Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!

kelly's Blog

Member For: 3 weeks, 3 days
Posts: 9
Top Post By kelly (most thumbs up):

No posts received thumbs up, next time you see a good one, give some respect and thumb it up.

Recent Posts by kelly:

HEMELHEL

November 21, 2009 by kelly

HEMELHEL deur Martinus De Beer

'n Finalis van die 'Ek is 'n skrywer-kompetisie" 
 
Meer 'n denkproses as 'n storie. Hierdie verhaal strek maar oor twee weke, afgespeel in 'n sorgsentrum vir depressie lyers. Alhoewel dit nie juis 'n storie bevat nie, is dit 'n oogoopmaker met betrekking tot geestestoestande. Jy stap saam met die verteller sy paadjie na herstel, sonder enige emosionele oordadigheid. Soms lag, soms huil, maar die meeste van die tyd empaties teenoor mense en die stryd wat hul voer om te probeer cope.
Dit lees lekker en maklik, en die skrywer weet hoe om gedagtes verbaal uit te druk. Identifisering vind plaas, al stem jy glad nie saam met die verteller se orientasie nie.

Op 'n meer persoonlike vlak, was ek self al in so 'n inrigting. En vir enige iemand wat al gewonder het oor wat daar aangaan, en die nut daarvan, hierdie boek vertel die werklikheid daarvan. Sonder om 'n tranetrekker te wees, en met 'n gevoel van hernuwing lees jy die laaste bladsy.

Re: Raai en wen!

November 21, 2009 by kelly

1. Botes Annalie       - Thula thula
2. Brink AP             - 'n Vurk in die pad
3. Du Plessis PG      - Fees van die ongenooides
4. Joubert Irma        - Tussen stasies
5. Schoeman Odette - Swartskaap
6. Meyer Deon        - 13 uur
7. Scheepers Riana  - Katvoet
8. Botes Annalie      - Sabbatsreis
9. Van Heerden Ettiene - 30 Nagte
10. Matthee Dalene      - Kringe in 'n Bos

Re: Wen nog 'n Boek!

November 21, 2009 by kelly

Martinus De Beer...

Re: Konsalik

November 5, 2009 by kelly

Ek versamel ook verskillende skrywers se boeke. En ja, die tweedehandse boekwinkels is wonderlik! Hulle doen soveel moeite, en laat weet my as hulle van die skrywers se boeke inkry.
Eers het ek gewonder wat ek eendag met al die boeke gaan doen, maar nou het my oudste seun gelukkig ook my liefde vir boeke. Hy kan nie wag om sy hande op my boeke te kan le nie! En net so is dit vir my heerlik om dit met iemand te kan deel, wat WEET hoekom ek aan 'n boek ruik, vat en streel.

Re: 'n Netelige Punt

November 2, 2009 by kelly

Net uit nuuskierigheid, roep ek my 14jarige nader.
"Wat is 'n sin?"
"Hmm. Soos in sonde of woorde?"
"'n Sin wat jy maak as jy praat."
"O! Dit is 'n onderwerp waaroor jy praat. Maar daar moet altyd 'n gesegde en 'n voorwerp ook wees om werklik sin te kan maak."
Ek haal dankbaar diep asem. Want, eintlik is dit so vanselfsprekend, dat ek dink ons vergeet soms om hierdie basiese reels aan ons kinders te verduidelik.

Re: 30 Nagte in amsterdam - Etienne van Heerden

November 2, 2009 by kelly

Soms is ek te vinnig met kritiek, seker omdat dit my studierigting is.
30 Nagte is postmodernisties, en moet daarom vanuit so 'n oogpunt benader word.
Die verskillende fokalisasies bring mee dat 'n mens die perspektiewe van verskillende mense oor dieselfde gebeure kan beleef. Soms met empatie, en soms met afsku.
Die lang beskrywings wat voorkom verbreek die spanningslyn, maar het tog ook 'n doel, naamlik dat dit metalinguisties is. Dit is nie net woorde wat ingeryg word nie. Daarom moet die teks waardeer word nie net vir die storie nie, maar ook vir die taal wat gebruik word.

Re: 30 Nagte in amsterdam - Etienne van Heerden

November 2, 2009 by kelly

30 Nagte het ek baie geniet. Uitmuntende boek.

Re: Self Uitgee of soek vir 'n Uitgewer?

November 1, 2009 by kelly

Ek is besig om bietjie op te vang oor alles wat hier aangaan. Julle gesprek hier is baie interessant.

Ek het 'n baie goeie vriend wat al langer as 5 jaar gesukkel het om sy boek gepubliseer te kry. Hy het nie geld gehad om dit self te onderneem nie. Elke keer dieselfde reaksie: naamlik GEEN reaksie. En sy voorleggings is ook nooit teruggestuur aan hom nie, al het hy geseelde koeverte saamgestuur.
Wel, 'n ruk gelede het hy sy boek ge-epos Amerika toe, en binne 6 weke het daardie uitgewers besluit om die boek in 7 tale te vertaal! Van uitstaande gehalte, het hulle gemeen.
(Ek glo nie hy sal omgee as ek se wie hy is nie, maar sal nogtans eers wil toestemming kry)

Waar le die probleem dan?
Mense wat nie kan onderskei nie, of mense wat nie werklik belangstel om moeite te doen om 'n nuwe skrywer te lees nie?

Re: Stem nou!

November 1, 2009 by kelly

Hi Maankind! Ek het gejoin, uiteindelik, en gestem!
Nou moet ek net die tyd maak om orals te gaan kuier.