Lefora Free Forum
login join
Loading
720 views

Die Verhuising - Sophia Kapp

Page 1
1–11
Ou Hand - member
466 posts

Ek het sopas Die verhuising klaar gelees. Hierdie gewilde roman skrywer het weereens my baie beindruk.

Danelle se eerste jaar op universiteit is allesbehalwe die opwindende nuwe begin waarna sy uitgesien het.
Sy is op 'n kampus waar sy nie wou wees nie, op 'n dorp waarvan sy nie hou nie en sy moet 'n huis deel met 'n ma wat stelselmatig al hoe meer beheer oor haar lewe verloor. Haar pa is in 'n nuwe verhouding en niks wat sy dogter oorkom, raak hom skynbaar nie.
Boonop raak sy verlief op die plaaslike rugbyheld wat haar eers aan 'n lyntjie hou en dan haar jong hart heeltemal vertrap.
Maar in dieselfde jaar leer sy ook die waarde van susterskap ken, besef sy dat die mense om haar elkeen 'n kruis het om te dra.
En sy leer dat almal hulle seer anders verwerk en dat vergifnis dikwels die enigste manier is om heel te raak.
Al wat sy nie weet nie, is of sy na al die foute wat sy gemaak het, dit sal kan regkry om Lambert Volschenk van langsaan, se sterk, opregte liefde terug te wen.

Ja, ek het baie daarvan gehou. Met haar vorige boek, Die ooreenkoms, was ek tot die dood toe verveeld. Ek bedoel, hulle het so baklei. Dit was die een argument op die ander. Net as jy dink hulle is fine met mekaar, is daar 'n misverstand, en als begin weer reg van voor af. Vir R170, moes ek toe baie mooi dink of ek die nuwe boek van Sophia wil koop.

Ek probeer maar in elk geval. Ek was beindruk. Dis 'n mooi, rustige en gesonde liefdesverhaal. Haar taal gebruik is ek al aan gewoond. Met haar eerste drie boeke so kort op mekaar van die drie susters, het ek al daarmee kennis gemaak. Net 'n ligte waarskuwing - daar is 'n paar lelik woorde in. Dog, dit pas by die karakter - as mens nou dit as 'n verskoning kan gebruik?

Alhoewel, ek het net nie van die stukkie gehou waar Danelle effe hardekwas geraak het nie. Dit het nie vir my by haar karakter gepas nie. Dit mis gekyk, was dit goed. Dit word maar seker gedoen vir realisasie se onthalwe.

Laat weet my wat julle daarvan dink. lekker lees


Jy ken van! - member
72 posts

Sonjia, ek was mal daaroor.  Dit was vir my so 'n absoluut realistiese verhaal oor die leefwêreld van 'n 19 jarige meisie op universiteit, die situasies wat sy teëkom, die mans wat sy teëkom.  Hoeveel van dit herken ons nie?! Taalgebruik was vir my gepas by die verhaal. 
Ek het reeds ekstra bestel vir my twee niggies - hulle gaan dit moet lees en vir my vertel wat hul dink. 
(Ek was nie so mal oor die drie susters se verhale nie.  Die Tuiskom was my eerste van SK en dit was ook goed). 

__________________
Ek lees alles, selfs die Pronutro-boks.
Nuweling - member
2 posts

Ek is nie baie lief vir lees nie en het ook nie die tyd daarvoor nie, maar ek wil ook nou hierdie boek "Die Verhuising" lees. Ek het die Malan Susters-trilogie baie geniet! Ek gee nie om oor n paar kras woorde nie, want dit beskryf so die mensdom. Dis wel liefdes verhale en romans, maar die boeke raak my meer omdat Sophia die werklikheid inbring in elke karakter en die omstandighede is alle daags..... Dit is wat my na die boeke toe getrek het.

Ou Hand - member
466 posts

Ek het haar heel nuutste roman langs my bed op die waglys om gelees te word. Hopelik hierdie naweek. Sal julle laat weet.
Is eers besig met Isa Konrad se Die soenoffer. UITSTEKEND!!!

Nuweling - member
2 posts

Ek het die naweek die boek "Huis van Wind" gelees......... mense! As jy nie tot die einde die boek lees nie, gaan jy die hele storie mis. Ek het so n bietjie (maar net n bietjie) verveeld geraak in die middel van die boek, oor die onreelmatige houdings van die karakters, maar soos ek nou al geleer het van Sophia Kapp, daar wag iets baie meer opwindend aan die einde en dat daar n doel is hoekom dit so n bietjie "gesloer" het in die middel. Ek het nog nooit gehuil terwyl ek n boek gelees het nie, maar mense...... ek het snot en trane gesit en snik op my bed, want dit was so oorweldigend. Dit is die moeite werd. Die boek is nie net n roman tussen n held en heldin nie, nee dis baie meer dieper! 

Nuweling - member
8 posts

Ek het ook sopas "Huis van Wind" klaar gelees. Baie dankie Sophia vir weer eens 'n puik boek! Ek het dit geniet tot op die laaste letter! Ek hou so baie van Sophia Kapp se boeke omdat sy oor al die verhoudings skryf, nie net oor die held en heldin nie.  Dis 'n boeiende storie wat sy skep en ek lees alewig haar boeke te vinnig klaar! Sy raak heel party moeilike tema's aan en ek dink sy doen dit baie goed! Jy sal nie spyt wees as jy dit lees nie! 

Ou Hand - member
466 posts

O, ek weet waarvan jy praat. Ek is besig met hom en kan nie meer wag vir die naweek nie. Kry min tyd in die week. Net die begin het my al klaar geboei!

Jy ken van! - member
72 posts

(Hier's ek weer, na hoe lank, en nuwe password...)

Ek was mal, weereens, oor Sophia se boek.  Sy skyrf pesies hoe ek van stories hou.

Hiermee my indrukke soos ek dit op Lekkerlees Boekrak (Facebook) ook geplaas het:

Huis van die Wind - Sophia Kapp


"Die verhaal van Rosalie wat (noodgedwonge) van haar huwelik en loopbaan in London wegstap en terugkeer na die familieplaas in die Drakensberg. Daar word sy (weer) gekonfronteer met haar eintlik wanfunksionele familie, waar niemand, ook nie sy, nog eintlik die dood van haar broer 2 jr vroeër verwerk het nie. Ook met die nuwe eienaar Juan Carlos van die buurplaas Camelot, wat nou 'n luukse konferensie/trou-venue/lodge daar bedryf met die nuwe naam Kwa Moyeni.
Daarsy, al die elemente: pragtige milieu, sluimerende konflik tussen die twee mooies, familiegeheime wat begin uitborrel - alles verweef rondom die tema van hierdie verhaal, nl vooroordeel, veral klassisties en rassisties.
Sam (bibliotekaris van Waverley) het reg geraai toe hy vertel het een karakter het hom van die begin af laat wonder. En Sophia het dit baíe goed reggekry om my nog lank te laat wonder oor...nee, lees self. Dis 'n lékker, goeie boek. Hulle vry en baklei dat die spoeg en trane spat. Ek self het amper aan't wene geraak hier kort teen die einde, en dis min stories wat my tot daar kry.
Daar sal diegene wees wat nie hiervan gaan hou nie, juis vanweë die tema. Dit gaan jou konfronteer om te dink: hoe sal JY hierdie gegewe hanteer??
Ek wag alreeds vir die volgende een."
 

__________________
Ek lees alles, selfs die Pronutro-boks.
Ou Hand - member
466 posts

Ek moet bieg. Ek het Huis van die wind halfpad net so neer gesit en Deon Meyer se 7 dae (nuutste) begin lees. Uitstekend!!!!!! Ek behoort hom vanaand klaar te maak, en sal dan weer Sophia vat. Sjoe, hier het die laaste maand uitstekende nuwe Afrikaanse boeke verskyn. Hoera.

Nuweling - member
8 posts

Wat het jy van Die Soenoffer gedink Sonjia?

Ou Hand - member
466 posts

Absoluut fantasties!!!!! Ek het tot amper aan die einde nog nie geweet hulle was maatjies gewees nie. Sy het my hoek en sinker gevang. Isa skryf heerlike vars spannings verhale. Jy kan gerus van haar ander boeke ook lees. Hulle sal jou nie teleurstel nie. Het jy al Hans du Plessis se nuutste gelees. Iets van Skuinspad.... Dis volgende op my lys. En Chanette Paul se nuutste?
Dis genoeg om van liries te raak, al hierdie heerlike Afrikaans.

Page 1
1–11

Locked Topic


You must be a member to post in this forum

Join Now!