Lefora Free Forum
Loading
205 views

Yskoud, maar vuurwarm!

Page 1
1–1
Antiek! - founder
1451 posts




“Ek het al hoe meer besef dat alleenwees soos myne meer is as net om alleen te wees. Dat dit ‘n totale allenigheid was, dat ek nie meer aan ‘n samelewing gebind was nie. Dat ek die enigste lewende mens in duisende vierkante kilometer yswoestyn was met geen manier van kontak na buite nie. Ek het die gevoel probeer vergelyk met ‘n gevangene in eensame aanhouding en my voorgestel dat die wete van mense om jou, jou aan die gang hou. Selfs in sulke omstandighede is die samelewing nog steeds om jou. In my geval het dit verdwyn en was ek alleen op die wêreld. Met net die sterrehemel en liggloed bo my en die ysvlaktes om my, saam met ‘n vrag blikkieskos en die skitter van yskristalle.”


Hierdie is ‘n uittreksel uit Ekspedisie onvervuld - Dagboek van ‘n eensame, op ‘n Suidpool avontuur  (Dries Brunt is self ‘n deurwinterde Antarktiese ekspedisielid).

Hierdie avontuur neem jou tot aan die verste grense van eensaamheid: Dit lê die krag van die menslike gees bloot, maar ook die broosheid, en selfs verwildering.

Ek is ook soms eensaam, maar mag ek nooit eensaam midde-in ys word nie…




__________________
The only thing worse than not reading a book in the last ninety days is not reading a book in the last ninety days and thinking that it doesn't matter
Jim Rohn
Page 1
1–1

Locked Topic


You must be a member to post in this forum

Join Now!