Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
34 views

Konsalik

Page 1
posts 1–4 of 4
rookie - member
1 posts

Dagsê almal

Ek weet Konsalik is nie 'n Suid Afrikaanse skrywer nie, maar al sy werke wat in afrikaans vertaal is, is uitstekende leesstof.
Ek kort slegs 19 van sy 105 titels wat hy onder sy eie naam geskryf het.
Hy het ook onder die skuilname Henry Pahlen en Jens Bekker geskryf wat ook in Afrikaans vertaal is.
Indien enige iemand my oor Konsalik wil kontak, e-pos my by janpaul@live.co.za
Afrikaans is en bly die mooiste taal wat daar is. Ons eie Afrikaanse ikone soos  wyle Dalene Mathee,  Andre P Brink,Deon Meyer  en Francois Bloemhof doen wonderwerke vir ons taal, veral vir ons jeug wat nie meer lees nie. As hulle eers een van hierdie mense se boeke onder hande gehad het, raak hulle sommer leeslustig.
Ek is bevoorreg om al die werke van hierdie skrywers te besit.
Dankie vir hierdie webblad. Mense soos julle en Woes, wat afrikaans bevorder, verdien medaljes.

novice - member
19 posts

Konsalik was van my gunsteling leesstof  lank gelede toe ek op skool was. Tot my verbasing ontdek ek toe so `n ruk gelede dat my dogter, wat self nou al `n ma is, Konsalik se boeke ontdek het en vakansietye, as sy tyd het vir ontspan, verslind. Die gevolg is dat ek nou kranig help versamel en  al wat `n tweedehandse boekwinkel in my omgewing deursnuffel vir Konsalik. So het ek al  `n hele paar vir haar opgespoor. 
Hiermee ook my dank aan mense wie tweedehandse boekwinkels bedryf. Om `n lankgesoekte boek in so `n winkel te ontdek is die lekkerste lekker. 
As nagedagte: Elke keer as ek die woord lekker gebruik, dink ek aan my afrikaanse onderwyser wat die gebruik van lekker baie streng afgekeur het en ons altyd aangemoedig het om `n ander beter woord te gebruik. Het hy dit dalk op sy beurt weer by sy engelse onderwyser geleer wat in ons tyd, en nou praat ek van baie lank gelede, weer die woord "nice" met `n rooi streep en `n vraagteken aangeval het.
Ek stem saam met jou dat `n Deon Meyer dalk die sleutel kan wees om leeslus by jong mense aan te wakker. Ek kan net dink dat `n Deon Meyer in my skooldae miskien beter sou vaar as C.M.vd Heever, wie `n uitmuntende skrywer is, maar ongelukkig nie vir lewenslustige jong skoliere nie.   
Ek hou van die idee dat jy skrywers se hele reekse versamel. Ek is nou besig om Karel Schoeman boeke te versamel. Geniet jou lees! Dis op die ou end een van die min tydverdrywe wat `n mens onder enige omstandighede kan be-oefen. Selfs in blindheid is daar oudioboeke. Hy wie lees, kan nooit eensaam of alleen wees nie.    

__________________
eleanor
rookie - member
9 posts

Ek versamel ook verskillende skrywers se boeke. En ja, die tweedehandse boekwinkels is wonderlik! Hulle doen soveel moeite, en laat weet my as hulle van die skrywers se boeke inkry.
Eers het ek gewonder wat ek eendag met al die boeke gaan doen, maar nou het my oudste seun gelukkig ook my liefde vir boeke. Hy kan nie wag om sy hande op my boeke te kan le nie! En net so is dit vir my heerlik om dit met iemand te kan deel, wat WEET hoekom ek aan 'n boek ruik, vat en streel.

rookie - member
2 posts

Hi Jan,

Deel gerus jou liefde vir Afrikaans met die lede van my Facebook groep: "Ons Praat Afrikaans." Hier is die link: http://www.facebook.com/group.php?gid=22332429032&v=info

Groetnis,

Page 1
posts 1–4 of 4

Reply to: ‘Konsalik’

Membership Required

You must be a member to post in this Forum

join now