Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
284 views

Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

Page 1 · 2
posts 1–20 of 27 newer >
superstar - founder
993 posts


Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009

Boekemakranka het verlede jaar hierdie Leeslys saamgestel, nadat mense hulle gunsteling-boeke genomineer en daarvoor gestem het. Die Leeslys is wyd ondersteun, en verskeie boekwinkels en biblioteke het dit gebruik.

Vir baie boekwurms is dit moeilik om te glo dat daar mense is wat raad nodig het oor boeke om te lees, maar dit is juis na die soveelste persoon wat raad gesoek het oor skrywers en boeke, wat die idee gebore is.

Die terugvoer na die eerste lys was oorweldigend, en die tyd het aangebreek vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009. Die doel van die Leeslys is nie om die oppergesag oor die beste boeke in Afrikaans te wees nie, maar om lesers se subjektiewe voorkeure op informele wyse weer te gee.

Nominasies word ingewag vir jou gunsteling-boeke, tot 31 Oktober. Daarna kan gestem word, en die 100 boeke met die meeste stemme sal dan Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 vorm.

· Die boeke moet geredelik beskikbaar wees in winkels en biblioteke.

· Dit moet jóú gunsteling-boeke wees, nie dié wat jy dink gaan goed lyk op ʼn lys, of waarvan jy net gelees het nie.

· Boeke oor stokperdjies en selfhelp-boeke sal nie oorweeg word nie.

· Groot sorg moet asseblief gedra word dat skrywers se name en titels van boeke korrek gespel is.

· Slegs nominasies wat in die volgende formaat ontvang word, sal oorweeg word: Van Voorletters,Titel

· Geen spasies voor of na komma nie, ook geen spasies of punte tussen voorletters nie. Doen dit so:

Preller Martie,Vandag is nie gister nie

Van Heerden Etienne, Asbesmiddag

Brink André P,Ander lewens

Scholtz AHM,Vatmaar

Nominasies kan gestuur word aan leeslys@icon.co.za of hier op die Boekemakranka forum geplaas word.


__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
1 posts

Ek het van Wit oemfaan gehou toe ek jonger was en het hom sekker tien keer gelees.. dit gaan oor n seun wat verlore raak in die voor treker tyd en dan saam met die zoeloes bly!

Kan glad nie onthou wie dit geskryf of ge publiseer het nie..

Danou van Rensburg

superstar - founder
993 posts



Om die bal aan die rol te kry, nomineer ek vir eers die volgende:

Du Plessis PG,Fees van die ongenooides
Botes Annelie,Thula-thula
Serfontein Dot,Vrypas
Nagtegaal Jackie & Reinet,In Limbo
Preller Martie,Vandag is nie gister nie
Paul Chanette,Springgety
Luyt Connie,Lang skaduwees in Afrika
De Kock Helene,Dieper water


__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
118 posts

Goeie plan, Trisa. As iemand reeds die boek wat jy wou benoem, genomineer het, dan stuur jy seker nie weer die titel en outeur in nie, nie waar nie?

Ek wou juis Fees van die onge"mooi"des genomineer het. :)

__________________
Annemari
superstar - founder
993 posts

Nee, as hy genomineer is, en jy sien hom hier is dit reg. Die program gaan self duplikate uitgooi. So laat waai met jou gunsteling Afrikaanse boeke, in die formaat soos genoem! Ons begin van voor af, vars en nuut.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
50 posts

Ai, ek het so 'n lang stuk hier getik toe sluk die kuberruim dit in.
Ek kom nou eers agter hoe min ek die afgelope jaar gelees het, so rof was my lewe. Dan lees ek nog graag Engels ook.
Ek het wel 'n baie besonderse Afrikaanse boek gelees. Dit gaan nie noodwendig vir julle almal interesseer nie. Dit is 'n boek met die naam Miriam Dans en is saamgestel deur Elise van Wyk. Dit is ook in Engels beskikbaar. Dit is die dapper verhale van sowat 25 gay vrouens. Plek-plek wil jy huil, soms weer lekker lag. Dis baie keurig versorg en werklik 'n moeiete werd om te lees boek.

__________________
En die dag het gekom dat die waagstuk om styf in 'n knop te bly meer pynlik was as die waagstuk om te blom - Anais Nin
rookie - member
9 posts

Haai julle,

Ek is 'n groot aanhanger van mooi Afrikaanse boeke, maar Annelie Botes skryf vir my soos min ander kan... daarom lyk my nominasies as volg.

Botes Annelie,Broodsonde
Botes Annelie,Raaiselkind
Botes Annelie,Thula Thula
Botes Annelie,Sabatsreis
Van der Vyver Marita,Griet skryf 'n sprokie

Ek sal dalk nog later byvoeg.

Eisj, Bidspringkaan het laas jaar se lys gehaal? Is ek die enigste een wat dit nie gevang het nie? Ek dink soms Andre P Brink is te slim vir my. Miskien was ek net nie in die regte bui nie.

superstar - founder
993 posts



Dankie, Marries, ek het bygevoeg. Ek stem met jou oor Bidsprinkaan. Dis seker die eerste Brink wat ek halfpad neergesit het. Veral die tweede helfte het vir my so half afgerammel gelyk, deur beide skrywer en redigeerder.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts



Nominasies tot dusver:

Adriaanse Wilna

Met ander woorde

Anker Willem

Siegfried

Baker Eleanor

Die Ander Martha

Baker Eleanor

Die kwart-voor-sewe-lelie

Baker Eleanor

Die nes

Baker Eleanor

Dossier van 'n gyseling

Baker Eleanor

Weerkaatsings: 'n sprokie

Baker Eleanor

Verbeelde werklikheid

Bakkes Margaret

Elegie vir ʼn Onbekende

Barkhuizen le Roux Christine

Waar koek en wyn ontbreek

Behr Mark

Die reuk van appels

Bloemhof François

Hostis

Bloemhof François

Storieboek

Botes Annelie

Klawervier

Botes Annelie

Raaiselkind

Botes Annelie

Sabbatsreis

Botes Annelie

Thula-thula

Botes Annelie

Trippel Sewe

Brink Andre P

Donkermaan

Brink André P

Ander Lewens: ‘n Roman in drie dele

Brink André P

Houd-den-bek

Brink André P

'n Droë wit seisoen

Brink André P

'n Oomblik in die wind

Brink Tobea

Hemelklip

Brümmer Willemien

Die dag toe ek my hare losgemaak het

Coetser Annemari

Langverlof

Coetser Annemari

Oop Kaarte

Coetser Annemari

Windkant

De Kock Helene

Dieper water

De Kock Nadia (samesteller)

Viersprong

De Vries Izak

Byna Liefde

Deon Meyer

Infanta

Dido EKM

'n Stringetjie blou krale

Du Plessis PG

Fees van die ongenooides

Du Plessis PG

Het olifante elmboë

Du Plessis PG

Koöperasiestories

Ferreira Engemi

Die jaar toe my ma begin sing het

Ferreira Jeanette

Babette

Ferreira Jeanette

Catharina

Ferreira Jeanette

Charlotta

Fourie Corlia

Alle paaie lei deur die strand

Fourie Corlia

Liefde en geweld

Gilfillan JM

Glas

Goosen Jeanne

'n Pawpaw vir my darling

Goosen Jeanne

Ons is nie almal so nie

Greeff Rachelle

Alles behalwe die geheim van my whiskies

Greeff Rachelle

Die rugkant van die bruid

Greeff Rachelle

Onwaarskynlike Engele

Gunter Helena

Op ʼn plaas in Afrika

Hobbs Marlize

Flarde

Hough Barrie

Skilpoppe

Jeanne Goosen

Ons is nie almal so nie

Johnita le Roux

Die dagstêrwals

Jooste Pamela

Môrester

Joubert Elsa

Die Reise van Isobelle

Joubert Elsa

ʼn Wonderlike geweld

Joubert Emile

Kouefront

Joubert Irma

Tussen Stasies

Kalmer Harry

En die lekkerste deel van dood wees

Kalmer Harry

Groceries

Kapp Sophia

’n Nuwe lente

Kapp Sophia

Die erflating

Kapp Sophia

Waar die hart is

Karin Cronjé

Vir ʼn pers huis

Kemp Regina

Debora de Waal en die baba blues

Kemp Regina

Facials op 'n vliegtuig

Kombuis Koos

Raka die Roman

Kotze E

Die wind staan oos

Le Roux Johnita

Een vir die Wolfskof

Louw Anna M

Die donker kind

Louw Anna M

Kroniek van Perdepoort

Luyt Connie

Lang skaduwees in Afrika

Maartens Maretha

Jacoba Afrikaner

Matthee Dalene

Brug van die Esels

Matthee Dalene

Die Uitgespoeldes

Matthee Dalene

Fiela se Kind

Matthee Dalene

Kringe in ʼn bos

Matthee Dalene

Moerbeibos

Matthee Dalene

Pieternella van die Kaap

Matthee Dalene

Susters van Eva

Matthee Dalene

Toorbos

Müller Petra

Desembers

Müller Petra

Die omtes van die hart

Murray-Theron Erika

‘n Tapisserie Met Klein Diere

Murray-Theron Erika

Die Mezzanine-klub

Murray-Theron Erika

Sê Maria

Murray-Theron Erika

Verblyf

Nagtegaal Jackie

Daar’s vis in die punch

Nagtegaal Jackie & Reinet

In Limbo

Nel Abrham

Heita Kiewietan

Nel Abrham

Willemien word groot

Paul Chanette

Boheem

Paul Chanette

Fortuin

Paul Chanette

Leila word lig

Paul Chanette

Springgety

Paul Chanette

Springgety

Paul Chanette

Vlerkaf

Phillips Fransi

Die donker god

Phillips Fransi

Teresa se droom

Pistorius Micki

Sorg

Preller Martie

Vandag is nie gister nie

Reinet Nagtegaal

Abra K’dabra: ‘n Roman

Roos Zuretha

Die verdwyning van Mina Afrika

Rust Winnie

Martha

Scheepers Riana

Die heidendogters jubel

Scheepers Riana

Dogters van Afrika

Scheepers Riana & Thabo Nicci (Samestellers)

Die Melkweg het ʼn ster laat val

Serfontein Dot

Vrypas

Sleigh Dan

Eilande

Stamatélos Pat

Die val van die dice

Stamatélos Pat

Kroes

Therese Benadé

Anna, dogter van Engela van Bengale

Troskie Anchien

Nooit is ʼn lang, lang tyd

Van der Vyfer Marita

Die hart van ons huis: 'n skrywer in

Van der Vyfer Marita

Griet kom weer

Van der Vyfer Marita

Griet skryf 'n sprokie

Van der Vyfer Marita

Stiltetyd

Van der Vyfer Marita

Wegkomkans

Van Heerden Etienne

Toorberg

Van Heerden Etienne

30 Nagte in

Van Heerden Etienne

Asbesmiddag

Van Heerden Etienne

In stede van die liefde

Van Niekerk Marlene

Agaat

Van Niekerk Marlene

Triomf

Van Rooyen Engela

Vuur op die Horison

Van Rooyen Nanette

Chinchilla

Van Rooyen Nanette

te vlerk

Van Tonder Jan

Die kind

Van Tonder Jan

Is Sagie

Van Tonder Jan

Roepman

Viljoen Lettie

Karolina Ferreira

Von Meck Anoeschka

Annerkant die longdrop

Von Meck Anoeschka

Vaselinetjie

Willie Esterhuyse

God en die Gode van Egipte

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
1 posts

Lotter Elbie - Dis ek anna
Brink Andre - 'n Vurk in die pad

__________________
Nora Trilling (c)
novice - member
50 posts

Baker Eleanor    -    As 'n Pou kon vlieg

__________________
En die dag het gekom dat die waagstuk om styf in 'n knop te bly meer pynlik was as die waagstuk om te blom - Anais Nin
rookie - member
2 posts


Hello...
Ek is nie seker of dit enige boeke kan wees soos bv. kinder boeke of kortverhaal bundels nie.  Want - In Die Tyd van die Esob - bly my gunsteling boek.  Elke keer as ek dit lees het dit vir my 'n ander betekenis en ek het dit regtig nie verstaan toe ek 13 jaar oud was nie!  Dalk is dit net ek wat nog wil klein wees...  

Preller Martie,In Die Tyd Van Die Esob
Preller Martie,Anderkantland
Botes Annelie,Raaiselkind
Lotter Elbie,Dis ek, Anna
Matthee Dalene,Kringe in 'n Bos
Matthee Dalene,Toorbos
Matthee Dalene,Om 'n Man Te Koop
van der Vyver Marita,Griet skryf 'n Sprokie
van der Vyver Marita,Die Dinge van 'n Kind
Brink Andre P,Donkermaan

Dit is al waaraan ek nou kan dink!

__________________
Do not fear when your enemies criticise you. Beware when they applaud. VO DONG GIANG, TIME MAGAZINE, 1978.
rookie - member
2 posts

So ek wil net seker maak... As iemand die boek wat jy wil nomineer klaar gelys het dan hoef jy dit nie te noem nie?  Gaan AL die boeke wat deur die mense genoem word, op die finale lys verskyn waarvoor daar dan gestem kan word?

Het net gewonder!

Dankie!

__________________
Do not fear when your enemies criticise you. Beware when they applaud. VO DONG GIANG, TIME MAGAZINE, 1978.
superstar - founder
993 posts

Dankie, Boskind! Ja, as die boek klaar gelys is, hoef jy dit nie weer op te sit nie. En ja, AL die boeke wat genomineer word, kom op die finale lys waarvoor gestem word. Ek sal teen Maandag weer 'n opgedateerde lys opsit, baie mense stuur per epos vir my boeke aan.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts


Boskind en almal wat lees - nou ja - hier gebeur dit weer - altyd effens onverwags - ek weet nie hoekom ons nog verbaas is nie - hoe die lewe verweef werk en hoe ons paaie op vreemde maniere kruis met "geskenke" vir mekaar as mede-reisigers in die lewe. Die een begin 'n forum en die ander een sluit aan en ... en ... en ... 

Om 'n boek te skryf is om soos 'n klippie in die water te gooi. Jy weet nie waarheen dit gaan nie of waar dit raak nie. En dit maak ook nie saak nie want die storie moet op sy/haar eie pootjies staan, maar dis heerlik om soms te hoor wat iemand anders daarvan gemaak het. Dus is dit heerlik om hier te lees dat In die tyd van die Esob jou geraak het, Boskind. En 13 is sowaar effe jonk vir daardie boek! :)  

Ek het sopas 'n volwasse roman gepubliseer, Boskind - Vandag is nie gister nie. Gaan lees op my webwerf www.martiepreller.co.za die storie AGTER die storie van die roman. Jy sal glimlag! Gaan kyk wie is die karakters in die volwasse roman ... hulle het net ouer geword ... 

Ek lees daar is 'n boek in die pyplyn - cooool! Laat weet my. My e-posadres is op my webwerf. Pryse en lyste en sulke dinge is natuurlik wonderlik, maar vir my die lekkerste lekker van alles is om te hoor van iemand wat iets vir hom/haarself uit een van my boeke kon kry. Want ek weet hoe baie ek al uit ander se boeke gekry het. 

So gee ons vir mekaar heen en weer "geskenke" - soms in die "werklike" lewe en soms deur ander mediums. 

NS. En ek is al horingoud  ... en ek skryf nog vir kinders :) Daar is iets baie spesiaal daaraan om vir kinders en jongmense te skryf. Om die verbeelde gebeure te skryf uit die perspektief van 'n kind of 'n jongmens. Daar is buitendien steeds en altyd 'n kind in elkeen van ons :)  


__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts

Ek wil graag teen more-middag weer 'n opgedateerde lys op Boekemakranka plaas van nominasies tot dusver van jou gunsteling-boeke. Sien inskrywing.

 

Vat nou 'n ou tydjie en vertel bietjie vir ander watter Afikaanse boeke het jy die afgelope tyd geniet. Dalk inspireer dit hulle ook om dit te lees!

 

Kom plak dit sommer hier as kommentaar in die formaat Skrywer van voornaam,Titel

 

Lees is lekker!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Hier is my lysie.  Oor omtrent elkeen van hierdie boeke het ek een of ander tyd iets te sê gehad op http://mykopop.wordpress.com - google maar.

Krog Antjie,Met woorde soos met kerse
Barnard Chris,Oulap se Blou
Van der Vyfer Marita,Franse Briewe
Du Plessis Hans,Verbrande paradys
Kotze Willem D,T’sats Van die Kalahari
Ferreira Jeanette,Die son kom aan die seekant op
Vos Cas,Die afdruk van ons hande
Lochner Tossie,mama mia! ITALIЁ
Frank Anne/Krog Antjie,Die agterhuis
Pienaar Antoinette,Kruidjie roer my

M.K. ek weet jy het gesê geen selfhelp-boeke nie en lg. val seker in daardie kategorie, maar met die storietjies tussen-in gaan dit tog vir my deur as prosa.

daneou, Wit oemfaan is deur F.A. Venter geskryf, maar dit tel seker nie hier nie, want dis nie geredelik beskikbaar nie.  Ek wou eers sê dieselfde skrywer as die Fanie-reeks, maar die was deur P.J. Schoeman.  Ek dink jy moet Die son kom aan die seekant op van Jeanette Ferreira lees.

superstar - founder
993 posts

Dankie, Kop. Hierdie is 'n weldeurdagte lysie, en ek voeg by. Ek het wel al Die son kom aan die seekant op gelees. Jeanette skryf baie lekker leesbaar.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1 · 2
posts 1–20 of 27 newer >

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now