 by maankind
'n Vrou, twee mans en 'n reis na vergiffenis.
Moon is anderkant veertig en verveeld met haar lewe … en veral met haar man, Albèr.
Dan ontmoet sy Daniel, die aantreklike en baie jong kunstenaar wat saam met haar glo in hartstog en die verterende vuur van die liefde ...
Hulle passie vir mekaar is ’n eksotiese en ongeëwenaarde plesier wat die leemte in haar hart volmaak, haar lyf jonk en mooi laat voel en haar lus vir die lewe en haar kuns gee. Vir die ander mense om haar, haar man en dogter, is die vrugte egter wrang en bitter.
Uiteindelik moet Moon op ’n reis gaan – ’n werklike reis om weg te kom en perspektief te kry. Dis ook ’n sielsreis om van haar geliefde Daniel te probeer vergeet en haar hart te suiwer. Want net dan, weet sy, kan sy ’n nuwe mens word en haar huwelik hervat.
Jaybee Roux skryf soos volg oor die boek:
Jonker-Jordaan se tienerboeke is onbeskroomd op omstrede sosiale kwessies
gerig. Naglig, ’n roman vir volwassenes, sentreer om ontrouheid in die huwelik.
Moon is 40 jaar oud en haar lewe is allermins opwindend. Dit sluit haar huwelik
met Albér in.
Haar pad kruis met dié van ’n jong, aantreklike kunstenaar wat haar die
passie van vrouwees laat herontdek en opnuut in die liefde laat glo. Maar wat
van haar gesin?
Sy onderneem ’n reis om opnuut “gebore” te word en haar stukkende huwelik te
probeer heelmaak.
Die Afrikaanse lesersmark is besonders ontvanklik vir verhale met aktuele
temas; dis deels daarom dat skrywers soos Annelie Botes wat natuurbewaring,
dobbelverslawing, outisme en bloedskande by die horings gepak het, so gewild
is.
Jonker-Jordaan se vreesloosheid as skrywer gaan haar nog baie aanhangers
besorg.
As jy van verhale hou wat deur die oppervlak tot diep in die hart sny, word
Naglig heelhartig aanbeveel.
Bestel Naglig HIER van Kalahari
November 7, 2009 by maankind
Lizette, dankie vir jou kommentaar. Daar was verlede jaar van die ouer, klassieke werke ook op die lys, maar daar was kritiek op, en heel geregverdig so. De doel is nie om 'n lys van 'Beste Boeke' saam te stel nie, maar van gunsteling-, lekkerlees-boeke. Een van die voorwaardes om 'n boek te nomineer was juis dat dit geredelik beskikbaar moet wees.
November 3, 2009 by maankind
Daar kom een van die dae 'n lekker boekprys of twee, net mooi betyds vir die vakansie!
November 2, 2009 by maankind
Gaan stem asseblief vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009! Stem by http://leeslys.wordpress.com
November 2, 2009 by maankind
Al bars die bottel en al buig die fles, dit is die lekkerste taalgebruik wat ek in 'n lang tyd gelees het.
En ek het vandag gehoor ek moet dit volgende jaar Augustus of September by ons Leeskring bespreek.
November 1, 2009 by maankind
Gaan stem asseblief HIER vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009! Stuur asseblief ook die skakel aan jou vriende wat lief is vir lees.
October 28, 2009 by maankind
Hier op Boekemakranka is 'n kategrorie vir Kinderboeke, Nikita. Ek is ongelukkig lank nie in die 'mark' gewees dat ek weet wat aangaan met jeug- en kinderboeke nie.
Waar is al die lede met kinders? Laat hierdie katergorie gerus bietjie lewe kry. Wie gaan hom bietjie skop gee, lewe inblaas?
October 27, 2009 by maankind
Dit was die plan om ook sulke lyste saam te stel, maar na geselsies met kinderboekskrywers, het ek besef dit gaan glad nie werk nie, daar is bloot te min kinderboeke op die mark. En 'n Top 20 of so iets sou onregverdig wees.
October 27, 2009 by maankind
Nominasies tot dusver word hier gelys. Die meeste nominasies wat nou inkom, is duplikate, so maak asseblief seker as jy iets stuur, dat dit nie reeds op hierdie lys is nie.
|
Adriaanse Wilna
|
Met ander woorde
|
|
Adriaanse Wilna
|
Die boek van Ester
|
|
Anker Willem
|
Siegfried
|
|
Baker Eleanor
|
Die Ander Martha
|
|
Baker Eleanor
|
Die kwart-voor-sewe-lelie
|
|
Baker Eleanor
|
Die nes
|
|
Baker Eleanor
|
Dossier van 'n gyseling
|
|
Baker Eleanor
|
Weerkaatsings: 'n sprokie
|
|
Baker Eleanor
|
Verbeelde werklikheid
|
|
Baker Eleanor
|
As 'n Pou kon vlieg
|
|
Bakkes Margaret
|
Elegie vir ʼn Onbekende
|
|
Barkhuizen le Roux Christine
|
Waar koek en wyn ontbreek
|
|
Barnard Chris
|
Oulap se Blou
|
|
Behr Mark
|
Die reuk van appels
|
|
Bloemhof François
|
Hostis
|
|
Bloemhof François
|
Storieboek
|
|
Botes Annelie
|
Klawervier
|
|
Botes Annelie
|
Raaiselkind
|
|
Botes Annelie
|
Sabbatsreis
|
|
Botes Annelie
|
Thula-thula
|
|
Botes Annelie
|
Trippel Sewe
|
|
Botes Annelie
|
Raaiselkind
|
|
Brink Andre
|
'n Vurk in die pad
|
|
Brink Andre P
|
Donkermaan
|
|
Brink André P
|
Ander Lewens: ‘n Roman in drie dele
|
|
Brink André P
|
Houd-den-bek
|
|
Brink André P
|
'n Droë wit seisoen
|
|
Brink André P
|
'n Oomblik in die wind
|
|
Brink André P
|
Donkermaan
|
|
Brink Tobea
|
Hemelklip
|
|
Brümmer Willemien
|
Die dag toe ek my hare losgemaak het
|
|
Coetser Annemari
|
Langverlof
|
|
Coetser Annemari
|
Oop Kaarte
|
|
Coetser Annemari
|
Windkant
|
|
De Kock Helene
|
Dieper water
|
|
De Kock Nadia
|
Heildronk op ʼn gysyromp
|
|
De Kock Nadia (samesteller)
|
Viersprong
|
|
De Vries Izak
|
Byna Liefde
|
|
Dido EKM
|
'n Stringetjie blou krale
|
|
Du Plessis Hans
|
Verbrande paradys
|
|
Du Plessis PG
|
Fees van die ongenooides
|
|
Du Plessis PG
|
Het olifante elmboë
|
|
Du Plessis PG
|
Koöperasiestories
|
|
Du Plessis PG
|
Siener in die suburbs
|
|
Du Plessis PG
|
Nag van legio
|
|
Eloff Karin
|
Stiletto
|
|
Ferreira Engemi
|
Die jaar toe my ma begin sing het
|
|
Ferreira Jeanette
|
Babette
|
|
Ferreira Jeanette
|
Catharina
|
|
Ferreira Jeanette
|
Charlotta
|
|
Ferreira Jeanette
|
Die son kom aan die seekant op
|
|
Fitzpatrick Marida
|
Iemand vir ʼn Scoop
|
|
Fourie Corlia
|
Alle paaie lei deur die strand
|
|
Fourie Corlia
|
Liefde en geweld
|
|
Frank Anne/Krog Antjie
|
Die agterhuis
|
|
Gilfillan JM
|
Glas
|
|
Goosen Jeanne
|
'n Pawpaw vir my darling
|
|
Goosen Jeanne
|
Ons is nie almal so nie
|
|
Greeff Rachelle
|
Alles behalwe die geheim van my whiskies
|
|
Greeff Rachelle
|
Die rugkant van die bruid
|
|
Greeff Rachelle
|
Onwaarskynlike Engele
|
|
Gunter Helena
|
Op ʼn plaas in Afrika
|
|
Heese Marié
|
Die Uurwerk Kantel
|
|
Hobbs Marlize
|
Flarde
|
|
Hough Barrie
|
Skilpoppe
|
|
Jooste Pamela
|
Môrester
|
|
Joubert Elsa
|
Die Reise van Isobelle
|
|
Joubert Elsa
|
ʼn Wonderlike geweld
|
|
Joubert Emile
|
Kouefront
|
|
Joubert Irma
|
Tussen Stasies
|
|
Joubert Irma
|
Anderkant Pontenilo
|
|
Joubert Irma
|
Ver wink die Suiderkruis
|
|
Kalmer Harry
|
En die lekkerste deel van dood wees
|
|
Kalmer Harry
|
Groceries
|
|
Kapp Sophia
|
’n Nuwe lente
|
|
Kapp Sophia
|
Die erflating
|
|
Kapp Sophia
|
Waar die hart is
|
|
Karin Cronjé
|
Vir ʼn pers huis
|
|
Kemp Regina
|
Debora de Waal en die baba blues
|
|
Kemp Regina
|
Facials op 'n vliegtuig
|
|
Kombuis Koos
|
Raka die Roman
|
|
Kotze E
|
Die wind staan oos
|
|
Kotze Willem D
|
T’sats Van die Kalahari
|
|
Krog Antjie
|
Met woorde soos met kerse
|
|
Le Roux Johnita
|
Die dagstêrwals
|
|
Le Roux Johnita
|
Een vir die Wolfskof
|
|
Lochner Tossie
|
mama mia! ITALIЁ
|
|
Lotter Elbie
|
Dis ek, Anna
|
|
Louw Anna M
|
Die donker kind
|
|
Louw Anna M
|
Kroniek van Perdepoort
|
|
Luyt Connie
|
Lang skaduwees in Afrika
|
|
Maartens Maretha
|
Jacoba Afrikaner
|
|
Matthee Dalene
|
Brug van die Esels
|
|
Matthee Dalene
|
Die Uitgespoeldes
|
|
Matthee Dalene
|
Fiela se Kind
|
|
Matthee Dalene
|
Kringe in ʼn bos
|
|
Matthee Dalene
|
Moerbeibos
|
|
Matthee Dalene
|
Pieternella van die Kaap
|
|
Matthee Dalene
|
Susters van Eva
|
|
Matthee Dalene
|
Toorbos
|
|
Meyer Deon
|
Karoonag en ander verhale
|
|
Meyer Deon
|
13 Uur
|
|
Meyer Deon
|
Onsigbaar
|
|
Meyer Deon
|
Infanta
|
|
Müller Petra
|
Desembers
|
|
Müller Petra
|
Die omtes van die hart
|
|
Murray-Theron Erika
|
‘n Tapisserie Met Klein Diere
|
|
Murray-Theron Erika
|
Die Mezzanine-klub
|
|
Murray-Theron Erika
|
Sê Maria
|
|
Murray-Theron Erika
|
Verblyf
|
|
Nagtegaal Jackie
|
Daar’s vis in die punch
|
|
Nagtegaal Jackie & Reinet
|
In Limbo
|
|
Nel Abrham
|
Heita Kiewietan
|
|
Nel Abrham
|
Willemien word groot
|
|
Paul Chanette
|
Boheem
|
|
Paul Chanette
|
Fortuin
|
|
Paul Chanette
|
Leila word lig
|
|
Paul Chanette
|
Springgety
|
|
Paul Chanette
|
Vlerkaf
|
|
Phillips Fransi
|
Die donker god
|
|
Phillips Fransi
|
Teresa se droom
|
|
Pienaar Antoinette
|
Kruidjie roer my
|
|
Pistorius Micki
|
Sorg
|
|
Preller Martie
|
Vandag is nie gister nie
|
|
Preller Martie
|
In Die Tyd Van Die Esob
|
|
Preller Martie
|
Anderkantland
|
|
Reinet Nagtegaal
|
Abra K’dabra: ‘n Roman
|
|
Roos Zuretha
|
Die verdwyning van Mina Afrika
|
|
Rust Winnie
|
Martha
|
|
Scheepers Riana
|
Die heidendogters jubel
|
|
Scheepers Riana
|
Dogters van Afrika
|
|
Scheepers Riana & Thabo Nicci (Samestellers)
|
Die Melkweg het ʼn ster laat val
|
|
Schoeman Odette
|
Swartskaap
|
|
Serfontein Dot
|
Vrypas
|
|
Sleigh Dan
|
Eilande
|
|
Stamatélos Pat
|
Die val van die dice
|
|
Stamatélos Pat
|
Kroes
|
|
Therese Benadé
|
Anna, dogter van Engela van Bengale
|
|
Theron Lida
|
Jy bly my kind
|
|
Troskie Anchien
|
Nooit is ʼn lang, lang tyd
|
|
Van der Vyver Marita
|
Franse Briewe
|
|
Van der Vyver Marita
|
Die hart van ons huis: 'n skrywer in Provence
|
|
Van der Vyver Marita
|
Griet kom weer
|
|
Van der Vyver Marita
|
Griet skryf 'n sprokie
|
|
Van der Vyver Marita
|
Stiltetyd
|
|
Van der Vyver Marita
|
Wegkomkans
|
|
Van der Vyver Marita
|
Die dinge van 'n kind
|
|
Van der Walt Derick
|
Lien se lankstaanskoene
|
|
Van Heerden Etienne
|
Toorberg
|
|
Van Heerden Etienne
|
30 Nagte in Amsterdam
|
|
Van Heerden Etienne
|
Asbesmiddag
|
|
Van Heerden Etienne
|
In stede van die liefde
|
|
Van Niekerk Marlene
|
Agaat
|
|
Van Niekerk Marlene
|
Triomf
|
|
Van Rooyen Engela
|
Vuur op die Horison
|
|
Van Rooyen Nanette
|
Chinchilla
|
|
Van Rooyen Nanette
|
Om te vlerk
|
|
Van Tonder Jan
|
Die kind
|
|
Van Tonder Jan
|
Is Sagie
|
|
Van Tonder Jan
|
Roepman
|
|
Viljoen Lettie
|
Karolina Ferreira
|
|
Von Meck Anoeschka
|
Annerkant die longdrop
|
|
Von Meck Anoeschka
|
Vaselinetjie
|
|
Vos Cas
|
Die afdruk van ons hande
|
|
Willie Esterhuyse
|
God en die Gode van Egipte
|
|
|
|
October 24, 2009 by maankind
Willie Burger skryf vandag in die By 'n stuk, wat nogal komies sou was, as dit nie so tragies was nie.
“Lees net gou die eerste paragraaf hardop.”
Ek hou die student se bekrapte opdrag na haar toe uit. My onderstrepings en
opmerkings in die kantlyn is vir haar half onverstaanbaar. Dalk is my handskrif
net onleesbaar.
Maar hééltemal onverstaanbaar vir haar is die punt wat ek aan die werkstuk
toegeken het.
Op die buiteblad van haar werkstuk is ’n foto van die skrywer en ’n kleurafdruk
van die stofomslag van die roman wat sy moes bespreek.
Die hele opdrag is met ’n laserdrukker gedruk. Die woorde is netjies geblok.
Bo-aan elke bladsy met ’n gelyke nommer is die opdragtitel en bladsynommer in
’n ander lettertipe.
Bo-aan die bladsye met ongelyke nommers is haar naam en studentenommer.
Die twaalf bladsye skep die indruk van ’n luukse boek.
“Ek het nog nóóit so swak gedoen nie.”
Sy kyk nie na my nie.
“Ek het ’n onderskeiding vir Afrikaans gekry!”
Sy kyk daar oorkant na die Westdene-koppies. Haar stem bewe toe sy die opdrag
met ’n reguit arm na my toe uithou, asof my krapmerke op die duursame, ligpienk
papier haar mooi opdrag heeltemal besoedel het.
Die groot, haastige “30%”, onmiskenbaar in my eie handskrif, maak my ’n oomblik
lank benoud. Sê nou ek het ’n fout gemaak? ’n Mens sien so baie opdragte na en
dalk was my oordeel verkeerd? Die taak is immers so netjies.
Noudat ek haar hier voor my sien en die opdrag aan ’n mens van vlees en bloed
en trane koppel, lyk die “30%” baie kras. Sy sit altyd voor in die klas en neem
entoesiasties aan besprekings deel. Dalk was dit al laat in die nag en ek was
dalk oorhaastig?
Ek ontwyk haar betraande blik en my oë gly oor die eerste paragraaf van haar
opstel. Die eerste sin is werkwoordloos. Die tweede sin bevat twee keer die
woord “egter”, sonder dat daar van enige teenstellings sprake is. Die derde sin
begin met “Dit”, maar daar is geen aanduiding waarna daardie “dit” verwys nie.
Teen die middel van die tweede bladsy van haar opdrag het ek opgehou om elke
sin te probeer korrigeer. Ek het ook nie meer pyltjies met vraagtekens tussen
die sinne gemaak om aan te dui dat daar nie ’n logiese verband tussen die sinne
is nie.
Verlig dat my oordeel my nie in die steek gelaat het nie, gee ek die opdrag
terug met die versoek dat sy dit hardop moet lees. Dit is ’n beproefde metode.
Ek gebruik dit al sedert ek in die vroeë 1990’s begin klasgee het: Die student
lees sy of haar woorde hardop.
Die eerste sin word gewoonlik met baie selfvertroue en in ’n taamlik luide
stemtoon aangepak. Maar wanneer die studente hul eie sinne so hardop hoor, kom
hulle agter dat die sinne nie sin maak nie, dat die tweede sin nie logies op
die eerste een volg nie, dat die derde sin nie ’n sin is nie...
Gewoonlik raak die stem sagter en die gesig rooier. Die woorde kom al hoe
onsekerder uit en teen die helfte van die volgende sin bly die student meestal
verleë stil, mompel ’n verskoning en vlug so vinnig moontlik uit die kantoor.
Maar hierdie student léés. Woord vir woord. By die eerste punt kyk sy op, ’n
vraagteken op haar gesig.
“Lees verder,” moedig ek haar aan. Dis nie asof ek my verlekker in haar
verleentheid wat spoedig sal toeslaan nie, maar ek weet sy sal binnekort besef
dat sy glad niks sinvols kwytgeraak het nie, dat daar nie twee grammatikale
sinne op mekaar volg nie.
Ná die eerste paragraaf kyk sy weer op. Beskuldigend.
Sy het gekom om te hoor
waarom haar punt so swak is en nou laat ek haar lees?
Ek slaan my oë op na die Westdene-koppies...
Ons die skuld voor uitkomsgebaseerde
onderwys (UGO) se deur lê.
Dit wil voorkom asof daar in die skoolkurrikulum van
kinders slegs verwag word om ’n klompie feite neer te skryf, sonder konteks,
sonder logiese argumentering.
Of dat hulle idees oor sogenaamde relevante vraagstukke moet lug en hul
gevoelens daaroor met mekaar moet deel, sonder dat aan die vorm, aan die taal
waarin dit uitgedruk word, aandag gegee word.
Ons ook die skuld gee aan die invloed van
televisie en internet en selfone, dat daar nie meer van kinders verwag word om
te lees nie. Dalk is daar nog baie ander redes.
Dan begin ek heel voor. “Wat is ’n sin?” vra ek.
Ná ’n halfuur lyk dit vir my asof sy begin snap hoe ’n sin werk. Ons het
verskeie bladsye vol sinne geskryf. Sy begin dit regkry om die onderwerp, die
gesegde en die voorwerp te identifiseer. Sy begin insien hoedat ’n mens seker maak dat een sin op ’n vorige een volg.
Nou keer ek terug na haar opstel. “Verstaan jy nou wat ek hier vir jou geskryf
het?”
Haar frons is terug: “Ek sien van die sinne,” sê sy. “Hulle is miskien nie
heeltemal nie. Maar my púnt?”
Haar oë skiet weer vol trane. “Wat is verkeerd met wat ek bedoel het?”
October 24, 2009 by maankind
Murray la Vita kuier by Eben Venter in vandag se By.
Eben Venter se huis in Prins Albert kyk uit op die voetheuwels van die Swartberge. ’n Langwerpige swart klip met ’n spits punt – die mense noem dit ’n “biltong” – lê op die wit tuinmuur.Dit is ’n Vrydagmiddag. Op ’n lae stoeptafel is ’n rooi Moleskine-boek, Toast Coetzer se romanNaweek, ’n eksemplaar van The Guardian Weekly en ’n leë wit koppie en piering.Die skrywer het waarskynlik daar in die koelte gesit en tee drink en lees, en toe opgestaan om ons by die groot hek van draad en pyp (’n tipiese plaashek) te ontvang.
Ons groet en klim dan saam met hom in sy bakkie. Frieda en Bessie, sy “townshiphonde”, sit agterop. Daar gaan nou tot buite die dorp gery word. Dit is ’n namiddag-ritueel om in die veld met die honde te gaan stap.
Wanneer ons by sy vriend, die kunstenaar Philip Badenhorst wat in Antwerpen woon, se huis verbyry, sê hy Philip se groot droom is dat hulle almal eendag hier in Prins Albert moet oudword.“Ek hou baie van die gedagte, maar my partner, Gerard (Dunlop), verkies dit om in Australië te woon. Hy is baie lief vir die land en hy het ’n baie goeie werk daar.”
Hy was ’n tuinier en landskapargitek, maar nou is hy ’n “werks konsultant vir mense wat leef met gestremdheid”.“Hy pas baie goed daar in, terwyl dit vir hom moeilik is hier... die hele soort van nalatenskap van apartheid. En hy kan nie Afrikaans praat nie.”
Die aand in sy sitkamer sal ons praat oor die dubbele eensaamheid daarvan om in Australië te bly – hy voer ’n nomadiese bestaan tussen Suid-Afrika en Australië – én ’n lewensmaat te hê wat nie die taal verstaan waarin jy jou boeke skryf nie.Nadat ons ’n ent die veld in gery het, hou hy stil. Ons klim uit en stap in die rigting van die Gamkarivier. Eben sê nes Gerard is ook hý intens bewus van die armoede wat ’n mens hier in die Karoo aantref.“
Jy is altyd baie kwaai gekonfronteer met die arm mense in hierdie dorp, want jy leef naby hulle.“Ek het ook so ’n deeltjie daarvan ingeskryf in die boek (Santa Gamka). Waar ek in daai supermarktou staan, kom iemand agter jou en hy koop ’n sakkie meel en suiker en ’n brood. En dan hoor ek hoe praat hulle: Die meel het nou opgegaan en die kookolie het opgegaan – dit het alles opgegaan. Maar jý koop feta en... jy weet... ek sal nooit daarvan kan ontslae raak nie.“
Dit is ’n tipe van ’n wit skuld, of wat jy dit ook al wil noem. Of miskien is dit my Christelike opvoeding.”Hy wou ’n dominee word en het aanvanklik teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys bestudeer voordat hy na filosofie oorgeslaan en uiteindelik ’n meestersgraad oor die “latere, melancholiese filosofie van Max Horkheimer” gedoen het.“
Ek sal nooit van daai bewussyn ontslae kan raak nie. As ek in Australië aankom en so afklim in Sydney, dan is dit vir my ’n soort van ’n verlígting byna. Dan dink ek: kan ek net vir ’n rukkie ontsláé raak van al hierdie bagasie in Suid-Afrika en mense wat áltyd oor politiek... dit is onvermydelik. Ek kan onthou as kind op my oupa-hulle se plaas. Ons het altyd Sondae daar gaan kuier. Dan sit ons so op die stoep. Solank as ek kan onthou, as kind, het mense in my familie oor politiek gepraat en oor die situasie in die land.”Hy onthou hoe mense dáái tyd al gesê het hulle weet nie wat van hierdie land gaan word nie. En mense sê dit nou steeds.“
Weet jy wat? Ek dink dit gaan nooit verander nie. Dit is eintlik ook op ’n manier vir my die fassinasie. Dit is hierdie land van wonders en wonde. Breyten het dit vreeslik mooi gesê: Dis ’n psigologiese hel in ’n fisieke paradys.”
Om ons is die uitgestrekte Karoovlakte. Hy wys nou en dan ’n plant uit: bababoudjies, lammerlat. Ons praat oor hoe die tekstuur van ’n gemeenskap in taal tot uiting kom.“Dit is wat my aangetrek het na Prins Albert, en dit is nou al so te sê tot niet deur die gentrifikasie in hierdie dorp. Dit is ’n tweesnydende swaard. Want aan die een kant het dit natuurlik enorme ekonomiese ontwikkeling gebring. Maar daardie mense wat dáái woorde ge-coin het en die pragtige dialek van daai mense wat in die laat sestigerjare uit Gamkaskloof, uit Die Hel uit... hulle het byna almal Prins Albert toe getrek. Daar is baie min van daardie mense oor.“
Die inkommers, van wie ek ook een is, maar verál die Engelse inkommers, kan nie daardie dialek verstaan nie. Hulle kan ook nie hóór dat dit ’n anderse Afrikaans is as wat ék byvoorbeeld praat nie.”
Santa Gamka is die verhaal van Lucky Marais, ’n rentboy. In die flapteks verneem ons: “Die Karoo het te warm geword vir Lucky Marais. Nóg sy gevatheid, nóg sy lekker lyf gaan hom red. Hierdie boorling van die Karoodorp Santa Gamka se geluk is uitgedien. Net sewe minute en als is verby. Dat opsluiting in ’n pottebakkersoond nou sy laaste aardse avontuur moet wees!”
Eben sê: “Ek het probeer om myself te herskep met hierdie roman ná Horrelpoot. Ek het probeer om iets heeltemal anders te doen. Vir my is dit hierdie jong man wat homself inisieer of wat deur ’n sameloop van omstandighede geïnisieer word in sy seksualiteit en sy grootwordproses en wat probeer om op sy eie voete te staan en wat hierdie absolute renons en vréés het om te verval in die armoede waarmee hy grootgeword het. So ek sien dit byna as ’n bildungsroman.”
Hy fluit vir Bessie en Frieda wat iets onsigbaars jaag.“Van my lesers het so gemurmureer oor Horrelpoot. Hulle het gesê dis somber. Dit wás natuurlik. En toe het ek gedink ek wil iets in ’n ietwat ligter trant skryf. Ek wou iets heeltemal anders skryf. Ek wou hééltemal ’n ander stem, ’n ander sfeer, skep.“
Die skrywer se bedoeling is natuurlik dikwels heel anders as wat die leser dit nou sal lees. “Ek het daardie heel laaste sin baiekeer oorgeskryf, jy weet. Vir my neem hy (Lucky) daar op die einde daardie besluit om sy lewe as rentboy te laat staan en dan is daar... héél aan die einde in die laaste sinne het ek probeer dit aandui dat hy nou... hy’s nou ’n man... hy staan nou op sy eie voete. Hy is volkome selfverseker, wat eintlik iets is waarna hy nog altyd gestrewe het. Dat hy op daai oomblik ’n tipe van ’n volwassenheid bereik het.”
Hoe laat dit hom voel as lesers sy boeke heeltemal anders verstaan as hý?“Dis natuurlik die vryheid van die leser, en dis eintlik vir my ook baie interessant om te sien wat mense van jou goed maak. Met Horrelpoot het dit my nogal angstig gemaak – hoe mense dit gaan begryp en interpreteer. Maar nie met dié boek nie. Hulle kan maak daarmee wat hulle wil.”
Hy het “ontsettend hard” gewerk om Lucky se “stem” reg te kry.“Ek het óór en óór geskryf, en ek het dit hééltemal grondig hersien en dan wéér en wéér tot ek naderhand gevoel het dís die stem wat ek aan hierdie outjie gaan gee. En ek dink daai stem werk.“
Ek het vir jare hier my eie woordeboek op my rekenaar gehou. Ek het dit genoem my Prins Albert-woordeboek. En ek het dít natuurlik gebruik. Jy weet as ek in die supermark-tou staan en orals... by die garage... orals, het ek altyd geluister hoe praat mense. Jy weet, die uitdrukkings en die woorde. Want die mense hier in die Groot-Karoo praat ’n ander Afrikaans as ék en ook ’n ander Afrikaans as die bruin mense in die Kaap. “
En hulle gebruik báie min Engels, byna niks nie, behalwe vir produkte. En wat ook soms interessant is: Hulle gebruik soms hierdie argaïese Afrikaanse woorde wat ons nie meer gebruik nie.”Twee patryse vlieg links van ons op.“Ek het heeltyd gedink aan Holden Caulfield se stem in Catcher in the Rye. Dis wat daardie boek gemaak het, daai stém van Holden Caulfield. Hy het dit so perfék reggekry dat jy daai stem nog hoor jare later... jy het die storie al vergeet.”
Stadigaan het hierdie Lucky vir Eben lewendig geword. “Dit is ’n storie wat hier gegroei het, wat hier grootgeword het. Dit is nie iets wat ek... Kyk,Horrelpoot is die storielyn van Heart of Darkness. Dit was meer ’n serebrale skepping, met minder karakterontwikkeling. Dit was meer ’n ideeroman, terwyl hierdie ’n storie is wat uit hierdie bodem kom.”
Neem maar net in ag dat Lucky sy storie vertel vanuit ’n pottebakkersoond waarin hy gestop is om dood te braai, en jy besef Santa Gamka is ook ’n verhaal wat geput het uit ’n diep en ryk verbeelding. Eben lag ondeund en vertel: Dit is ’n soort van ’n riller wat ek en Gerard... ons het ’n hele riller opgemaak van iemand wat die sondebok in die pottebakkersoond steek en dan gaan daar niks van hom oorbly nie. Dis so ’n foolproof manier om van iemand ontslae te raak. En toe het ek die besonderhede gekontroleer met my pottebakkersvriend Hylton Nel, wat in Calitzdorp woon.”
Van Eben het ’n mens die indruk dat hy groot empatie het met die karakters wat hy skep en dat húlle op hul beurt empatie by die leser ontlok.“Ja. Ek probeer dit doen.” ’n Student het hom onlangs gevra of hy enigsins ’n verantwoordelikheid teenoor die leser voel. “Ek het toe vir haar gesê ek voel meer verantwoordelik teenoor die karakters en dat ek die karákter op ’n manier as ’n volle mens uitbeeld al is daar miskien bose trekke.”
Deur te luister en waar ter neem het hy die mise-en-scène geskep. “Ek het in daai opsigte minder op my verbeelding staatgemaak. En daai tipe dinge hou ek in my joernale by vir baie jare al. Nog voor die gentrifikasie van Prins Albert het ek al hier begin werk in my skrywerskwarantyn en my sabbaticals. En van tóé af het ek al aantekeninge begin maak oor mense en insidente... die landskap... die dorp. En áltyd die dialoog en die dialek. Ek het dit áltyd bygehou. En dit was vir my so interessánt gewees. Veral komende van Australië. Dan hoor jy dit só vars. En dit is vir my ábsoluut boeiend.”
Is dit tot sy voordeel as skrywer om buite die land te bly? vra iemand hom onlangs. “Ja, dit is. Jy kom terug met daai vars perspektief. Daai geopende oor.” Ons sien ’n voël wat aanvanklik soos ’n duif lyk, maar eintlik ’n valk is. Eben sê: “Nou word die lig al hoe sagter.” Wanneer hy in Australië is, mis hy hierdie plek waar mense stadig met fietse in die breë straat langs watervore ry. “Dit is vir my absoluut waar ek vandaan kom. Ek kan dit nie... My lewe... my hart is op ’n manier hier. Maar dis vir my ook lieflik daar anderkant en ek hou baie daarvan. Ek sal my eintlik nooit kan losmaak nie en ek wil ook nie. Ek voel my baie verstrengel met Suid-Afrika en alles...”
In die aand sien ons in sy huis die olieverf-seelandskap uit sy kindertyd; sy Voortrekkerbelt wat daar op die boekrak in die studeerkamer naby Proust lê; sy pa se swart radio; die wolsorteertafel wat aan sy oorlede broer behoort het.Tussen al hierdie dinge staan Eben Venter. ’n Fyn, mooi letsel (amper net ’n strepie) is in die lamplig op sy linkerwang sigbaar. Met sy pinkie streel hy oor die foto van die plaas waar hy grootgeword het. Hy sê: “Ek ken elkeen van daai koppies.”
October 20, 2009 by maankind
Dankie, Kop. Hierdie is 'n weldeurdagte lysie, en ek voeg by. Ek het wel al Die son kom aan die seekant op gelees. Jeanette skryf baie lekker leesbaar.
October 19, 2009 by maankind
Vanoggend het ek vir die eerste keer op TV gesien hoe lyk die Kindle, en het nogal gedink dat dit heerlik moet wees om so enetjie te hê vir as jy reis. Maar die boek? Die boek wil ek hê! Sou jy wou Kindle?
Bakleiery by boekeskou oor Google Books
Frankfurt - "Gemors" en "histeriese propaganda" was een woedende reaksie by die wêreld se grootste boekeskou toe Google, die wêreld se grootste internet soekdiens, planne verdedig het om miljoene boeke in aanlyn elektroniese literatuur te omskep.Die rusie het by die 61ste internasionale Frankfurt-boekeskou, 'n groot jaarlikse literêre gebeurtenis, ontstaan.
'n Literatuur-professor van Duitsland se Universiteit van Heidelberg het skerp gereageer op Google Books, 'n massiewe projek deur die Amerikaanse groep, om die wêreld toegang te gee tot boeke wat andersins moeilik of onmoontlik is om te bekom.
Prof. Roland Reuss het gewaarsku dit is 'n bedreiging vir tradisionele uitgewery. "Julle vernuwe die mark, maar die verskaffers van goedere in hierdie mark gaan vernietig word."
Google se hoof van Druk Inhoud Vennootskappe in Brittanje, Santiago de la Mora, het in reaksie gesê hulle los een van die groot probleme in die wêreld op, dat boeke omtrent dood is omdat hulle nie gevind word nie.
Die Google Book-projek staar regsprobleme oor die kwessie van kopiereg in Amerika, Europa en elders in die wêreld in die gesig. Die soekdiens wil soveel as moontlik van die wêreld se kennis in een plek (in die kuberruim) bewaar.
(News24.com)
October 18, 2009 by maankind
Boek Bedonnerd Program