Ek het jare gelede al gevoel dat ek wil deel wat ek geleer het deur te skryf. Soos julle weet is Die land van stories - 'n praktiese storiemaakkursus - vir almal met 'n liefde vir stories bekendgestel.
Ek het nou ook 'n aanlynskryfkursus saamgestel wat gebaseer is op die boek, indien iemand voel dat hy/sy meer hulp nodig het. Dis alles uiteengesit op my webwerf http://www.martiepreller.co.za en op vier (!) Wordpress Blogs (Dankie Nikita en Kop dat julle my weer herinner het aan Wordpress blogs met julle blogs!)
Ek dink, soos ek al baie gese het, dat as almal deel wat vir hulle spesiaal is, die wereld 'n beter plek sal wees, soos almal hier ook doen.
Dankie, nogmaals, aan almal wat gehelp en ondersteun het.
Ek vertrek nou op verdere storiereise :) Iets is vir my voltooid. 'n Ontdekkingsreisiger is ek. In die land van stories, wat reg rondom ons is en soms selfs in die spieel!
"I am only one; but still I am one. I cannot do everything, but still I can do something. I will not refuse to do the something I can do." Helen Keller
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member