Vanoggend het ek vir die eerste keer op TV gesien hoe lyk die Kindle, en het nogal gedink dat dit heerlik moet wees om so enetjie te hê vir as jy reis. Maar die boek? Die boek wil ek hê! Sou jy wou Kindle?
Bakleiery by boekeskou oor Google Books
Frankfurt - "Gemors" en "histeriese propaganda" was een woedende reaksie by die wêreld se grootste boekeskou toe Google, die wêreld se grootste internet soekdiens, planne verdedig het om miljoene boeke in aanlyn elektroniese literatuur te omskep.Die rusie het by die 61ste internasionale Frankfurt-boekeskou, 'n groot jaarlikse literêre gebeurtenis, ontstaan.
'n Literatuur-professor van Duitsland se Universiteit van Heidelberg het skerp gereageer op Google Books, 'n massiewe projek deur die Amerikaanse groep, om die wêreld toegang te gee tot boeke wat andersins moeilik of onmoontlik is om te bekom.
Prof. Roland Reuss het gewaarsku dit is 'n bedreiging vir tradisionele uitgewery. "Julle vernuwe die mark, maar die verskaffers van goedere in hierdie mark gaan vernietig word."
Google se hoof van Druk Inhoud Vennootskappe in Brittanje, Santiago de la Mora, het in reaksie gesê hulle los een van die groot probleme in die wêreld op, dat boeke omtrent dood is omdat hulle nie gevind word nie.
Die Google Book-projek staar regsprobleme oor die kwessie van kopiereg in Amerika, Europa en elders in die wêreld in die gesig. Die soekdiens wil soveel as moontlik van die wêreld se kennis in een plek (in die kuberruim) bewaar.
(News24.com)
Niks, maar niks, kan vir my 'n gedrukte boek vervangs nie. Ek kan liries raak oor so 'n nuwe (of ou boek) in my hande nie. Dalk nog oudoos? Nietemin...
Val alweer so teen die gatkant in. Was 'n bietjie besig en vir 'n ruk sonder rekenaar. In elk geval om te reageer oor die idee van boeke op rekenaar - O nee nee nee, glad nie, aikona, no no no, tati.
Ek stem saam met infinate - om 'n boek in jou hande te hou is byna 'n mistieke ervaring. Om 'n nuwe boek se papier en ink te kan ruik en om versigtig deur 'n ou boek te blaai en die bladsy versigtig een vir een om te blaai - daar is niks wat daarby kom nie. Vir my is dit die grootste, absolute "kick" (hoe sal 'n mens "rush" of 'kick" in Afrikaans vertaal??).
In elk geval, met 'n boek op rekenaar kan jy nie in die bad lees nie, ook nie op die strand nie, ook nie op jou maag in die bed nie - so boeke moet maar boeke bly
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member