Lefora Free Forum
Loading
200 views

Besoek aan Breytenbach Sentrum

Page 1
1–3
Antiek! - founder
1451 posts

Maandag het die Kleinmond Leeskring besoek afgelê in Wellington by die Breytenbach Sentrum.

Die Breytenbach Sentrum, wat rofweg 150 jaar gelede gebou is, was die woning van vele eienaars. Dit was eers die Commercial Hotel voordat dit in die laat 1890’s verkoop is as studentehuis. In die vroeë veertigerjare was die huis die basis vir die Wellingtonse Voortrekkerkommando, voordat Hans en Kitty Breytenbach (eers van Riversdal) Grevilleas in 1953 as losieshuis gekoop het. In 1974 verkoop die Breytenbachs die huis aan die Wellingtonse munisipaliteit, wat dit benut as daghospitaal.

In 2007 is die Breytenbach Sentrum, na byna ʼn dekade se onderhandeling en restourering – met sy klassieke argitektuur en unieke, ouwêreldse sjarme – geopen.

Die sentrum is nie ‘n museum nie, maar ‘n lewendige, multidimensionele kultuursentrum waar alle belangstellendes kan deel in besprekings, idees, opleiding en werkswinkels. Dit is by uitstek nie-winsgewend, en alle kunsvorme word ondersteun.

Skrywer Theo Kemp, die Uitvoerende Hoof, het ons toegespreek oor sy boek Skool, ʼn roerende uit-die-hart gesprek oor sy navorsing en die skryfproses. Skool vertel van die jong man Theo Kemp, wat ­probeer om antwoorde te kry oor wat met die skoolstelsel fout is. By die ­armer skole is dwelmverslawing, skoolhoofde wat hul verantwoordelikhede ontduik, onderwysers wat eerder sosiaal verkeer as om skool te hou, hardwerkende ­amp­tenare wat uiteindelik ­moedeloos tou opgooi en by die ­ryker skole is korrupsie, arrogansie en eet­versteurings.

Die uitstappie is afgesluit met heerlike eetgoed in die lowerryke binnehof, onder ou bome.

__________________
The only thing worse than not reading a book in the last ninety days is not reading a book in the last ninety days and thinking that it doesn't matter
Jim Rohn
Ou Hand - member
451 posts

Wie van julle het al die boek SKOOL gelees. Ek hoor graag van julle.

Ou Hand - admin
333 posts

MaanKind, dit klink asof dit 'n baie interessante uitstappie kon wees. Ek het nog nêrens van die boek Skool, gehoor nie.

__________________
"He who gives when he is asked has waited too long."

Seneca



Page 1
1–3

Locked Topic


You must be a member to post in this forum

Join Now!