Vanmiddag het ek 'n heerlike uitstappie na
Exclusive Books gehad, natuurlik om die geskenkbewys wat ek van SêNet ontvang
het, te gaan spandeer. Voordat ek gegaan het, het ek geweet presies wat ek gaan
koop want ek hou die boek nou al 'n rukkie lank dop. Dit is Die boek van Ester
van Wilna Adriaanse. Die moeilikheid het begin by die bedraggie wat oorgebly
het, dit kon ek immers nie net so verlore laat gaan nie.Dis seker omdat die
ander boek reeds in my gedagtes was, wat dit sommer in my hande ingespring het.
Ek kon nie help nie, ek moes eenvoudig Dot Serfontein se Vrypas ook hê, so het ek
toe maar vrywilliglik die bedraggie inbetaal. Ek het nie baie tyd nodig om geld
uit te gee nie, veral as dit by boeke kom. Ek het altyd 'n boek of twee, selfs
meer in my agterkop.
Maar, eers moet ek nou Barak Obama se boek lees. My vriendin het dit vir my geleen en sy sit soos 'n voëltjie wat oopbek wag vir sy kos, om te hoor wat my opinie oor die boek is. Ek sal weldra vir julle vertel hoe ek die boeke geniet het. Dis altyd lekker as daar 'n paar boeke op my bedkassie lê en wag. Veral as dit almal my eie is, dan het ek mos tyd.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member