Watter boekwinkels in julle onderskeie gebiede vind julle is entoesiasties oor boeke en veral dan ook Afrikaanse boeke? Hier is moontlikhede vir nog 'n lysie, Trisa?
Ek soek sulke soort inligting want ek wil in November my boeke vir paar geselekteerde boekwinkels gee as hulle belangstel. Soos ek al vertel het, vat boekwinkels 40% van 'n boek se prys en sal ek daarom myne se prys effe moet opstoot om darem nog iets te maak vir al my moeite.
Sommige boekwinkels soos Kalahari vereis ook dat 'n verspreider die boeke het vanwaar hulle die boeke kan kry as daar 'n bestelling is. Ek verstaan dit uit hulle oogpunt. Dit maak alles makliker en eenvoudiger. Maar ongelukkig wil die verspreider (natuurlik) ook 'n gedeelte van die boek se prys he vir hulle moeite.
Sjoe (uit die skrywer se perspektief)
En sjoe (uit die boekliefhebber se perspektief)
En sommer nog 'n paar sjoe's
En dis ons samelewing en so moet ons lewe, so goed ons kan. En doen wat ons moet. :)
En sela.
eBooks in Lynnridge Mall (hulle het ander takke ook) in Pretoria - baie Afrikaanse volwasse boeke, baie Afrikaanse kinderboeke en selfs heelwat Afrikaanse digbundels. Ook oulike Engelse kinderboeke (en baie Asterix boeke), SA Engelse fiksie, handwerk & kookboeke en plantboeke en Suid-Afrikaanse nie-fiksie. Hulle is ook Saterdae oggende by die Boeremark. En hulle is gaaf en vriendelik - en (hoor ek onlangs) lees somtyds hier :)
Ek het hier in Dbnvlle 'n baie oulike boekwinkel ontdek. Sy doen baie inruil en tweedehands ook. Dalk weet jy van haar, Martie? Die vroutjie is vlot tweetalig, self 'n ywerige leser. Dis My Bookshop - Tel 021 9755733, dis by die Spar in Aurora.
Verder is daar dan natuurlik die gewone Exclusive in TV sentrum. Hulle is vir my bv. baie meer opgewonde oor boeke as die een in SS Mall!
Dis dan my bydrae!
Ken net die boekwinkel by Checkers. Die het my baie ingelok. Tweedehandse boeke. Ken nie eintlik die voorstede nie. Het orals rondgegaan met 2 kleintjies aan die hand. Dankie vir info,
Okay. Thanks. Ek was jare gelede by Sunnyside, dink ek, se Exclusives en die was ook propvol Afrikaanse boeke.
Sunnyside se Exclusives bestaan al vir 'n rukkie nie meer nie. Die sentrum het baie agteruitgegaan maar is onlangs heeltemal oorgedoen. Ek dink ek voel oor die Exclusive Books in Menlyn soos ek oor die sentrum in die algemeen voel. Ek gaan soontoe maar ek soek altyd iets spesifieks en ek probeer so gou moontlik klaar kry. Die winkel is baie keer vol en besig en dis nie altyd vir my lekker om daar te wees nie maar dit gaan oor hoeveel boeke hulle verkoop en die blootstelling wat jy sou kry. En hoe bepaal mens dit nou? Daar is twee rakke Afrikaanse boeke reg by die kasregisters (en meestal iemand wat daar staan en kyk) maar nie vreeslik Afrikaanse kinderboeke nie.
O genade, Stephni, Dan is dit ook weg. Ai. Dankie vir die input. Sal dalk die ebooks probeer, maar ek kou nog swaar aan die daai 40% veral as hulle die boeke net erens op 'n rak prop- en daar is so baie boeke!. Ek sal sien hoe gaan dinge aan. Ek is nie baie begaan oor die roman nie - dis net nog 'n storie, maar die storiemaakboek is uniek in Afrikaans en dit WERK actually, want ek het al die goed so vir mense aangebied in werkswinkels en dit werk - vir elkeen anders, maar dis soos dit moet wees. En ek weet baie mense is desperaat om te skryf. Maar nou ja. Ons doen almal wat ons kan. Meer kan ons nie.
Ek het vergeet daar is twee boeke :) Exclusive Books het 'n rak vir boeke oor skryf - goed soos Eats Shoots & Leaves maar ook boeke wat meer lesse het oor fiksie skryf of besigheidskryf en so aan. Dit sal dan darem daar wees waar mense na so iets sal gaan soek. Dalk goed om dit spesifiek so te vra. Ek het nou al 'n paar keer by die CNA in Lynnridge Mall eksplisiete seksuele chick lit by die kinderboeke gekry. Hoofsaaklik agv die bladontwerp dink ek.
Ooo, okay ja. Stephni. Dit klink okay. Ek was laas in Johannesburg in vrede in 'n Exclusives :) Daarna Kaap toe en toe by kinders gebly vir 'n ruk en altyd die 2 woeliges in tou gehad :) En hier in Hermanus is ander cool boekwinkels, maar natuurlik nie Exclusives nie. Hmm Ja. okay. Ek probeer fokus op die bemarking van die storiemaakboek - want daar is anyway so baie Afrikaanse romans in omloop- daai roman moet maar net aan, of nie. Okay jaaa. Dankie. Miskien moet ek wag tot ek dalk die werkswinkels daar boe (!) in JHB gaan doen en dan self gaan praat met die winkels en die boek saamschlepp. Maar dit sal waarskynlik eers volgende jaar wees. Jinne tog, jaar is amper weer daarmee heen! Waterfront se Exclusives ook gaan kyk as ek weer in die Kaap is - maar dan gewoonlik ook saam met kinders en die kleintjies in tou :) Verander ek in ouma! Okay ja- dankie alle inputte. 'n Mens wonder wat jy moet doen en dit help altyd om alle moontlike input te kry.
Cresta se EB word deur Charmaine bestuur - 'n baie aangename Afrikaanssprekende girl. Haar man bestuur EB in Clearwater mall. Blykbaar kook daai boekwinkel.
Moet ook nie Estoril vergeet nie. Die een in Cresta het 'n baie groot Afrikaanse rak, Martie. Groter en met 'n beter verskeidenheid as enige EB wat ek nog gesien het. Die aankoper by Cresta Estoril is Janet ('n ouer vrou, ook aangenaam).
Ja, ja Estoril! Eintlik het ek meer van hom gehou - BAIE boeke en meer plek. E maak my soms effe benoud - te veel boeke en die rakke te na aan mekaar. Okay - dankie!
Ek land net so af en toe in Stellenbosch en het daar al heelwat verrassings raakgeloop.
a: Daar in 'n buurt genaamd: Die Boord, is 'n klein sentrum wat 'n lekker Boekwinkel met baie Afrikaanse boeke het. Selfs hope kinderboeke.
b: Dan is daar ook die Protea Boekwinkel in Stellenbosch
c: Die Somerset Mall het ook 2 gewone boekwinkels wat heelwat Afrikaans aanhou. EB en Wordsworth. Hier kon ek van Jan Spies, PG ens. tot by Stef Bos En Loftus se digbundels kry. Ek het ook 'n boek: "Malisel en die Tweeling, W.A hickey" daar laat bestel en gekry.
d: Dan is daar ook heelwat geestelike boekwinkels in die Somerset Mall
Van Somerset Mall gepraat, ek was nog altyd meer beindruk met Wordsworth daar as met Exclusive's.
Ja! Toe ek in Gordonsbaai gebly het, het ek dit ook so ervaar. Ek kan trouens nou nie eers mooi onthou waar EB is nie - maar ek weet waar W is. Boekwinkels se sukses hang seker maar ook af van wie dit bestuur.
Ek het een maal in JHB EB in Cresta gebel om te hoor of hulle 'n boek het. Toe antwoord die een wat antwoord amper oombliklik: No - Sorry it is out of stock.
Vra ek toe of sy dit sal bestel vir my.
Laaaaang aarseling en toe wou sy weet wat nou weer die boek se naam is ... Hmmm. Dis hulle stock antwoord dat dit out of stock is ... Minder moeite vir hulle?
Ek moes gevra het om met die bestuurder te praat - maar ag tog - mens raak so uitgeput van baklei.
Boekehuis in Mellville (amper Aucklandpark), onder bestuur van Corina van der Spoel is baie entoesiasties oor boeke. Daar is altyd 'n goeie voorraad Afrikaanse boeke, insluitend digbundels. Hulle het my eenkeer gevra of ek my naam op hulle e-poslys wil sit, wat ek toe gedoen het. Ek kry gereeld e-posse van hulle oor voorlesings ens. wat daar gehou word, ek dink daar is dikwels ook iets vir die kinders. Ek moet sê die meeste is in Engels, die enigste wat ek nog bygewoon het was die van Loftus Marais en Ronelda S. Kamfer.
Martie ek was nou onlangs by EB in Cresta, ons kom nie so baie in Cresta nie, ek was darem veras om, nadat ek die winkelsentrum as baie meer Engels ondervind het, daar meer Afrikaanse boeke te sien as in EB Clearwater.
Dankie Kop. Ja. Ken Boekehuis goed. Corina ook. Wonderlike plek en C is fantasties. Een van daai regte egte ware begeesterde persone oor boeke. Ek het al drie werkswinkels daar aangebied paar jare gelede. Ek is ook op die e-poslys. Lieflike boeke-oase in die stad.
Ken Clearwater nie eintlik goed nie.
Dis seker van al die raas wat EB in Cresta darem Afrikaanse boeke het :) Ek het gereeld geraas. Ek weet van baie wat het. Daar is baie Afrikaanssprekendes daar - met die groot Afrikaanse skole reg rondom Cresta omtrent.
Mense moet ook net lawaai maak en boekwinkels vra om boeke te bestel wat nie daar is nie. Hulle moet as jy die uitgewer en die titel en skrywer verskaf. Dan betaal hulle die posgeld!
Maar soms word mens moeg om te baklei.
Dankie vir die input.
Protea Boekwinkel in Stellenbosch, onder Louis Esterhuizen se bekwame bestuur, is nie net 'n goeie boekwinkel nie, maar 'n "lekker" boekwinkel ook. Dan natuurlik Book Cottage in Hermanus, waaroor ons al gepraat het.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member