Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!

infinate's Blog

Female
Member For: 2 months, 3 weeks
Posts: 50
Top Post By infinate (most thumbs up):

No posts received thumbs up, next time you see a good one, give some respect and thumb it up.

Recent Posts by infinate:

Re: Ons het twee wenners!

November 23, 2009 by infinate

Wat 'n heerlike verrassing! Geluk aan jou ook Beertjie.

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 - Veels geluk!

November 23, 2009 by infinate

Ek sal nog lank moet leef om al die ongeleesde boeke op my rakkie te lees. Ek moet net een og ander reël vir myself instel dat ek daagliks 'n sekere tyd nie naby my rekenaar mag kom nie! Dan sal ek dalk meer gelees kry!

Re: Gesoek: Kinderboek voorstelle

November 23, 2009 by infinate

Dit werk wonderlik. Mens moet die kinders net eers aan die lees kry. Sodra hulle die wonder wêreld van die boek ontdek het en 'verslaaf' geraak het, gebeur die res vansself. Dis darem een baie goeie verslawing.

Re: Verbrande Paradys - vrae vir leeskringe

November 23, 2009 by infinate

Sonjia, ek het ook nog nie die boek gelees nie, maar ek glo jy het sekerlik 'n reg op jou opinie!

Re: Gesoek: Kinderboek voorstelle

November 23, 2009 by infinate


Noem my maar ouderwets, maar ek glo dat geen kind mag grootword sonder Uilspeël nie. Toe ek nog op Kleinmond by die skole gelees het, het ek met groot moeite die boek Uiltjie, uiltjie in die spieël Afrikaanse oustories oorvertel deur Pieter W Grobbelaar, raakgeloop. Ek is ongelukkig daar weg voordat ek nog aan die boekie kon begin lees. Dit is in 2006 deur Human & Rousseau uitgegee - ISBN 0 - 7981 - 4735 - 0. Ek het dit by Wordsworth in Somerset Mall gekoop vir R69.95

Beide my kinders, wat nou al goed op pad is na 40, het altyd aan my lippe gehang wanneer ek dit, toe hulle nog klein was, voorgelees het. Ek kan nie sien hoekom hedendaagse kinders dit nie ook sal geniet, nie.

Ek haal 'n stukkie aan - op die agterblad van die boek - :

Uilspieël geniet dit om menslike swakhede aan die kaak te stel. Is 'n boer te beterweterig of 'n buurman te vrekkerig of 'n keiser te hooghartig, sal hy wel met hierdie aartspoetsbakker te doen kry. Soos hy graag sê:

"Die grootste skaap is sonder wol
op sy rug gebore,
maar tog dra hy 'n streepsak vol
tussen sy twee ore!"

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 - Veels geluk!

November 22, 2009 by infinate

Baie geluk aan al die ander wat dit gemaak het. Trots op julle!

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 - Veels geluk!

November 22, 2009 by infinate

My genade! Ek het nooit gedink my boek sal dit in die top 100 maak nie. Dankie vir almal wat daarvoor gestem het!

Re: Hou hierdie spasie dop!

November 4, 2009 by infinate

Sê net wat ons moet doen om in aanmerking te kom en ons doen dit.

Re: Nuwe lid

October 31, 2009 by infinate

Welkom hier, Lidia.

Ek het toevallig ook na dieselfde gesprek op RSG geluister. Ek dink wat Stephan Welz bedoel het, dis hoe ek dit verstaan het, is dat Afrikaanse mense self nie waarde heg aan 'n versameling van Afrikaanse boeke nie. Met ander woorde, as jy boeke versamel omdat jy dit as 'n belegging beskou, gaan jy teleurgesteld wees.

Ek het ook nogal gedink dat dit 'n jammerte is dat ons as Afrikaners voel dat ons eie goed nie veel waarde het nie, amper 'n soort van minderwaardigheidsgevoel. As ek dit reg het, het hy dit juis ten tye van die Boekebdonnerd Fees op Richmond gesê.

Re: Om te Kindle, of nie?

October 20, 2009 by infinate

Niks, maar niks, kan vir my 'n gedrukte boek vervangs nie. Ek kan liries raak oor so 'n nuwe (of ou boek) in my hande nie. Dalk nog oudoos? Nietemin...

Re: Publikasiegeleentheid vir debuutkortverhale

October 20, 2009 by infinate

Dankie, Billy

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 15, 2009 by infinate

Baker Eleanor    -    As 'n Pou kon vlieg

Re: Audioboeke

October 13, 2009 by infinate

Dankie hiervoor, stephni. Ek het dit onmiddellik vir my amper blinde vriend aangestuur. Hy was altyd so lief vir lees.

Besteding van my geskenkbewys

October 12, 2009 by infinate


Vanmiddag het ek 'n heerlike uitstappie na Exclusive Books gehad, natuurlik om die geskenkbewys wat ek van SêNet ontvang het, te gaan spandeer. Voordat ek gegaan het, het ek geweet presies wat ek gaan koop want ek hou die boek nou al 'n rukkie lank dop. Dit is Die boek van Ester van Wilna Adriaanse. Die moeilikheid het begin by die bedraggie wat oorgebly het, dit kon ek immers nie net so verlore laat gaan nie.Dis seker omdat die ander boek reeds in my gedagtes was, wat dit sommer in my hande ingespring het. Ek kon nie help nie, ek moes eenvoudig Dot Serfontein se Vrypas ook hê, so het ek toe maar vrywilliglik die bedraggie inbetaal. Ek het nie baie tyd nodig om geld uit te gee nie, veral as dit by boeke kom. Ek het altyd 'n boek of twee, selfs meer in my agterkop.

Maar, eers moet ek nou Barak Obama se boek lees. My vriendin het dit vir my geleen en sy sit soos 'n voëltjie wat oopbek wag vir sy kos, om te hoor wat my opinie oor die boek is. Ek sal weldra vir julle vertel hoe ek die boeke geniet het. Dis altyd lekker as daar 'n paar boeke op my bedkassie lê en wag. Veral as dit almal my eie is, dan het ek mos tyd.

Re: Gardens of Water - Alan Drew

October 12, 2009 by infinate


Wat 'n pragtige boek was dit!

Die hooftema is verhoudings - op verskillende vlakke en teen die agtergrond van feitlik onoorbrugbare kultuurverskille.. Moslem/Christen. Jong liefde tussen Christen/Moslem. Lewe/dood. Te veel om op te noem.

Sinan se haat vir die Amerikaner kan amper vergelyk word met die haat van Boer teen Brit tydens die Anglo Boere Oorlog. Na sy mening was die Amerikaners verantwoordelik vir sy pa se dood. Na die aardbewing wat hulle getref het, staan hy nou skuldig voor die Amerikaner omdat dié se vrou gesterf het om sy kind van die dood te red. Teen die einde van die boek is daar 'n paar onverwagte draaie. Ek gaan niks verder van die pragtige boek verklap nie, dis 'n absolute moet lees.

Re: Self Uitgee of soek vir 'n Uitgewer?

October 11, 2009 by infinate

Ek sou dit beter kon verwerk as daar vir my gesê is, dit wat jy geskryf het is 'n pot vol sn.. of so-iets. Maar niks nie.

Re: Self Uitgee of soek vir 'n Uitgewer?

October 11, 2009 by infinate

Ek plaas vir julle woord vir woord 'n kommentaar wat ek gekry het nadat ek 'n kortverhaal poging ingestuur het.

Hoe baklei mens daarteen?


Beste Lidia
 
            VERHAAL
 
            Ek het ongelukkig nie goeie nuus nie. Ek werk met 'n vaste span skrywers en
            gebruik tot my spyt nie verhale van buite nie.
 
            Vriendelike groete
 
            Mike Oberholzer
            Verhaleredakteur:VROUEKEUR

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009

October 11, 2009 by infinate

Hier is dit nou. Dit was in antwoord op Marries se brief daar.
Ek stem saam. Ek het in die eerste deel van die boek sommer gou vir muself gesê: Maggies maar die man kan skryf. Toe ek by die tweede deel kom, toe val die boek vir my totaal plat, so asof dit deur iemand anders geskryf is. Ek het dit toe ook nie klaargemaak nie. Ek het agterin iewers gesien dat hy die boek jare gelede begin skryf het, dit het toe by wyse van spreke, as onvoltooide manuskrip  in sy laai gelê. Met sy 70ste verjaardag het hy toe 'n klomp van sy manuskripte klaargemaak en die boeke uitgegee. Hierdie boek was een daarvan. Ek skryf die 'afgerammeldheid' daaraan toe.
Oor die Top lys van boeke het ek 'n vraag. Weet nie of ek net dom is nie, dalk is daar ander wat ook so voel. Boekemakranka het verlede jaar so 'n lys uitgebring. Ek neem aan hierdie jaar moet dit nuwe boeke wees, of dan liewer, boeke wat nie op daardie lys verskyn het nie? Word daar soveel Afrikaanse boeke gepubliseer dat ons dit al weer kan doen? Help my asseblief reg, hier.
Ek stem heelhartig saam met jou, Marries. Annelie is een van die bestes, dalk omdat sy met haar alles skryf. Nie noodwendig om 'n toekenning te kry nie, maar sy skryf met bloed en derms, met als. Hoe sê die Ingelse? Sy trek al die stops uit en sy is hoegenaamd nie bang vir kritici nie!

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009

October 11, 2009 by infinate

Ek sien ek het onder die verkeerde afdeling my ding gesê. Ek het onder Leeslyste kommentaar gelewer. Ek gaan kyk of ek dit kan regstel.

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 9, 2009 by infinate

Ai, ek het so 'n lang stuk hier getik toe sluk die kuberruim dit in.
Ek kom nou eers agter hoe min ek die afgelope jaar gelees het, so rof was my lewe. Dan lees ek nog graag Engels ook.
Ek het wel 'n baie besonderse Afrikaanse boek gelees. Dit gaan nie noodwendig vir julle almal interesseer nie. Dit is 'n boek met die naam Miriam Dans en is saamgestel deur Elise van Wyk. Dit is ook in Engels beskikbaar. Dit is die dapper verhale van sowat 25 gay vrouens. Plek-plek wil jy huil, soms weer lekker lag. Dis baie keurig versorg en werklik 'n moeiete werd om te lees boek.

Re: Interessante aanhaling

September 30, 2009 by infinate

Pragtig.

Ek loop gister 'n man en seuntjie by die skoenmaker hier op ons dorpie raak. Die kind, seker so 10, wys die 7 boeke wat hy by die bib uitgeneem het om te lees. Sy pa sê hy is 'n absolute boekwurm. Ek het die kind baie geprys en vir hom gesê dat hy saam met die boeke heeltyd op reis is na wonderlike wêrelde.

Ns Die kind het heel normaal gelyk, nie eens na 'n bleeksiel nie!

Gardens of Water - Alan Drew

September 29, 2009 by infinate

Ek lees nou hierdie pragtige boek. Ek sal iets sê wanneer ek heeltemal klaar is (ek is maar 'n stadige leser, ek pruim 'n boek)

Hier is 'n opsomming van die boek:

Gardens of Water is set in Turkey at the end of the last century. Sinan Basioglu is a Kurdish man and devout Muslim living just outside Istanbul with his wife, 15-year-old daughter, Irem, and nine-year-old son, Ismail. They are neighbors to Marcus Roberts, an American missionary living with his wife, Sarah, and 17-year-old son, Dylan. A large earthquake destroys their homes, killing Sarah, who managed to save Ismail's life in the process. Sinan is grateful for Ismail's safety, but chafes under having to live in the refugee camp erected by Marcus' Christian group who want to tend to their needs as well as convert them. A budding relationship between Irem and Dylan further complicates their lives, and Sinan is determined to have his daughter strictly follow the dictates of her religion while she longs for the freedom that every teenager thinks is their privilege. Alan Drew's debut novel has received positive reviews with USA Today saying, "This is a fascinating, heartbreaking book. People offering solace in these pages often say, 'May your pain pass quickly.' This world and these characters are so real that you wish that for them, too."

Re: Boekwinkels?

September 23, 2009 by infinate

Van Somerset Mall gepraat, ek was nog altyd meer beindruk met Wordsworth daar as met Exclusive's.

Re: Boekwinkels?

September 22, 2009 by infinate

Ek het hier in Dbnvlle 'n baie oulike boekwinkel ontdek. Sy doen baie inruil en tweedehands ook. Dalk weet jy van haar, Martie? Die vroutjie is vlot tweetalig, self 'n ywerige leser. Dis My Bookshop - Tel 021 9755733, dis by die Spar in Aurora. 

Verder is daar dan natuurlik die gewone Exclusive in TV sentrum. Hulle is vir my bv. baie meer opgewonde oor boeke as die een in SS Mall!

Dis dan my bydrae!

Re: En die wenners is...

September 20, 2009 by infinate

So voel al ons ander almal in ons eie verwardheid, darem nou veel beter.