Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
76 views

Boekdinge: Wie weet?

Page 1
posts 1–14 of 14
regular - member
121 posts




Ek het hierdie vanoggend na LitNet gestuur. Ek wonder. Ek plak dit hier ook. Ek wonder en ek wens iemand kan vir my antwoorde gee. 

Wie weet hoeveel Afrikaanse boeke verlede jaar gepubliseer is?

Daar is duidelik orals bekommernis oor die voortbestaan al dan nie van Afrikaans. Afrikaans het ’n ryk letterkundige tradisie. Die hoeveelheid Afrikaanse boeke wat gepubliseer word, in vergelyking met die vorige jare, kan dalk vir ons ’n barometer wees van die “gesondheid” al dan nie van Afrikaans. Ons kan almal baie praat, maar dis die gedrukte boekwoorde/stories wat ’n langer leeftyd het.


Na meer as 50 publikasies by verskeie uitgewers sedert 1992, het ek sopas 2 boeke self uitgegee. Dit was en is ’n interessante ervaring wat ons moderne tegnologie moontlik maak. Om by ’n uitgewer uit te gee het sy voordele en nadele, net soos selfpublikasie.

Ek het wat ek geleer het van die boekebedryf en die proses van selfpublikasie op my webwerf en ander blogs gedeel. Selfpublikasie kan vol slaggate wees waarin veral mense wat ’n blinde passie het vir skryf, maklik kan beland. Alles kos geld – en almal, langs die pad wat die manuskrip tot boek, tot dalk by leserskring of boekwinkels loop, wil ’n deel van die geld hê. Gaan maak die somme! Vind uit!

Ek het nou dinge geleer van die bedryf wat ek in 17 jaar nooit geweet het nie en ek  het weer besef hoe afhanklik skrywers en uitgewers van bemarking is. Binne die groot uitgewers word personeel salarisse betaal, vryskut redigeerders, uitlegkunstenaars, ontwerpers en illustreerders word fooie betaal, maar skrywers en die uitgewers se vergoeding word bepaal deur die hoeveelheid boeke wat verkoop word, wat weer bepaal word deur bemarking, publisiteit en dan ook onder andere beskikbare rakspasie in boekwinkels! In een van die onderstaande artikels word uiteengesit hoe belangrik rakspasie in boekwinkels is!

In 2003 (dink ek) het Kerneels Breytenbach van NB tydens ’n skrywersvergadering ges dat (ek kan nie presies onthou nie, maar dit was ’n skokkende hoë persentasie) iets soos 85% van titels nie eers hulle eerste oplaag uitverkoop nie. Is dit nog so? Wat is die gemiddelde verkope van ’n publikasie?


Ek het ook êrens gelees, ek dink verlede jaar, dat so iets soos 13% van Exclusives se boeke wat verkoop word, plaaslike boeke is, waarvan omtrent 7% Afrikaanse boeke is.

Ek het gegoogle vir meer inligting en op die volgende skakels afgekom. Dis interessante leestof vir almal wat in Afrikaans skryf, wil skryf asook natuurlik vir lesers, trouens vir alle besorgdes, maar dis alles ou inligting.  

http://www.nlsa.ac.za/NLSA/News/publications/supporting-small-scale-publishing/

In “Tydskrif vir Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies”  is daar ’n uiteensetting van Hannes van Zyl oor die  “Aanpassing in die uitgewersbedryf: Die geval van NB-Uitgewers rondom die millenniumwending” (Hierdie is ’n PDF file, maar dit is beskikbaar op die internet.)


http://www.oulitnet.co.za/seminaar/notule.asp

Wat is die huidige toestand? Wie weet? Waar sou ’n mens statistiek in die hande kon kry? Ek dink dit is uiters belangrike inligting vir almal wat besorg is oor Afrikaans en veral vir voornemende skrywers. As die aantal oorspronklik-Afrikaanse boeke toegeneem het – wonderlik! As dit nog min of meer dieselfde is, dan is daar hoop. Indien daar ’n geleidelike/dramatiese afname is ... ? Wat kan ons daaraan doen? Is daar dan hoop? Vir baie van die betrokkenes in die boekebedryf, van skrywers tot kopers tot uitgewers, is skryf/koop/uitgee reeds dikwels ’n liefdesdaad. 

Hoe belangrik is die welsyn van die Afrikaanse “letterkunde”, waarby ek alle oorspronklik-Afrikaanse boeke, fiksie en nie-fiksie vir lesers (hoorders) van alle ouderdomme insluit? 

Afrikaanse boeke moet en moes vanselfsprekend nog altyd kompeteer met veral Engelse boeke, alhoewel dit ’n besonder lojale leserskorps het! Hoe lank kan dit aanhou? Alles word duurder, soos almal weet.


Het iemand antwoorde?  


http://martiepreller.wordpress.com/

http://www.martiepreller.co.za



__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
90 posts

Martie, ek wonder baie oor hierdie selfuitgee ding. Dit voel vir my so of mens dan gepubliseer het maar nie werklik gepubliseer het nie!  Ek het gehoop my storietjie het dalk potensiaal as 'n Disney-fliek, toe dit klaar was het ek eerste ding omtrent nog 'n maand gevat om dit in my beste Engels te vertaal, met die idee dat 'n 'pro' wat nie Afrikaans verstaan nie darem die storie kan kry en dit vinnig bietjie regklap. Maar toe vind ek uit dis gaan nie maklik wees om oorsee in te kom nie, jy moet 'n agent hê en al sulke dinge.

Toe het ek gedink ek sal probeer om dit plaaslik in Afrikaans uitgegee te kry, dan sou die uitgewer hopelik help om dit internasionaal ook te publiseer.  Ek kies toe die groot uitgewer, vind alles uit oor hoe die manuskrip moet lyk, breë kantlyne vir die redakteur om in te griffel en so aan en stuur dit in Maart na hulle toe.   Ek wag toe tot laat in Augustus om dit afgekeur te kry, en kry die manuskrip terug - breë kantlyne onaangeraak!  Wat moet ek nou uit die geen kommentaar aflei? Dat ek liewer nie my hand aan 'n skrywery moet waag nie?  Mens het regtig gehoop dat, soos die uitgewers se webwerf half-en-half belowe, jy darem terugvoer sal kry oor hoe om jou manuskrip te verbeter.

Ek dink om self te publiseer kan werk vir iemand soos jy wat al baie boeke gepubliseer gekry het, neem bv. ook iemand soos Rod McKuen wat sy eie Stanyan Books, vernoem na een van sy digbundels, Stanyan Street and Other Sorrows begin het.  Maar dit voel nie vir my of selfpublikasie vir my my uiteindelike doelwit sal bereik nie.  Ek het nog nie moed bymekaargeskraap om 'n ander uitgewer te probeer nie.

novice - member
46 posts

Hi Martie

Hierdie Kontrole-lys is puik! Dit moet aan alle Onnies gegee word wat die kiddies in die laerskool leer stories skryf. Ek het altyd van 'n grafiek ook gebruik gemaak - begin -middel (opbou van die storie/klimaks) en einde...
Ek het ook al gedink net om my eie gedigte in slegs een boek te he, ek wil nie druk en verkoop nie - daarvoor is my goed te eenvoudig, maar ek wil graag dit in 'n boekvorm he vir myself. Ek het al gewonder of mens so iets kan doen?
Lekker naweek vir jul almal vanuit 'n koue plek - winter is hier!

__________________
Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter, don't mind.
regular - member
121 posts

Jy kan doen net wat jy wil deesdae met POD! 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
90 posts

Dankie Martie, ek waardeer dit!  Ek sal eendag bietjie daarmee deur my storie gaan, ek moet eers probeer om weer gemotiveerd te raak, soos ek sê dit was maar 'n groot teleurstelling dat hulle dit hou vir 4 maande en dan is daar geen kommentaar nie.  Ek is heeltemal bereid om daaraan te werk, as ek weet wat verkeerd is.  Maar na alles glo ek darem nog in my storie!

regular - member
148 posts


Martie wat is POD?

Nikita probeer lulu.com. Sover ek verstaan druk hulle boeke soos wat dit bestel word vanaf hulle werf. Ek sien hulle het opsies vir dinge soos jou eie fotoboeke maak ook. Alle pryse is in ponde so ek dink hulle is waar jy is. Ek vermoed posgeld sou die diens dalk bietjie duur maak om hulle hier in SA te gebruik maar ek het nog nooit probeer om iets deur hulle te koop nie so dis miskien nie eers so erg nie.


regular - member
148 posts


O ek weet wat POD is - Publishing on Demand? Dis dan seker wat lulu.com is!

regular - member
121 posts





Kop - dit is wonderlik om te droom en dan te werk gaan om jou droom te probeer verwesenlik. Die "te werk gaan" behels onder andere dat jy self jou storie so goed as moontlik maak - belangrik hierin, soos ek in Die Land van stories uitwys, is dat jy die voornemende leser in ag neem :

Ek weet jy het "Eendag was daar 'n storie" gekoop -dit was die beste wat ek kon doen op daardie stadium. Ek het nadat ek dit geskryf het, in 2002 egter weer hope goed ontdek wat baie belangrik is wat in Die land van stories - 'n praktiese storiemaakkursus - uiteengesit is. 

Soos ek aangaan met my skrywes, probeer ek ook die inligting oor skryf ens deel, net soos ek die stories deel.  Dis waarom ek ook daardie vier Wordpress blogs gemaak het - om soveel as moontlik inligting te verskaf! 

Lees ook my brief aan LitNet. Ek het dit juis geskryf omdat daar baie wanopvattings is oor gepubliseerde boeke. Kyk hoeveel van 'n titel verkoop! (soos ons ingelig is by 'n skrywersvergadering) Ek was totaal en al geskok - ek het dit nooit kon glo nie. Maar dis die realiteit. En ek wonder wat die "realiteit" NOU is - want dit was in 2002/2003. 

Lees oor die bedryf in die skakels wat ek in daardie brief gegee het.  

Ek weet jy doen miljuisende dinge :) Dis heeltemal wonderlik. Maar as jy dit lees sal jy sien dat die kanse dat 'n uitgewer byvoorbeeld 'n boek sal probeer verkoop aan 'n oorsese uitgewer omtrent 0 is. Oorsese uitgewers stel ook nie eintlik belang in boeke uit ander lande nie, behalwe as dit klaar 'n "best seller" is ens ens. 

Lees op my Wordpress blogs oor die "Somme" van boeke uitgee. Niemand maak eintlik geld nie - ons getalle Afrikaanse lesers is te min!  

http://martiepreller.wordpress.com/

Personeel by uitgewers is totaal en al oorwerk! Daar is stapels en stapels manuskripte.Hulle moet ook nie voornemende skrywers "mislei" nie.Ek is seker hulle doen dit nie doelbewus nie, maar daar moet meer inligting oor die bedryf bekend wees, sodat dit nie voornemende skrywers se drome platslaan nie. Maar voornemende skrywers moet ook sorg dat die stories wat hulle skryf, "leesbaar" is vir "voornemende "lesers" - sien die aanhaling hierbo. As uitgewers byvoorbeeld deur 'n berg manuskripte werk en die spesifieke manuskrip vang hulle oog met 'n treffende eerste sin ens - verbeter dit natuurlik ook jou kanse.  

Elke SKRYWER veronderstel LESERS! Elke boek is 'n PRODUK en moet met sorg gemaak word. 

Die doel van selfpublisering is om "klein" en bekostigbaar te begin - en van daar af - wie weet?  Want terwyl die storie in jou laai is WEET jy daar kan NIKS mee gebeur nie. 


Om onder die aandag van uitgewers te kom, is kompetisies 'n fantastiese plek om te begin! Want dan weet jy jou manuskrip word gelees! My eerste boek is in 1992 gepubliseer. In 1994 het ek die Silwer Sanlamprys vir jeuglektuur  gewen wat publisteit gebring het - MAAAR 'n skrywer is net so goed as sy LAASTE boek! :) Dus moet mens altyd verder en altyd probeer verbeter en altyd nuwe en oorspronklike stories gaan soek - want die stories wat "werk" (mits dit goed geskryf is) is die NUWE/OORSPRONKLIKE stories. En ons leef in die land van stories! :) Stories is orals rondom ons. Ons moet dit net so neerskryf dat ander dit wil lees. 

Baie sterkte. Hou aan! Daar is 'n Afrika spreekwoord wat se: Dreamers hold onto their dreams when they are in trouble. 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen :) 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Jip :) P.O.D. staan vir Print on demand. Lulu.com - jip en baie ander ook - mens moet net google. 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts



Oor die kontrolelys - ek het vir Trisa gevra om dit te skrap, want ek is bang mense meen dat dit 'n volledige lysie is. DIT IS NIE. 

Soos ek genoem het in die stuk wat nou geskrap is - en ek haal aan:  "Om jou te help om soveel as moontlik self daaraan te redigeer, stel jou eie persoonlike kontrolelys op deur ’n opsomming te maak van jou aantekeninge. Op watter dinge moet jy let? Voorbeelde hiervan is, byvoorbeeld:" (Dag 39 uit Die land van stories)



Vir my is die doel van enige hulp aan voornemende skrywers om hulle te "help" om hulleself  "te help". 


Maak dus jou eie persoonlike kontrolelys uit jou eie ervaring ens. Ons is almal anders! En daarby is elke storie en elke genre ook nog anders! Maar probeer seker maak dat 'n ONBETROKKE leser jou storie boeiend en interessant sal vind. Wat my betref "tel" vriende en familie nie, want hulle in nie onbetrokke nie! 'n Wildvreemdeling moet kan aanklank vind by jou storie. DAN is dit 'n storie wat "werk". 


Dag 1: Voorstelle hoe om hierdie boek te gebruik



’n Reismetgesel

Hierdie boek is ’n storiemaakkursus aangebied in die vorm van ’n dag tot dag reis, ’n binnereis. “Skryf” is ’n eensame reis. (Leef is ’n eensame reis?) Hierdie boek kan ’n reismetgesel wees.


’n Ervaring

Die boek is vol inligting, praktiese raad, verskillende soorte skryfoefeninge en baie meer.  
            Baie van die raad en advies wat vir voornemende skrywers gegee word, is maklik om te verstaan, maar moeilik om toe te pas.
            Goeie raad en advies het gewoonlik net ’n blywende effek wanneer dit geabsorbeer word en deel word van ons lewens, wanneer jy dit herken as dinge wat jy eintlik geweet het, maar net nie voorheen bewustelik kon herroep nie. Dit is soos wanneer ’n mens ’n nuwe woord ontdek en jy binne ’n paar dae daardie spesifieke woord orals sien of hoor! Dit werk mos so! Hoekom? Omdat jy nou bewus is van die woord.
            Sien en hoor ons wat ons wil (moet?) sien en hoor? 

(Uit: Die land van stories)

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
novice - member
46 posts

Dankie Stephni, ek sal bietjie gaan loer by lulu. Martie, dis jammer jy't die lys geskrap, want daar is baie oulike idees in vir mense om te gebruik. [sit net 'n nota daarby dat dit nie volledig is nie]

__________________
Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter, don't mind.
regular - member
121 posts


Haai Nikita. Om te skryf is my lewe en my inkomste. Daar is dus vanselfsprekend kopiereg op aanhalings uit 'n gepubliseerde boek, behalwe dat dit nog ook dalk misleidend kan wees, soos ek uiteengesit het. 

Ek deel en het baie skryfwenke orals gedeel en die doen ek met liefde, maar die kontrolys is deel van 'n boek.  Ek is jammer dat dit so is. Ek sou graag AL my boeke verniet op die internet wou plaas - as ek dit sou kon bekostig wat ek nie kan nie. 

Lees gerus op http://martiepreller.wordpress.com/  wat kry skrywers vir hulle boeke. Ek het gekies om voltyds te skryf en ek moet leef met die gevolge van my keuse. En soms is ek spyt, maar meestal nie. 


__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Boskind - ek het jou geantwoord oor die Esob - het jy dit gekry? Jy het my dag gemaak! Dankie. 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
Page 1
posts 1–14 of 14

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now