Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!

maankind's Blog

Female, 53, Tweede Straat 11, Kleinmond,7195

My lewe het baie draaie geloop in vele beroepe, maar uiteindelik het ek my hartshuis gekry. Ek bedryf 'n gastehuis in Kleinmond en teken prentjies met 'n stokkie op die strand wat dan waar word. Ek het my lewe lank gewerk, nou speel ek - met verf en kwaste, maar veral met woorde.

Trisa Hugo

http://www.kleinmondselfcatering.co.za/
Member For: 1 year, 5 months
Posts: 972
Top Post By maankind (2 thumbs up):

Ek glo dat almal wat sal belangstel om by hierdie forum aan te sluit, buitendien die integriteit het om te weet dat daar nooit enige aanvalle sal wees op 'n leser/skrywer/deelnemer se persoon nie.

Enige irrelevante inskrywings sal sonder versuim verwyder word.

- from the topic: Reëls en Regulasies

Recent Posts by maankind:

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

November 7, 2009 by maankind


Lizette, dankie vir jou kommentaar. Daar was verlede jaar van die ouer, klassieke werke ook op die lys, maar daar was kritiek op, en heel geregverdig so. De doel is nie om 'n lys van 'Beste Boeke' saam te stel nie, maar van gunsteling-, lekkerlees-boeke. Een van die voorwaardes om 'n boek te nomineer was juis dat dit geredelik beskikbaar moet wees.

Hou hierdie spasie dop!

November 3, 2009 by maankind

Daar kom een van die dae 'n lekker boekprys of twee, net mooi betyds vir die vakansie!

Community Announcement from maankind

November 2, 2009 by maankind


Gaan stem asseblief vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009! Stem by http://leeslys.wordpress.com

Re: 30 Nagte in amsterdam - Etienne van Heerden

November 2, 2009 by maankind

Al bars die bottel en al buig die fles, dit is die lekkerste taalgebruik wat ek in 'n lang tyd gelees het.

En ek het vandag gehoor ek moet dit volgende jaar Augustus of September by ons Leeskring bespreek.

Stem nou!

November 1, 2009 by maankind

Gaan stem asseblief HIER vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009! Stuur asseblief ook die skakel aan jou vriende wat lief is vir lees.

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 28, 2009 by maankind

Hier op Boekemakranka is 'n kategrorie vir Kinderboeke, Nikita. Ek is ongelukkig lank nie in die 'mark' gewees dat ek weet wat aangaan met jeug- en kinderboeke nie.

Waar is al die lede met kinders? Laat hierdie katergorie gerus bietjie lewe kry. Wie gaan hom bietjie skop gee, lewe inblaas?

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 27, 2009 by maankind

Dit was die plan om ook sulke lyste saam te stel, maar na geselsies met kinderboekskrywers, het ek besef dit gaan glad nie werk nie, daar is bloot te min kinderboeke op die mark. En 'n Top 20 of so iets sou onregverdig wees.

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 27, 2009 by maankind


Nominasies tot dusver word hier gelys. Die meeste nominasies wat nou inkom, is duplikate, so maak asseblief seker as jy iets stuur, dat dit nie reeds op hierdie lys is nie.

Adriaanse Wilna

Met ander woorde

Adriaanse Wilna

Die boek van Ester

Anker Willem

Siegfried

Baker Eleanor

Die Ander Martha

Baker Eleanor

Die kwart-voor-sewe-lelie

Baker Eleanor

Die nes

Baker Eleanor

Dossier van 'n gyseling

Baker Eleanor

Weerkaatsings: 'n sprokie

Baker Eleanor

Verbeelde werklikheid

Baker Eleanor

As 'n Pou kon vlieg

Bakkes Margaret

Elegie vir ʼn Onbekende

Barkhuizen le Roux Christine

Waar koek en wyn ontbreek

Barnard Chris

Oulap se Blou

Behr Mark

Die reuk van appels

Bloemhof François

Hostis

Bloemhof François

Storieboek

Botes Annelie

Klawervier

Botes Annelie

Raaiselkind

Botes Annelie

Sabbatsreis

Botes Annelie

Thula-thula

Botes Annelie

Trippel Sewe

Botes Annelie

Raaiselkind

Brink Andre

'n Vurk in die pad

Brink Andre P

Donkermaan

Brink André P

Ander Lewens: ‘n Roman in drie dele

Brink André P

Houd-den-bek

Brink André P

'n Droë wit seisoen

Brink André P

'n Oomblik in die wind

Brink André P

Donkermaan

Brink Tobea

Hemelklip

Brümmer Willemien

Die dag toe ek my hare losgemaak het

Coetser Annemari

Langverlof

Coetser Annemari

Oop Kaarte

Coetser Annemari

Windkant

De Kock Helene

Dieper water

De Kock Nadia

Heildronk op ʼn gysyromp

De Kock Nadia (samesteller)

Viersprong

De Vries Izak

Byna Liefde

Dido EKM

'n Stringetjie blou krale

Du Plessis Hans

Verbrande paradys

Du Plessis PG

Fees van die ongenooides

Du Plessis PG

Het olifante elmboë

Du Plessis PG

Koöperasiestories

Du Plessis PG

Siener in die suburbs

Du Plessis PG

Nag van legio

Eloff Karin

Stiletto

Ferreira Engemi

Die jaar toe my ma begin sing het

Ferreira Jeanette

Babette

Ferreira Jeanette

Catharina

Ferreira Jeanette

Charlotta

Ferreira Jeanette

Die son kom aan die seekant op

Fitzpatrick Marida

Iemand vir ʼn Scoop

Fourie Corlia

Alle paaie lei deur die strand

Fourie Corlia

Liefde en geweld

Frank Anne/Krog Antjie

Die agterhuis

Gilfillan JM

Glas

Goosen Jeanne

'n Pawpaw vir my darling

Goosen Jeanne

Ons is nie almal so nie

Greeff Rachelle

Alles behalwe die geheim van my whiskies

Greeff Rachelle

Die rugkant van die bruid

Greeff Rachelle

Onwaarskynlike Engele

Gunter Helena

Op ʼn plaas in Afrika

Heese Marié

Die Uurwerk Kantel

Hobbs Marlize

Flarde

Hough Barrie

Skilpoppe

Jooste Pamela

Môrester

Joubert Elsa

Die Reise van Isobelle

Joubert Elsa

ʼn Wonderlike geweld

Joubert Emile

Kouefront

Joubert Irma

Tussen Stasies

Joubert Irma

Anderkant Pontenilo

Joubert Irma

Ver wink die Suiderkruis

Kalmer Harry

En die lekkerste deel van dood wees

Kalmer Harry

Groceries

Kapp Sophia

’n Nuwe lente

Kapp Sophia

Die erflating

Kapp Sophia

Waar die hart is

Karin Cronjé

Vir ʼn pers huis

Kemp Regina

Debora de Waal en die baba blues

Kemp Regina

Facials op 'n vliegtuig

Kombuis Koos

Raka die Roman

Kotze E

Die wind staan oos

Kotze Willem D

T’sats Van die Kalahari

Krog Antjie

Met woorde soos met kerse

Le Roux Johnita

Die dagstêrwals

Le Roux Johnita

Een vir die Wolfskof

Lochner Tossie

mama mia! ITALIЁ

Lotter Elbie

Dis ek, Anna

Louw Anna M

Die donker kind

Louw Anna M

Kroniek van Perdepoort

Luyt Connie

Lang skaduwees in Afrika

Maartens Maretha

Jacoba Afrikaner

Matthee Dalene

Brug van die Esels

Matthee Dalene

Die Uitgespoeldes

Matthee Dalene

Fiela se Kind

Matthee Dalene

Kringe in ʼn bos

Matthee Dalene

Moerbeibos

Matthee Dalene

Pieternella van die Kaap

Matthee Dalene

Susters van Eva

Matthee Dalene

Toorbos

Meyer Deon

Karoonag en ander verhale

Meyer Deon

13 Uur

Meyer Deon

Onsigbaar

Meyer Deon

Infanta

Müller Petra

Desembers

Müller Petra

Die omtes van die hart

Murray-Theron Erika

‘n Tapisserie Met Klein Diere

Murray-Theron Erika

Die Mezzanine-klub

Murray-Theron Erika

Sê Maria

Murray-Theron Erika

Verblyf

Nagtegaal Jackie

Daar’s vis in die punch

Nagtegaal Jackie & Reinet

In Limbo

Nel Abrham

Heita Kiewietan

Nel Abrham

Willemien word groot

Paul Chanette

Boheem

Paul Chanette

Fortuin

Paul Chanette

Leila word lig

Paul Chanette

Springgety

Paul Chanette

Vlerkaf

Phillips Fransi

Die donker god

Phillips Fransi

Teresa se droom

Pienaar Antoinette

Kruidjie roer my

Pistorius Micki

Sorg

Preller Martie

Vandag is nie gister nie

Preller Martie

In Die Tyd Van Die Esob

Preller Martie

Anderkantland

Reinet Nagtegaal

Abra K’dabra: ‘n Roman

Roos Zuretha

Die verdwyning van Mina Afrika

Rust Winnie

Martha

Scheepers Riana

Die heidendogters jubel

Scheepers Riana

Dogters van Afrika

Scheepers Riana & Thabo Nicci (Samestellers)

Die Melkweg het ʼn ster laat val

Schoeman Odette

Swartskaap

Serfontein Dot

Vrypas

Sleigh Dan

Eilande

Stamatélos Pat

Die val van die dice

Stamatélos Pat

Kroes

Therese Benadé

Anna, dogter van Engela van Bengale

Theron Lida

Jy bly my kind

Troskie Anchien

Nooit is ʼn lang, lang tyd

Van der Vyver Marita

Franse Briewe

Van der Vyver Marita

Die hart van ons huis: 'n skrywer in Provence

Van der Vyver Marita

Griet kom weer

Van der Vyver Marita

Griet skryf 'n sprokie

Van der Vyver Marita

Stiltetyd

Van der Vyver Marita

Wegkomkans

Van der Vyver Marita

Die dinge van 'n kind

Van der Walt Derick

Lien se lankstaanskoene

Van Heerden Etienne

Toorberg

Van Heerden Etienne

30 Nagte in Amsterdam

Van Heerden Etienne

Asbesmiddag

Van Heerden Etienne

In stede van die liefde

Van Niekerk Marlene

Agaat

Van Niekerk Marlene

Triomf

Van Rooyen Engela

Vuur op die Horison

Van Rooyen Nanette

Chinchilla

Van Rooyen Nanette

Om te vlerk

Van Tonder Jan

Die kind

Van Tonder Jan

Is Sagie

Van Tonder Jan

Roepman

Viljoen Lettie

Karolina Ferreira

Von Meck Anoeschka

Annerkant die longdrop

Von Meck Anoeschka

Vaselinetjie

Vos Cas

Die afdruk van ons hande

Willie Esterhuyse

God en die Gode van Egipte




'n Netelige Punt

October 24, 2009 by maankind



Willie Burger skryf vandag in die By 'n stuk, wat nogal komies sou was, as dit nie so tragies was nie.


“Lees net gou die eerste paragraaf hardop.” 

Ek hou die student se bekrapte opdrag na haar toe uit. My onderstrepings en opmerkings in die kantlyn is vir haar half onverstaanbaar. Dalk is my handskrif net onleesbaar. Maar hééltemal onverstaanbaar vir haar is die punt wat ek aan die werkstuk toegeken het. 

Op die buiteblad van haar werkstuk is ’n foto van die skrywer en ’n kleurafdruk van die stofomslag van die roman wat sy moes bespreek. Die hele opdrag is met ’n laserdrukker gedruk. Die woorde is netjies geblok. Bo-aan elke bladsy met ’n gelyke nommer is die opdragtitel en bladsynommer in ’n ander lettertipe.  Bo-aan die bladsye met ongelyke nommers is haar naam en studentenommer. Die twaalf bladsye skep die indruk van ’n luukse boek.

 “Ek het nog nóóit so swak gedoen nie.”  Sy kyk nie na my nie. “Ek het ’n onderskeiding vir Afrikaans gekry!” Sy kyk daar oorkant na die Westdene-koppies. Haar stem bewe toe sy die opdrag met ’n reguit arm na my toe uithou, asof my krapmerke op die duursame, ligpienk papier haar mooi opdrag heeltemal besoedel het. 

Die groot, haastige “30%”, onmiskenbaar in my eie handskrif, maak my ’n oomblik lank benoud. Sê nou ek het ’n fout gemaak? ’n Mens sien so baie opdragte na en dalk was my oordeel verkeerd? Die taak is immers so netjies. Noudat ek haar hier voor my sien en die opdrag aan ’n mens van vlees en bloed en trane koppel, lyk die “30%” baie kras. Sy sit altyd voor in die klas en neem entoesiasties aan besprekings deel. Dalk was dit al laat in die nag en ek was dalk oorhaastig? 

Ek ontwyk haar betraande blik en my oë gly oor die eerste paragraaf van haar opstel. Die eerste sin is werkwoordloos. Die tweede sin bevat twee keer die woord “egter”, sonder dat daar van enige teenstellings sprake is. Die derde sin begin met “Dit”, maar daar is geen aanduiding waarna daardie “dit” verwys nie. 


Teen die middel van die tweede bladsy van haar opdrag het ek opgehou om elke sin te probeer korrigeer. Ek het ook nie meer pyltjies met vraagtekens tussen die sinne gemaak om aan te dui dat daar nie ’n logiese verband tussen die sinne is nie. 

Verlig dat my oordeel my nie in die steek gelaat het nie, gee ek die opdrag terug met die versoek dat sy dit hardop moet lees. Dit is ’n beproefde metode. Ek gebruik dit al sedert ek in die vroeë 1990’s begin klasgee het: Die student lees sy of haar woorde hardop. Die eerste sin word gewoonlik met baie selfvertroue en in ’n taamlik luide stemtoon aangepak. Maar wanneer die studente hul eie sinne so hardop hoor, kom hulle agter dat die sinne nie sin maak nie, dat die tweede sin nie logies op die eerste een volg nie, dat die derde sin nie ’n sin is nie... 

Gewoonlik raak die stem sagter en die gesig rooier. Die woorde kom al hoe onsekerder uit en teen die helfte van die volgende sin bly die student meestal verleë stil, mompel ’n verskoning en vlug so vinnig moontlik uit die kantoor.

 Maar hierdie student léés. Woord vir woord. By die eerste punt kyk sy op, ’n vraagteken op haar gesig. 

“Lees verder,” moedig ek haar aan. Dis nie asof ek my verlekker in haar verleentheid wat spoedig sal toeslaan nie, maar ek weet sy sal binnekort besef dat sy glad niks sinvols kwytgeraak het nie, dat daar nie twee grammatikale sinne op mekaar volg nie. Ná die eerste paragraaf kyk sy weer op. Beskuldigend. 

Sy het gekom om te hoor waarom haar punt so swak is en nou laat ek haar lees? Ek slaan my oë op na die Westdene-koppies... Ons die skuld voor uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) se deur lê. 

Dit wil voorkom asof daar in die skoolkurrikulum van kinders slegs verwag word om ’n klompie feite neer te skryf, sonder konteks, sonder logiese argumentering. Of dat hulle idees oor sogenaamde relevante vraagstukke moet lug en hul gevoelens daaroor met mekaar moet deel, sonder dat aan die vorm, aan die taal waarin dit uitgedruk word, aandag gegee word. Ons ook die skuld gee aan die invloed van televisie en internet en selfone, dat daar nie meer van kinders verwag word om te lees nie. Dalk is daar nog baie ander redes. 

Dan begin ek heel voor. “Wat is ’n sin?” vra ek. Ná ’n halfuur lyk dit vir my asof sy begin snap hoe ’n sin werk. Ons het verskeie bladsye vol sinne geskryf. Sy begin dit regkry om die onderwerp, die gesegde en die voorwerp te identifiseer. Sy begin insien hoedat ’n mens seker maak dat een sin op ’n vorige een volg. 

Nou keer ek terug na haar opstel. “Verstaan jy nou wat ek hier vir jou geskryf het?” 

Haar frons is terug: “Ek sien van die sinne,” sê sy. “Hulle is miskien nie heeltemal nie. Maar my púnt?” 


Haar oë skiet weer vol trane. “Wat is verkeerd met wat ek bedoel het?” 

Murray la Vita kuier by Eben Venter

October 24, 2009 by maankind



Murray la Vita kuier by Eben Venter in vandag se By.

Eben Venter se huis in Prins Albert kyk uit op die voetheuwels van die Swartberge. ’n Langwerpige swart klip met ’n spits punt – die mense noem dit ’n “biltong” – lê op die wit tuinmuur.Dit is ’n Vrydagmiddag. Op ’n lae stoeptafel is ’n rooi Moleskine-boek, Toast Coetzer se romanNaweek, ’n eksemplaar van The Guardian Weekly en ’n leë wit koppie en piering.Die skrywer het waarskynlik daar in die koelte gesit en tee drink en lees, en toe opgestaan om ons by die groot hek van draad en pyp (’n tipiese plaashek) te ontvang.

Ons groet en klim dan saam met hom in sy bakkie. Frieda en Bessie, sy “townshiphonde”, sit agterop. Daar gaan nou tot buite die dorp gery word. Dit is ’n namiddag-ritueel om in die veld met die honde te gaan stap.

Wanneer ons by sy vriend, die kunstenaar Philip Badenhorst wat in Antwerpen woon, se huis verbyry, sê hy Philip se groot droom is dat hulle almal eendag hier in Prins Albert moet oudword.“Ek hou baie van die gedagte, maar my partner, Gerard (Dunlop), verkies dit om in Australië te woon. Hy is baie lief vir die land en hy het ’n baie goeie werk daar.”

Hy was ’n tuinier en landskapargitek, maar nou is hy ’n “werks konsultant vir mense wat leef met gestremdheid”.“Hy pas baie goed daar in, terwyl dit vir hom moeilik is hier... die hele soort van nalatenskap van apartheid. En hy kan nie Afrikaans praat nie.”

Die aand in sy sitkamer sal ons praat oor die dubbele eensaamheid daarvan om in Australië te bly – hy voer ’n nomadiese bestaan tussen Suid-Afrika en Australië – én ’n lewensmaat te hê wat nie die taal verstaan waarin jy jou boeke skryf nie.Nadat ons ’n ent die veld in gery het, hou hy stil. Ons klim uit en stap in die rigting van die Gamkarivier. Eben sê nes Gerard is ook hý intens bewus van die armoede wat ’n mens hier in die Karoo aantref.“

Jy is altyd baie kwaai gekonfronteer met die arm mense in hierdie dorp, want jy leef naby hulle.“Ek het ook so ’n deeltjie daarvan ingeskryf in die boek (Santa Gamka). Waar ek in daai supermarktou staan, kom iemand agter jou en hy koop ’n sakkie meel en suiker en ’n brood. En dan hoor ek hoe praat hulle: Die meel het nou opgegaan en die kookolie het opgegaan – dit het alles opgegaan. Maar jý koop feta en... jy weet... ek sal nooit daarvan kan ontslae raak nie.“

Dit is ’n tipe van ’n wit skuld, of wat jy dit ook al wil noem. Of miskien is dit my Christelike opvoeding.”Hy wou ’n dominee word en het aanvanklik teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys bestudeer voordat hy na filosofie oorgeslaan en uiteindelik ’n meestersgraad oor die “latere, melancholiese filosofie van Max Horkheimer” gedoen het.“

Ek sal nooit van daai bewussyn ontslae kan raak nie. As ek in Australië aankom en so afklim in Sydney, dan is dit vir my ’n soort van ’n verlígting byna. Dan dink ek: kan ek net vir ’n rukkie ontsláé raak van al hierdie bagasie in Suid-Afrika en mense wat áltyd oor politiek... dit is onvermydelik. Ek kan onthou as kind op my oupa-hulle se plaas. Ons het altyd Sondae daar gaan kuier. Dan sit ons so op die stoep. Solank as ek kan onthou, as kind, het mense in my familie oor politiek gepraat en oor die situasie in die land.”Hy onthou hoe mense dáái tyd al gesê het hulle weet nie wat van hierdie land gaan word nie. En mense sê dit nou steeds.“

Weet jy wat? Ek dink dit gaan nooit verander nie. Dit is eintlik ook op ’n manier vir my die fassinasie. Dit is hierdie land van wonders en wonde. Breyten het dit vreeslik mooi gesê: Dis ’n psigologiese hel in ’n fisieke paradys.”

Om ons is die uitgestrekte Karoovlakte. Hy wys nou en dan ’n plant uit: bababoudjies, lammerlat. Ons praat oor hoe die tekstuur van ’n gemeenskap in taal tot uiting kom.“Dit is wat my aangetrek het na Prins Albert, en dit is nou al so te sê tot niet deur die gentrifikasie in hierdie dorp. Dit is ’n tweesnydende swaard. Want aan die een kant het dit natuurlik enorme ekonomiese ontwikkeling gebring. Maar daardie mense wat dáái woorde ge-coin het en die pragtige dialek van daai mense wat in die laat sestigerjare uit Gamkaskloof, uit Die Hel uit... hulle het byna almal Prins Albert toe getrek. Daar is baie min van daardie mense oor.“

Die inkommers, van wie ek ook een is, maar verál die Engelse inkommers, kan nie daardie dialek verstaan nie. Hulle kan ook nie hóór dat dit ’n anderse Afrikaans is as wat ék byvoorbeeld praat nie.”

Santa Gamka is die verhaal van Lucky Marais, ’n rentboy. In die flapteks verneem ons: “Die Karoo het te warm geword vir Lucky Marais. Nóg sy gevatheid, nóg sy lekker lyf gaan hom red. Hierdie boorling van die Karoodorp Santa Gamka se geluk is uitgedien. Net sewe minute en als is verby. Dat opsluiting in ’n pottebakkersoond nou sy laaste aardse avontuur moet wees!”

Eben sê: “Ek het probeer om myself te herskep met hierdie roman ná Horrelpoot. Ek het probeer om iets heeltemal anders te doen. Vir my is dit hierdie jong man wat homself inisieer of wat deur ’n sameloop van omstandighede geïnisieer word in sy seksualiteit en sy grootwordproses en wat probeer om op sy eie voete te staan en wat hierdie absolute renons en vréés het om te verval in die armoede waarmee hy grootgeword het. So ek sien dit byna as ’n bildungsroman.”

Hy fluit vir Bessie en Frieda wat iets onsigbaars jaag.“Van my lesers het so gemurmureer oor Horrelpoot. Hulle het gesê dis somber. Dit wás natuurlik. En toe het ek gedink ek wil iets in ’n ietwat ligter trant skryf. Ek wou iets heeltemal anders skryf. Ek wou hééltemal ’n ander stem, ’n ander sfeer, skep.“

Die skrywer se bedoeling is natuurlik dikwels heel anders as wat die leser dit nou sal lees. “Ek het daardie heel laaste sin baiekeer oorgeskryf, jy weet. Vir my neem hy (Lucky) daar op die einde daardie besluit om sy lewe as rentboy te laat staan en dan is daar... héél aan die einde in die laaste sinne het ek probeer dit aandui dat hy nou... hy’s nou ’n man... hy staan nou op sy eie voete. Hy is volkome selfverseker, wat eintlik iets is waarna hy nog altyd gestrewe het. Dat hy op daai oomblik ’n tipe van ’n volwassenheid bereik het.”

Hoe laat dit hom voel as lesers sy boeke heeltemal anders verstaan as hý?“Dis natuurlik die vryheid van die leser, en dis eintlik vir my ook baie interessant om te sien wat mense van jou goed maak. Met Horrelpoot het dit my nogal angstig gemaak – hoe mense dit gaan begryp en interpreteer. Maar nie met dié boek nie. Hulle kan maak daarmee wat hulle wil.”

Hy het “ontsettend hard” gewerk om Lucky se “stem” reg te kry.“Ek het óór en óór geskryf, en ek het dit hééltemal grondig hersien en dan wéér en wéér tot ek naderhand gevoel het dís die stem wat ek aan hierdie outjie gaan gee. En ek dink daai stem werk.“

Ek het vir jare hier my eie woordeboek op my rekenaar gehou. Ek het dit genoem my Prins Albert-woordeboek. En ek het dít natuurlik gebruik. Jy weet as ek in die supermark-tou staan en orals... by die garage... orals, het ek altyd geluister hoe praat mense. Jy weet, die uitdrukkings en die woorde. Want die mense hier in die Groot-Karoo praat ’n ander Afrikaans as ék en ook ’n ander Afrikaans as die bruin mense in die Kaap. “

En hulle gebruik báie min Engels, byna niks nie, behalwe vir produkte. En wat ook soms interessant is: Hulle gebruik soms hierdie argaïese Afrikaanse woorde wat ons nie meer gebruik nie.”Twee patryse vlieg links van ons op.“Ek het heeltyd gedink aan Holden Caulfield se stem in Catcher in the Rye. Dis wat daardie boek gemaak het, daai stém van Holden Caulfield. Hy het dit so perfék reggekry dat jy daai stem nog hoor jare later... jy het die storie al vergeet.”  

Stadigaan het hierdie Lucky vir Eben lewendig geword. “Dit is ’n storie wat hier gegroei het, wat hier grootgeword het. Dit is nie iets wat ek... Kyk,Horrelpoot is die storielyn van Heart of Darkness. Dit was meer ’n serebrale skepping, met minder karakterontwikkeling. Dit was meer ’n ideeroman, terwyl hierdie ’n storie is wat uit hierdie bodem kom.” 

Neem maar net in ag dat Lucky sy storie vertel vanuit ’n pottebakkersoond waarin hy gestop is om dood te braai, en jy besef Santa Gamka is ook ’n verhaal wat geput het uit ’n diep en ryk verbeelding. Eben lag ondeund en vertel: Dit is ’n soort van ’n riller wat ek en Gerard... ons het ’n hele riller opgemaak van iemand wat die sondebok in die pottebakkersoond steek en dan gaan daar niks van hom oorbly nie. Dis so ’n foolproof manier om van iemand ontslae te raak. En toe het ek die besonderhede gekontroleer met my pottebakkersvriend Hylton Nel, wat in Calitzdorp woon.” 

Van Eben het ’n mens die indruk dat hy groot empatie het met die karakters wat hy skep en dat húlle op hul beurt empatie by die leser ontlok.“Ja. Ek probeer dit doen.” ’n Student het hom onlangs gevra of hy enigsins ’n verantwoordelikheid teenoor die leser voel. “Ek het toe vir haar gesê ek voel meer verantwoordelik teenoor die karakters en dat ek die karákter op ’n manier as ’n volle mens uitbeeld al is daar miskien bose trekke.” 

Deur te luister en waar ter neem het hy die mise-en-scène geskep. “Ek het in daai opsigte minder op my verbeelding staatgemaak. En daai tipe dinge hou ek in my joernale by vir baie jare al. Nog voor die gentrifikasie van Prins Albert het ek al hier begin werk in my skrywerskwarantyn en my sabbaticals. En van tóé af het ek al aantekeninge begin maak oor mense en insidente... die landskap... die dorp. En áltyd die dialoog en die dialek. Ek het dit áltyd bygehou. En dit was vir my so interessánt gewees. Veral komende van Australië. Dan hoor jy dit só vars. En dit is vir my ábsoluut boeiend.” 

Is dit tot sy voordeel as skrywer om buite die land te bly? vra iemand hom onlangs. “Ja, dit is. Jy kom terug met daai vars perspektief. Daai geopende oor.” Ons sien ’n voël wat aanvanklik soos ’n duif lyk, maar eintlik ’n valk is. Eben sê: “Nou word die lig al hoe sagter.” Wanneer hy in Australië is, mis hy hierdie plek waar mense stadig met fietse in die breë straat langs watervore ry. “Dit is vir my absoluut waar ek vandaan kom. Ek kan dit nie... My lewe... my hart is op ’n manier hier. Maar dis vir my ook lieflik daar anderkant en ek hou baie daarvan. Ek sal my eintlik nooit kan losmaak nie en ek wil ook nie. Ek voel my baie verstrengel met Suid-Afrika en alles...” 

In die aand sien ons in sy huis die olieverf-seelandskap uit sy kindertyd; sy Voortrekkerbelt wat daar op die boekrak in die studeerkamer naby Proust lê; sy pa se swart radio; die wolsorteertafel wat aan sy oorlede broer behoort het.Tussen al hierdie dinge staan Eben Venter. ’n Fyn, mooi letsel (amper net ’n strepie) is in die lamplig op sy linkerwang sigbaar. Met sy pinkie streel hy oor die foto van die plaas waar hy grootgeword het. Hy sê: “Ek ken elkeen van daai koppies.”  

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 20, 2009 by maankind

Dankie, Kop. Hierdie is 'n weldeurdagte lysie, en ek voeg by. Ek het wel al Die son kom aan die seekant op gelees. Jeanette skryf baie lekker leesbaar.

Om te Kindle, of nie?

October 19, 2009 by maankind



Vanoggend het ek vir die eerste keer op TV gesien hoe lyk die Kindle, en het nogal gedink dat dit heerlik moet wees om so enetjie te hê vir as jy reis. Maar die boek? Die boek wil ek hê! Sou jy wou Kindle?

Bakleiery by boekeskou oor Google Books 

Frankfurt - "Gemors" en "histeriese propaganda" was een woedende reaksie by die wêreld se grootste boekeskou toe Google, die wêreld se grootste internet soekdiens, planne verdedig het om miljoene boeke in aanlyn elektroniese literatuur te omskep.Die rusie het by die 61ste internasionale Frankfurt-boekeskou, 'n groot jaarlikse literêre gebeurtenis, ontstaan.

'n Literatuur-professor van Duitsland se Universiteit van Heidelberg het skerp gereageer op Google Books, 'n massiewe projek deur die Amerikaanse groep, om die wêreld toegang te gee tot boeke wat andersins moeilik of onmoontlik is om te bekom.

Prof. Roland Reuss het gewaarsku dit is 'n bedreiging vir tradisionele uitgewery. "Julle vernuwe die mark, maar die verskaffers van goedere in hierdie mark gaan vernietig word."

Google se hoof van Druk Inhoud Vennootskappe in Brittanje, Santiago de la Mora, het in reaksie gesê hulle los een van die groot probleme in die wêreld op, dat boeke omtrent dood is omdat hulle nie gevind word nie.

Die Google Book-projek staar regsprobleme oor die kwessie van kopiereg in Amerika, Europa en elders in die wêreld in die gesig. Die soekdiens wil soveel as moontlik van die wêreld se kennis in een plek (in die kuberruim) bewaar.
(News24.com)

Boek Bedonnerd Program

October 18, 2009 by maankind

Boek Bedonnerd Program

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 18, 2009 by maankind

Ek wil graag teen more-middag weer 'n opgedateerde lys op Boekemakranka plaas van nominasies tot dusver van jou gunsteling-boeke. Sien inskrywing.

 

Vat nou 'n ou tydjie en vertel bietjie vir ander watter Afikaanse boeke het jy die afgelope tyd geniet. Dalk inspireer dit hulle ook om dit te lees!

 

Kom plak dit sommer hier as kommentaar in die formaat Skrywer van voornaam,Titel

 

Lees is lekker!

Die hemelburgers - Helene de Kock

October 18, 2009 by maankind

Die hemelburgers - Helene de Kock

Brandt Burger besluit een Sondag om summier uit die kerk te stap omdat hy nie meer daar wíl wees nie. Hy glo nie meer in God nie en wil sy eie ding doen. ’n Ruk daarna gaan kamp hy saam met sy kleinneefs, en iets verskrikliks gebeur en verander sy lewe onherroeplik.Die hemelburgers vertel die hartroerende verhaal van iemand wat sy rug op God gedraai het en in die tronk beland het, maar uiteindelik tog nie aan die genade en liefde van Christus kon ontsnap nie. 
Dit is ’n verhaal vol deernis deur gewilde skrywer Helene de Kock wat fokus op God se goedheid en trou.Die hemelburgers sal lesers laat besef dat niemand se sonde ooit te groot is vir die Here nie en dat sy oorvloedige genade bedoel is vir almal wat Hom aanneem.

Irma Joubert - Anderkant Pontenilo

October 17, 2009 by maankind


Irma Joubert se jongste roman, Anderkant Pontenilo, het onlangs verskyn. Kirby van der Merwe het met haar gesels in die By.

Waaroor gaan Anderkant Pontenilo? 
My boek, ’n liefdesverhaal, speel af teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog, met ’n Italiaanse krygsgevangene wat op ’n plaas in die Bosveld beland. Die klem val op die karakters eerder as die oorlog self.Die roman het twee verhaallyne. Die Suid-Afrikaanse deel speel af teen die Afrikanerkultuur en -politiek van die jare 1938-1946, met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument, die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog net daarna, die skeuring in Afrikaner-geledere en die oorlog in die Noorde (eindelik El Alamein).Die tweede lyn begin in Italië met die opkoms van Mussolini, die uitbreek van die oorlog en die vertrek van die soldate na die Suide (eindelik El Alamein) – waar die twee storielyne ontmoet.En natuurlik, met ’n aantreklike Italianer op die plaas (al is hy nou ook deel van die “Roomse Gevaar”), watter Boeremeisie met warm bloed in haar are sal haar hart in toom kan hou?

Waar is jy gebore en getoë?
Ek is ’n Bosvelder (nie ’n Blou Bul nie!), gebore en skoolgegaan op Nylstroom, het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, het 33?jaar lank in KwaZulu-Natal gewoon (was ’n Shark) en woon tans in Bloemfontein (is nou ’n Cheetah).

Wat is jou idee van volmaakte geluk?
’n Heerlike vakansie saam met almal wat ek liefhet. Ek is al 39?jaar met Jan getroud. Ons het drie volwasse seuns, ’n pleegdogter en ’n kleindogter, al die mense vir wie ek lief is. Ek is op my gelukkigste in my eie huis saam met my hele familie.Soppy maar waar. 

Wat jaag jou die skrik op die lyf?
As ons Trivial Pursuit speel en ek land op ’n geel geskiedenisblok, begin ek onmiddellik sweet. Want die kinders sê: “O, nou gaan Ma seker die antwoord ken” – wat ek veronderstel is om te doen, aangesien ek ’n geskiedenis-juffrou was. Maar dan spring Roosevelt op die Britse troon, en die tsaar wat vermoor is, bly naamloos, en die skip wat in 1912 ligte-aan gesink het, word die Britannica.

By watter figuur in die geskiedenis vind jy die grootste aanklank?
Met geeneen nie. Die geskiedenis het bewys hulle was maar ’n dom klomp. Ek kon seker gesê het Emily Hobhouse, maar ek is régtig nie baie goed met siektes en mense wat doodgaan en sulke goed nie. Dan eerder David Livingstone.

Indien jy die langpad vat, waarheen?
Met ’n 4x4 boendoes toe – hoe boendoeër, hoe beter. Ek dink tog ek is ietwat van ’n ontdekkingsreisiger. Ek sou graag een toer in die middel-1800’s deur Afrika wou doen en, soos Livingstone, die Victoria-waterval ontdek.

Lieg jy ooit? 
Nee, nóóit! Miskien al ’n keer of wat, miskien ...

Watter woord of sêding gebruik jy dalk te veel? 
Fenomenaal. Ek is geneig om oorentoesiasties te raak, en dan oordryf ek so ’n bietjie.

Watter kuns sal jy wil aanleer?
Ek kom uit ’n familie wat nogal onmusikaal is, en dis uiters dominante gene. Tog sou ek graag in ’n groot koor, soos die “Halleluja”-koor uit die Messias van Handel, wou sing. Of dalk sou ek die tjello in ’n simfonie-orkes wou speel.

As wat wil jy in jou tweede lewe terugkom? 
Net as ek self, maar langer en maerder en ’n bietjie slimmer. En miskien met ’n sangtalent en baie meer kuns in my. Maar dan moet my man nog net so lief wees vir my, anders bly ek sommer net ek.

Wat beskou jy as die allerdiepste gat van ellende? 
As iemand ophou lag. Nie eensaamheid nie, maar sielsongelukkigheid, só erg dat lag verdor.?Waar wil jy graag woon?Enige plek waar my man woon, maar verkieslik nie in die Saharawoestyn nie. Dis glo bietjie droog daar.

Wat is jou beste kenmerk?
My entoesiasme, dis wat mense sê. Die lewe is vir my wonderlik, en daar is so baie dinge wat ’n mens nog kan doen en ontdek op soveel terreine. Daar is amper nie tyd om te slaap nie.

Watter eienskap waardeer jy die meeste in ’n man?
Standvastigheid, eerlikheid. Ek is getroud met ’n rotsvaste man, ’n anker wat my geaard hou. Dis wat ek soek in ’n man. En die feit dat hy dan nog lief is vir my, wat ’n bonus!

En in ’n vrou?
Liefdevolle vroulikheid, maar sy moet bekwaam wees ook. En natuurlik kan pret hê!

Wat van jou vriende stel jy die hoogste op prys?
Dat hulle lojaal bly, selfs al raak ek weke lank “skrywerig”. En dat hulle saam met my lag.

Wie is jou gunsteling-skrywers?
Die heel eerste skrywers aan wie ek op laerskool verslaaf geraak het, was Enid Blyton, en toe Konsalik, maar ek het intussen aanbeweeg. My rolmodel vir skryfwerk is Dalene Matthee. Ek kan haar boeke oor en oor lees agter die ongelooflike taal aan. Ek hou ook van Marita van der Vyver, Deon Meyer – daar’s te veel om op te noem.

Watter beroep sou jy die graagste beoefen?
Ek was 35 jaar lank Afrikaans- en geskiedenis-juffrou vir die senior klasse. Selfs al kon ek van voor af kies, sou ek niks anders as dit wou doen nie.

Waarmee hou jy jou nou besig?
Ons het ná 35 jaar in Durban in Bloemfontein kom aftree. Ek burger nog in, kry my huis reg (nie die tuin nie – Jan is die tuinier), probeer fiks bly en skryf en skryf en skryf.

Waaraan skryf jy?
Anderkant Pontenilo is die eerste van ’n trilogie. Ek is tans besig met die tweede boek, wat afspeel van net ná die Tweede Wêreldoorlog in die apartheidsjare in. Baie intriges!


Bestel Anderkant Pontenilo HIER van Kalahari

Re: Paul C. Venter Boekbekendstelling in Bloemfontein

October 17, 2009 by maankind


Ronel Nel skryf in 'n artikel in die By vandag oor Die rebellie van Sloet Steenkamp as volg:

Sloet-hulle is terug. Dié keer nie op die televisieskerm nie, maar in ’n boek. Ronel Nel het gesels met Paul C. Venter, bobaas-storieverteller van onder meer TV-reekse soos Konings en Arende.Paul C. Venter het pas ná ’n paar jaar se stilte ’n nuwe roman die lig laat sien. 

Die rebellie van Sloet Steenkamp word beskryf as “die nuwe Arende” – dit is die vierde in die Arende-reeks en die eerste wat hy as boek publiseer.Dit is ook sy eerste boek in 26 jaar – hy het destyds die roman gelos omdat hy vyf dogters moes grootmaak en omdat “televisie beter betaal het”.

By het hom ’n bietjie gepols oor waarmee hy homself die afgelope paar jaar besig gehou het, sy liefde vir stories vertel, die verskil tussen televisie en die roman, en waarheen hy homself nou rig. Sy manier met stories skemer sommer reg deur in ’n onderhoud. Een klein vragie kan ’n hele verhaal tot gevolg hê ...

Hy vertel: “Ná my laaste twee TV-reekse as skrywer, vervaardiger en regisseur (Een skoenlapper en It Rained Last Night) kon ek nie weer kontrakte by die uitsaaiers kry nie. Daaroor wil ek my liewer nie uitlaat nie, want ’n mens kom te maklik as ’n bitterbek oor.“Ek het toe ’n ruk lank as hoofskrywer vir sepies soos Generations en Villa Rosa gewerk, maar ek glo die vervaardigers van daardie sepies sal met my saamstem dat dit nie regtig my genre is nie.“Ek hou van ’n begin, middel en einde – ’n sepie is ’n hond wat sy eie stert jaag en nie mag vang nie, want dan is die sepie mos verby. Ek sien nie daarop neer nie, glad nie, ek bewonder mense wat so lank met een ding kan volhou.“

Ewenwel. Ek en my vrou, Dalene (Dalene Kotze, lank hoof van kinderprogramme by Afrikaanse TV), het ná my kortstondige avonture in sepieland aanvaar die skrif is aan die muur en besluit om af te tree.“Ek het wel nog rolprentdraaiboeke gedoen, onder meer een vir Charlize Theron, maar dis nooit verfilm nie.“Ander films is in wording, maar ek is te bygelowig om oor die goed te praat voor hulle klaar geskiet is.“Film is ’n bedonnerde me dium, daar is hopeloos te veel vingers in die pie, enigiets kan op die nippertjie verkeerd gaan en dan gebeur die movie glad nie.”

Ná hul aftrede het hulle Engeland toe getrek – “om nader aan ’n dogter en kleinseun te wees, maar ook sodat ek daar kon probeer skryf” – en eers naby Whitby, Yorkshire aan die Noordsee gewoon. ’n Piepklein village op die rand van die Yorkshire Dales. “Skilderagtig mooi, maar hier het ons ’n verskriklike infestasie van sogenaamde scaby mites beleef – dis nie ’n grap nie, glo my, jy word dodelik siek – en moes letterlik die huis met feitlik alles daarin net so los en vlug. Die mikroskopiese monstertjies kruip in alles in – veral materiaal en papier – en lê dan miljoene eiers daar.“

Ons het in die Lake District eers weer tot onsself gekom en later ’n huis aan die buitewyke van Scarborough gekry. Hier het ons heel lekker – en aanvanklik gesond – gewoon ...”In Engeland het hy in Engels begin skryf, maar agtergekom dat jy nêrens sonder ’n agent kom nie – en dat agentskappe nie juis in nuwe skrywers belangstel nie.“Chat sites van jong, ongepubliseerde novelists op die internet vertel die volle tragiese verhaal: Die Engelse uitgewersbedryf is deur fat cat-agente geskaak (ná Harry Potter en sulke ongelooflike suksesse) en in ’n closed shop omskep.“

Toe probeer ek maar weer TV en was besig om vir die BBC iets te ontwikkel, toe Dalene se kanker weer terugkom. Dit was soort van die laaste strooi. Ná omtrent ’n jaar is ons toe terug Suid-Afrika toe.“Omdat die BBC persoonlike kontak met skrywers verkies (hulle hou van vergaderings!), moes ek daardie oop deur ongelukkig maar laat toegaan ...

”Paul en Dalene moes terugkom op soek na ’n goeie onkoloog en kliniek. “Ek het dr. Neil Cronje van die Medi-Clinic in Bloemfontein ge-Google en ná ’n heupvervanging het hy Dalene begin behandel, en hy behandel haar steeds – nou net meer as twee jaar. Sy ly aan skeletale kanker. “Ons wou nie weer in ’n stad woon nie en wou ook ’n huis kontant koop. 

So het ons toe hierdie gerestoureerde huisie reg op die rand van die Karoo op Hanover ontdek.“Dis ’n warm, menslike plek ... nee, korreksie, ek jok, dis ’n aaklige, afgryslike plek, bly weg, moenie hier kom koop nie, asseblief, anders gebeur hier dalk wat op Paternoster gebeur het nadat my oorlede ou maat Pieter Pieterse die plek in sy skryfwerk besing het: Goodbye magic, goodbye peace and quiet ...”

Terwyl Paul in Engeland was, het hy vir hom ’n webwerf laat skep om so skryfwerk te probeer kry. Expats in Oz, Nieu-Seeland en Kanada het hom deur die webwerf opgespoor en onverwags veral met vrae oor Arende begin peper.

Hy het gou agtergekom dat roofkopieë van die drie Arende-reekse heerlik in daardie wêrelde rondkuier. “Van die vrae het my vir die eerste keer in sestien of sewentien jaar weer aan die karakters laat dink en uiteindelik toe die idee vir ’n vierde Arende gegee – dié keer natuurlik slegs in boekvorm. Dis waar die boek vandaan kom.“Dit begin waar die derde Arende-televisiereeks opgehou het – in Duitswes, waarheen Sloet en sy mense padgegee het omdat hulle nie ná die Anglo-Boereoorlog onder die Engelse vlag wou leef nie.“

Nou breek die Eerste Wêreldoorlog uit en Sloet-hulle is weer in die middel van ’n groot gemors. Engeland vra die Unie om Duitswes binne te val, en in Duitswes besluit die Namas ’n bakleiery tussen die wittes is vir hulle ’n gaping om hul grond te probeer terugkry. Sloet en sy mense word gedwing om weer kant te kies. Baie aksie, maar ook baie oor die mense.”

Die titel laat ’n mens aan Chris Barnard se Die rebellie van Lafras Verwey dink – en Paul erken dit. “Ek maak ’n diep buiging in sy rigting. Daar is ’n wonderlike, wonderlike ritme in Chris se titel. Ek het ’n rits ander titels vir my boek oorweeg juis omdat Chris s’n so ’n ontsaglike skaduwee gooi. Op die ou end het ek besluit bogger dit, die titel pas en klink aansienlik beter as Arende 4, so, why fight it?“

Dit was vir my moeilik om weer ‘beskrywend’ te skryf; die draaiboek gaan om dialoog en dit maak nie saak hoe kort jy die handeling beskryf nie. Hoe korter, hoe beter. In ’n boek moet jy die handeling natuurlik uitbrei en so goed moontlik skryf. In dié opsig is ’n boek moeiliker as ’n draaiboek.“In ’n ander opsig is dit makliker om ’n boek te skryf: dis net tussen jou en jou uitgewer. Wanneer jy ’n draaiboek skryf, moet jy ’n horde gode dien – die liewe ou suits – en elkeen het ’n eiertjie oor die draaiboek te lê.“

Die mense met die geld is die ergste; hulle het gewoonlik (ek veralgemeen ’n bietjie) nie ’n clue wanneer dit by storie en karakters kom nie, maar steek hul tjekboeke oral in en dan moet jy soos ’n dier baklei om die oorspronklike idee te probeer beskerm.“

Jy word naderhand soos ’n dier, ek oordryf nie – en dan, ironies, word jy ‘a difficult writer’ genoem. Dis eintlik ’n wonderwerk dat daar wel soms goeie films gemaak word. It’s a mystery, soos ’n karakter in die heerlike fliek Shakespeare in Love sê.”Oor wat die sterkste element in ’n boek moet wees, twyfel hy nie.“

Karakters is vir my die belangrikste, altyd. Karakters maak ’n storie. ’n Storie kan nie goeie karakters maak nie. Dink ’n plot ten volle uit en druk karakters daarin en hulle bly pionne op ’n skaakbord.“

Dis een van my probleme met sepies; jy moet noodwendig die storylines eerste uitwerk, en ek glo dis een van die redes waarom die karakters nie altyd heeltemal waar word nie. Begin met karakters en kyk waarheen wil hulle gaan – as hulle ronde, volwaardige karakters is, sal hulle wel self dinge begin doen – en dan het jy op die ou end ’n storie wat waar voel met mense wat waar is.”

Op die oomblik werk hy aan sy derde boek in ’n ry – die eerste twee, Die rebellie van Sloet Steenkamp en In die mond van die wolf, word deur Lapa uitgegee – en dit het vanselfsprekend geword dat hy nou die roman bo die draaiboek verkies.“

Vroeër vanjaar het ek egter ’n paar maande van romanskryf afgevat om ’n Engelse filmdraaiboek te doen en toe was dit weer wonderlik om hoofsaaklik met dialoog te werk. Dis moeilik om te kies. Wel, my bankbestuurder sal natuurlik die draaiboek kies omdat ek meer daarmee verdien ...”

Ná die boek waaraan hy tans werk (werkstitel: Die geval van die sadistiese swembad) wil hy weer ’n Engelse roman probeer.“Ek dink ek is nou oor die skok (en verlies aan selfbeeld) wat ek in Engeland met die toe deure van agente ervaar het. Ek moet natuurlik versigtig wees met voorspellings, want ek begin nou lank in die tand raak.”

Paul was van kleins af ’n storieverteller. “Toe ek op die ouderdom van sewentien kortverhale aan tydskrifte soos Personality begin verkoop het, was my pa se reaksie: ‘Jy doen dit van kleins af verniet en nou word jy so wragtag betaal om te lieg!’?”Dalene se siekte regeer hul lewe en hy erken dat hy nie kans kry om elke dag te skryf nie.“Ek probeer. Gewoonlik baie vroeg in die oggend wanneer sy nog slaap. Ek het nie ’n ander werk nie. Wel, my oudste dogter het toe sy klein was vir ’n besoeker gesê: ‘My pa werk nie, hy tik.’ Dis steeds so en sal seker maar so bly tot ek omkap.”

Maar wat lees hy self?“Wie lees ek? Sjoe! Dis soos om my oor musiek te vra. Álles. Ek gaan deur fases. Ek sal stokou vriende oorlees (sover hierdie jaar John Steinbeck, W. Somerset Maugham, Herman Charles Bosman, Mark Twain, Oscar Wilde, Truman Capote), dan ’n rits spanningsverhale (Michael Connelly en Robert Crais is my gunstelinge in die murder- mystery genre ).“

Dan kry ek weer ’n letterkundige aanval en probeer alles lees wat nuut op daai rakke staan, veral wat in Afrikaans aangaan. Dan is ek skielik weer dik vir fiksie en lees ’n ruk lank slegs feitelike boeke en biografieë ... So, bly dit wissel. Ek geniet ook die grafiese roman. Van die goed is snert, maar daar is ook meesterstukke. In my tienerjare het ek graag comics geteken.“Wie’t gesê: ‘My taste is more catholic than the pope’?“

Een tragedie: die gedig het my verloor. O, ek sal nog deur die Senior Verseboek en Uys Krige blaai, maar nuwe digbundels trek my nie. Ek probeer, maar dit werk net nie. Ek en Dalene het al hieroor gepraat, ek vermoed ek het saam met die ouderdom ’n lelike sinisme ontwikkel wat nie lekker saam met gedigte gaan nie. Ek wil amper sê gedigte behoort vir my aan ’n jonger, sagter tyd in my lewe. I mourn the loss.“

Film bly egter ’n groot heerlikheid in my lewe. Ons het al in Engeland besluit om televisie op te gee, besit glad nie ’n stel nie, kyk net DVD’s op ’n groot skerm. Die DVD is veral vir my ’n wonderlike uitvindsel omdat ’n mens die ou klassieke movies (en operas en musicals wat ’n mens nie op die verhoog kon sien nie) in ’n puik toestand kan ervaar.”Wie is of was sy grootste invloede? “

Ek dink dis ’n vraag wat ’n mens eintlik aan ’n jong skrywer moet stel. Myne was sekerlik Hemingway en Steinbeck en Bosman en Afrikaanse skrywers soos Jan Rabie se kort goed toe ek jonk was – en o hel, ja, Dickens se Tale of Two Cities toe ek so veertien was, en Uys Krige se vertaling van Twelfth Night het my amper ’n nag lank wakker gehou, Shakespeare in Afrikaans, magic!“

En later troon Suid-Amerikaanse werke, soos One Hundred Years of Solitude, en Truman Capote se In Cold Blood soos berge in my geheue. Maar gaandeweg raak jy so verwikkel in jou eie skryfwerk dat jy eenvoudig te besig is om iemand anders te volg of na te boots, en só ontwikkel jy dan maar jou eie manier van storie vertel.“

In die draaiboekveld het Paddy Chayevsky, William Goldman en John Huston ’n groot indruk op my gemaak – deels omdat ek gelukkig van hul draaiboeke onder oë kon kry – iets wat destyds nie maklik was nie, die gepubliseerde draaiboek was nog nie so ‘in’ nie.“Op die verhoog het soveel werke – van Amerikaanse, Britse én Suid-Afrikaanse skrywers – my verbeelding ’n klap teen die kop gegee dat ek nie al die titels en name kan opnoem nie.”Sal hy nie dalk sy hand waag aan ’n verhoogstuk nie?“

Ek wens ek kan ’n goeie toneelstuk skryf, maar ek was te lank met kamera deurmekaar, wil kort-kort iewers heen ‘sny’ ...“Om ’n idee te kry, moet ek gaan loop. Ek glo nie ek het al ooit in my lewe ’n idee gekry terwyl ek gesit of gelê het nie. Ek moet aan die loop wees, besig om te kyk. 

 “Ek is baie visueel – obviously – en dit gebeur gereeld dat iets of iemand wat ek sien my prikkel en dan ’n idee vir ’n karakter of storie word.”

’n Uittreksel uit Die rebellie van Sloet Steenkamp verskyn Maandag in Boeke-Beeld . 


Bestel Die rebellie van Sloet Steenkamp HIER van Kalahari

Paul C. Venter Boekbekendstelling in Bloemfontein

October 16, 2009 by maankind

Paul C. Venter Boekbekendstelling in Bloemfontein

Attachment: paulventer.bmp (758.0KB)

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 16, 2009 by maankind

Dankie, Boskind! Ja, as die boek klaar gelys is, hoef jy dit nie weer op te sit nie. En ja, AL die boeke wat genomineer word, kom op die finale lys waarvoor gestem word. Ek sal teen Maandag weer 'n opgedateerde lys opsit, baie mense stuur per epos vir my boeke aan.

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 11, 2009 by maankind



Nominasies tot dusver:

Adriaanse Wilna

Met ander woorde

Anker Willem

Siegfried

Baker Eleanor

Die Ander Martha

Baker Eleanor

Die kwart-voor-sewe-lelie

Baker Eleanor

Die nes

Baker Eleanor

Dossier van 'n gyseling

Baker Eleanor

Weerkaatsings: 'n sprokie

Baker Eleanor

Verbeelde werklikheid

Bakkes Margaret

Elegie vir ʼn Onbekende

Barkhuizen le Roux Christine

Waar koek en wyn ontbreek

Behr Mark

Die reuk van appels

Bloemhof François

Hostis

Bloemhof François

Storieboek

Botes Annelie

Klawervier

Botes Annelie

Raaiselkind

Botes Annelie

Sabbatsreis

Botes Annelie

Thula-thula

Botes Annelie

Trippel Sewe

Brink Andre P

Donkermaan

Brink André P

Ander Lewens: ‘n Roman in drie dele

Brink André P

Houd-den-bek

Brink André P

'n Droë wit seisoen

Brink André P

'n Oomblik in die wind

Brink Tobea

Hemelklip

Brümmer Willemien

Die dag toe ek my hare losgemaak het

Coetser Annemari

Langverlof

Coetser Annemari

Oop Kaarte

Coetser Annemari

Windkant

De Kock Helene

Dieper water

De Kock Nadia (samesteller)

Viersprong

De Vries Izak

Byna Liefde

Deon Meyer

Infanta

Dido EKM

'n Stringetjie blou krale

Du Plessis PG

Fees van die ongenooides

Du Plessis PG

Het olifante elmboë

Du Plessis PG

Koöperasiestories

Ferreira Engemi

Die jaar toe my ma begin sing het

Ferreira Jeanette

Babette

Ferreira Jeanette

Catharina

Ferreira Jeanette

Charlotta

Fourie Corlia

Alle paaie lei deur die strand

Fourie Corlia

Liefde en geweld

Gilfillan JM

Glas

Goosen Jeanne

'n Pawpaw vir my darling

Goosen Jeanne

Ons is nie almal so nie

Greeff Rachelle

Alles behalwe die geheim van my whiskies

Greeff Rachelle

Die rugkant van die bruid

Greeff Rachelle

Onwaarskynlike Engele

Gunter Helena

Op ʼn plaas in Afrika

Hobbs Marlize

Flarde

Hough Barrie

Skilpoppe

Jeanne Goosen

Ons is nie almal so nie

Johnita le Roux

Die dagstêrwals

Jooste Pamela

Môrester

Joubert Elsa

Die Reise van Isobelle

Joubert Elsa

ʼn Wonderlike geweld

Joubert Emile

Kouefront

Joubert Irma

Tussen Stasies

Kalmer Harry

En die lekkerste deel van dood wees

Kalmer Harry

Groceries

Kapp Sophia

’n Nuwe lente

Kapp Sophia

Die erflating

Kapp Sophia

Waar die hart is

Karin Cronjé

Vir ʼn pers huis

Kemp Regina

Debora de Waal en die baba blues

Kemp Regina

Facials op 'n vliegtuig

Kombuis Koos

Raka die Roman

Kotze E

Die wind staan oos

Le Roux Johnita

Een vir die Wolfskof

Louw Anna M

Die donker kind

Louw Anna M

Kroniek van Perdepoort

Luyt Connie

Lang skaduwees in Afrika

Maartens Maretha

Jacoba Afrikaner

Matthee Dalene

Brug van die Esels

Matthee Dalene

Die Uitgespoeldes

Matthee Dalene

Fiela se Kind

Matthee Dalene

Kringe in ʼn bos

Matthee Dalene

Moerbeibos

Matthee Dalene

Pieternella van die Kaap

Matthee Dalene

Susters van Eva

Matthee Dalene

Toorbos

Müller Petra

Desembers

Müller Petra

Die omtes van die hart

Murray-Theron Erika

‘n Tapisserie Met Klein Diere

Murray-Theron Erika

Die Mezzanine-klub

Murray-Theron Erika

Sê Maria

Murray-Theron Erika

Verblyf

Nagtegaal Jackie

Daar’s vis in die punch

Nagtegaal Jackie & Reinet

In Limbo

Nel Abrham

Heita Kiewietan

Nel Abrham

Willemien word groot

Paul Chanette

Boheem

Paul Chanette

Fortuin

Paul Chanette

Leila word lig

Paul Chanette

Springgety

Paul Chanette

Springgety

Paul Chanette

Vlerkaf

Phillips Fransi

Die donker god

Phillips Fransi

Teresa se droom

Pistorius Micki

Sorg

Preller Martie

Vandag is nie gister nie

Reinet Nagtegaal

Abra K’dabra: ‘n Roman

Roos Zuretha

Die verdwyning van Mina Afrika

Rust Winnie

Martha

Scheepers Riana

Die heidendogters jubel

Scheepers Riana

Dogters van Afrika

Scheepers Riana & Thabo Nicci (Samestellers)

Die Melkweg het ʼn ster laat val

Serfontein Dot

Vrypas

Sleigh Dan

Eilande

Stamatélos Pat

Die val van die dice

Stamatélos Pat

Kroes

Therese Benadé

Anna, dogter van Engela van Bengale

Troskie Anchien

Nooit is ʼn lang, lang tyd

Van der Vyfer Marita

Die hart van ons huis: 'n skrywer in

Van der Vyfer Marita

Griet kom weer

Van der Vyfer Marita

Griet skryf 'n sprokie

Van der Vyfer Marita

Stiltetyd

Van der Vyfer Marita

Wegkomkans

Van Heerden Etienne

Toorberg

Van Heerden Etienne

30 Nagte in

Van Heerden Etienne

Asbesmiddag

Van Heerden Etienne

In stede van die liefde

Van Niekerk Marlene

Agaat

Van Niekerk Marlene

Triomf

Van Rooyen Engela

Vuur op die Horison

Van Rooyen Nanette

Chinchilla

Van Rooyen Nanette

te vlerk

Van Tonder Jan

Die kind

Van Tonder Jan

Is Sagie

Van Tonder Jan

Roepman

Viljoen Lettie

Karolina Ferreira

Von Meck Anoeschka

Annerkant die longdrop

Von Meck Anoeschka

Vaselinetjie

Willie Esterhuyse

God en die Gode van Egipte

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009

October 11, 2009 by maankind

Lidia oftewel Infinate, dankie dat jy vra! Boeke wat op verlede jaar se lys verskyn het, is presies net so relevant vir die nuwe lys, solank dit voldoen aan die vereistes. As jy 'n boek nomineer, geld die volgende:

· Die boeke moet geredelik beskikbaar wees in winkels en/of biblioteke.

· Dit moet jóú gunsteling-boeke wees, nie dié wat jy dink gaan goed lyk op ʼn lys, of waarvan jy net gelees het nie.

· Boeke oor stokperdjies en selfhelp-boeke sal nie oorweeg word nie.

Ek glo daar gaan 'n groot deel van verlede jaar se lys wees, wat steeds op die Top 100 lys gaan verskyn. 'n Gunsteling bly mos 'n gunsteling!

Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 11, 2009 by maankind



Dankie, Marries, ek het bygevoeg. Ek stem met jou oor Bidsprinkaan. Dis seker die eerste Brink wat ek halfpad neergesit het. Veral die tweede helfte het vir my so half afgerammel gelyk, deur beide skrywer en redigeerder.

Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009

October 10, 2009 by maankind


Nominasies word ingewag vir jou gunsteling-boeke, tot 31 Oktober. Daarna gaan gestem word, en die 100 boeke met die meeste stemme sal dan Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 vorm. 

· Die boeke moet geredelik beskikbaar wees in winkels en biblioteke. 
· Dit moet jóú gunsteling-boeke wees, nie dié wat jy dink gaan goed lyk op ʼn lys, of waarvan jy net gelees het nie. 
· Boeke oor stokperdjies en selfhelp-boeke sal nie oorweeg word nie. 
· Groot sorg moet asseblief gedra word dat skrywers se name en titels van boeke korrek gespel is. 
· Nominasies moet asseblief in die volgende formaat gedoen word: Van Voorletters,Titel 
· Geen spasies voor of na komma nie, ook geen spasies tussen voorletters nie. 

Doen dit so: 
Preller Martie,Vandag is nie gister nie 
Van Heerden Etienne,Asbesmiddag 
Brink André P,Ander lewens 
Scholtz AHM,Vatmaar 

Nominasies kan gestuur word aan leeslys@icon.co.za of op die Boekemakranka forumhttp://leeskring.lefora.co
m geplaas word. 

Groetnis! 
Trisa Hugo

GRAFFITI BOEK & KOEK MET DEON MEYER

October 9, 2009 by maankind




Graffiti boek & koek met Deon Meyer

Datum :          Saterdag 31 Oktober 2009


Plek :              Delano’s Kolonnade sentrum

Tyd :               08h30 vir 9h00

Koste:             R50.00 per person

Besprekings:    Graffiti Kolonnade sentrum

                       Tel: 012 548 2356

Besprekings sluit Sondag 25 Oktober

Lemmer. Bennie Griessel. Johnny October. Fransman Dekker. Mbali Kaleni. Inspettore Ferdinando Adornato. En Muller.


Die Bo-Karoo. Bellville. Botrivier. Durbanville. Kaapstad. Milaan.

Moord. Verdwyning. Ontvoering.

Spanning.

Mans genoeg?

Bestel Karoonag en ander verhale HIER


Re: Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

October 9, 2009 by maankind

Nee, as hy genomineer is, en jy sien hom hier is dit reg. Die program gaan self duplikate uitgooi. So laat waai met jou gunsteling Afrikaanse boeke, in die formaat soos genoem! Ons begin van voor af, vars en nuut.