Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
23 views

Wenke oor kontreistories

Page 1
posts 1–2 of 2
regular - member
198 posts

Na byna twee weke sonder die rekenaar, is ek nou weer op die lug.  Het 'n ou goggatjie gehad wat die blikbrein gescramble het en die roereier probleempie het my baie geld gekos. Grrrrrrrr.
Die ergste is dat al my webwerwe wat ek by skryfburo gehad het, nou weg is - soos in weg-weg en nou moet ek weer almal gaan soek en opsit.  Net so party dae verpes ek tegnologie.

Stem staan, beide Rapport en Huisgenoot se boekbylaes die maand is puik.  Ek hoop net hulle handhaaf daardie peil.

Hey Annamarie ek sien jou nuutse boek is in Leserskring se nuwe brosjure opgeneem.  Dit is 'n groot kompliment - Welgedaan en doet so voort.   Met die wat ek nou so buite orde was, het ek baie dinge gemis - laat as ek iets belangriks gemis het.

Was enige van julle by vanjaar se Versindaba op Stellenbosch? Vra maar net,  Ek het dit die jaar gelos, maar sal graag wil weet wat alles daar gebeur het.

Met die jaar wat so byna op sy rug lê, is ek al weer aan die beplan vir 2010 se program vir die skrywersburo. En van die dinge wat ek wil behandel is die vereistes en bepalings vir die skryf van kontreistories.

As enigiemand van julle weet waar ek sodanige inligting kan kry, sal ek bly wees as julle my laat weet.

regular - member
118 posts

Dankie, Anita!

My ander boeke was ook deur Leserskring verkoop en ek is bly om te hoor Windkant verskyn nou in hulle brosjure. Leserskring is 'n goeie manier om mense op die platteland wat nie naby boekwinkels is nie, darem ook die geleentheid te gee om boeke te koop.

Ek is bly jou rekenaar is weer gogga-vry!


__________________
Annemari
Page 1
posts 1–2 of 2

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now