Die ordentlikste dorpsfees ooit! Let wel die woord ordentlik. Geen sonbril-, drafskoen-, of silwerjuwelestalletjies in strate. Geen souserige warmbrakke, geen rou sosaties, geen smeltende roomyse, geen vuil papiere op sypaadjies, geen dronk boepens mans met crocs of plakkies, geen T hemde met vieslike gooi mielies spreuke! Die atmosfeer in `n fyn dorp met fyn mense, klassieke geboue, mooi natuur en heerlike eetplekke het `n nasmaak van die goeie in die lewe gelaat.Dis mos nou fyn, classy noem die engelse dit!!!
Al die vertonings was topgehalte. Hoogtepunte:
Dankie Matthys, jy het gesing soos nog nooit tevore. Miskien het jou longe sterker geword van al die rehabilitasie, maar jy het die hele gehoor betower met jou nuwe forse sang, hoewel steeds jou fluweelagtigheid behoue, bied jy vriendelik en sonder `n sweem van selfbejammering al jou nuwe vertolkings aan en mense koop DVD`s soos soetkoek en biltong. Geluk met jou nuwe moed gebore uit teespoed.
Nathaniel, jy het my betower en verras! Kan een mens so baie nuwe vertonings uitdink en steeds gehore boei? Ek wens ek kan jou elke vertoning bywoon. Jammer vir my mede landgenote wat nie weet dat laatkom `n onding is nie en dan nog heelvoor kom sit! Volgende keer moet jy doodeenvoudig die deure laat sluit.
Balah Broers, julle mooi persoonlikhede straal vanuit julle lieflike sang. Sulke sangtalent mag nooit verwaarloos word nie. My wens is dat julle nooit ophou sing nie en dat julle sang nog die hele land se mense sal bereik. Wat is mooier as die voorreg om julle lewend te kan beleef.
Coenie, jy het darem `n allemintige stem en klaviertalent!
Al die ander, soos bv kosdemonstrasies, kunsuitstallings en vele meer bygewoon, het `n dwingende begeerte laat ontstaan om volgende jaar alles te bespreek wat aangebied word, wat natuurlik bankrotskap tot gevolg kan he.
Net `n wenk: Die erfenistoer was `n flop, om dit nou prontuit te stel. Jammer dat ek dit moet kritiseer, maar die aanbieding het nie die dorp se geboue en geskiedkundige waarde gestand gedoen nie. Om in `n voortspoedende bus te sit en na vlietende verwysings van geboue te luister wat niemand mooi weet waar nie, was baie onbevredigend. Aan die aanbieder, "jou regterkant is nie my, die passasier se regterkant nie".
Aan die organiseerders: Baie dankie vir `n puik, goed georganiseerde fees!
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
Page
1
posts 1–1 of 1
+0
permalink
Page
1
posts 1–1 of 1