Hallo, Ek is Lidia van Niekerk en lees en versamel graag Afrikaanse Boeke. My voorkeur is Geskiedenis, Biografieë , Kort verhale.
Ek beskou myself geensins as 'n kenner van boeke nie, lees slegs fiksie as dit 'n mate van geskiedkundige inhoud het.
Snuffel baie graag by 2dehandse boekwinkels of stalletjies na ou boeke en het op die manier al pragtige en skaars boeke gekry. Byvoorbeeld boeke van Sita, ook Bart Nel en my gunsteling.
Hoe ry die Boere van R.W. Schikkerling.
Die Geskiedenis van die Boere-Oorlog en die jare daarna, die boeke trek altyd my aandag.
Op die oomblik is ek besig om P.G. du Plessies se Fees van die Ongenooides te lees.
P.G.is my gunsteling skrywer, omdat hy my kan laat lag, laat huil, laat kwaad word, enige vorm van emosie beleef jy saam met hom in al sy boeke.
Om Chris van Niekerk se voorlesing van Fees van die Ongenooides te luister huidiglik op RSG. IS 'N FEES.
Langenhoven se kort Skets. "Die Tweetalige Vonnis" is 'n juweel en ook hy is een van my gunsteling skrywers.
Ek lees wel Engels. ook net geskiedkundig van aard en daarvan maak die 2De Wêreld Oorlog se geskiedenis en verwante boeke , 'n groot deel uit.
Een probleem wat ek het ,is dat ek nie van my boeke kan weggee of ontslae van raak nie, dit is soos om 'n kind weg te gee., en so by so is daar van hulle wat jy oor en oor kan lees.
Ek het gistermiddag per toeval na 'n gesprek geluister wat met Mnr,. Stephan Weltz gevoer is, en hy sê dat ons Suid-Afrikaners nie genoeg Afrikaans lees en versamel nie. Ek weet nie in watter kringe hy dit bedoel nie, maar in die gewone kring van mense waar ek beweeg word Afrikaans baie gelees en versamel en bo alles geniet.
Dankie,
Lidia van Niekerk
Welkom hier, Lidia.
Ek het toevallig ook na dieselfde gesprek op RSG geluister. Ek dink wat Stephan Welz bedoel het, dis hoe ek dit verstaan het, is dat Afrikaanse mense self nie waarde heg aan 'n versameling van Afrikaanse boeke nie. Met ander woorde, as jy boeke versamel omdat jy dit as 'n belegging beskou, gaan jy teleurgesteld wees.
Ek het ook nogal gedink dat dit 'n jammerte is dat ons as Afrikaners voel dat ons eie goed nie veel waarde het nie, amper 'n soort van minderwaardigheidsgevoel. As ek dit reg het, het hy dit juis ten tye van die Boekebdonnerd Fees op Richmond gesê.