Publikasiegeleenthede
in Afrikaans is uiters beperk. Veral vir debuutskrywers. Daar lê pragtige
verhale in laaie rond wat nooit in druk sal verskyn nie. Dit is te bejammer.
Selfpublikasie is
ʼn uitweg. Selfs bekende skrywers wend hulle deesdae tot hierdie wyse van
publikasie. Dit is ongelukkig ʼn duur en moeisame proses en nie lewensvatbaar vir
alle skrywers nie.
Sekwa Ditholo Uitgewers
wil nou ʼn geleentheid skep om dit binne die bereik van debuutskrywers te bring.
Ko-operatiewe selfpublikasie maak dit moontlik.
Die plan werk
soos volg.
- Alle debuutskrywers word genooi om kortverhale voor te lê.
- ʼn Voorlopige keuring word gedoen om die kaf van die koring te skei. Neem kennis dat redigering die verantwoordelikheid van die skrywer is.
- Dit word beoog om gekeurde verhale in bundels van vyftien te groepeer.
- Die bundels word dan aan die vyftien deelnemende skrywers gestuur om te keur en te beoordeel. ʼn Kort keuringsverslaggie word ten opsigte van elke verhaal voltooi.
- By ontvangs word die keuringsverslae dan aan elk van die skrywers gestuur vir kennisname en aandag waar nodig.
- Nadat die verhale, na hersiening waar nodig, vanaf die skrywers terug ontvang is word die drukkoste van honderd en vyftig kopieë, plus die aantal vir verpligte biblioteke, van die bundel bepaal. Neem kennis dat die drukkoste slegs werklike uitgawes sal wees. Daar word geen wins of vergoeding ingebou nie.
- Die deelnemende skrywers sal dan versoek word om die koste van tien boeke plus versendingkoste te betaal. Sodra al die inbetalings gedoen is sal die boek gedruk word.
- Tien kopieë van die boek sal dan aan die deelnemende skrywers versend word om daarmee na goeddunke te handel. Verdere kopieë kan op aanvraag beskikbaar gemaak word.
Alle voorleggings,
korrespondensie of navrae moet elektronies wees. Vra asseblief ʼn ‘read
receipt’. Indien u dit nie dadelik ontvang nie, volg asseblief op. Voorleggings
moet voorlopig in Word formaat wees. Meer as een voorlegging per skrywer word verwelkom.
Eienaarskap van die kortverhale moet dié van die skrywer wees. Dit word
aanvaar dat verhale deeglik geredigeer is aangesien ons op hierdie stadium nie
oor die dienste van ʼn redigeerder beskik nie. Elke voorlegging moet
asseblief elk sy eie dekblad hê met die
titel en kontakbesonderhede van die skrywer.
Hierdie is ʼn
loodsprojek en behou ons die reg voor om wysigings aan die proses aan te bring
waar nodig om dit werkbaar te maak.
Alle kommunikasie
en voorleggings na lowren@telkomsa.net
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member