Hoekom beweeg alles so vinnig hierdie tyd van die jaar? Ek sukkel om alles in my lewe onder beheer te hou op die oomblik en vir die eerste keer ooit voel ek opgelees. Ek het 'n hoop wonderlike boeke wat ek nog nie gelees het nie maar ek begin en los hulle sonder om regtig betrokke te raak by hulle. Ek dink ek het iets gekry wat sal help. Weet julle van LibriVox? Dis 'n werf vol gratis audioboeke wat in die publieke domein is. Word deur vrywilligers gelees en onderhou. Ek het vanoggend vinnig deur die katalogus gekyk en daar is baie waarvoor ek lus is. Ek wil begin met Thoreau se Walden maar dink dit sal my versugting na 'n rustiger lewe net versterk. Dalk eerder Tarzan of iets van Kipling. Dalk moet ek na Dickens luister sodat ek weer kan dankbaar wees om in hierdie eeu te leef!
Groete
Stephni
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member