Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
18 views

Tong in die Kies, deur Delene de Wet nou in klank

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts



Tong in die Kies, geskryf deur Delene de Wet (jongste dogter van wyle Danie van Eeden – KRUIK, SABC), is reeds al ‘n ruk op die mark beskikbaar en is ‘n bundel met verse, ballades, kortverhale en lekker gesels, ‘n gesprek met die leser.  Hierdie 195 bladsy boek is al deur talle lesers opgeraap en het heelwat sukses bereik, nie net in ons eie land nie, maar so ver as Suid-Korea, New Zeeland, Australië, België, Verenigde Koninkryk, ens.  Nietemin, het die boek steeds ‘n behoefte geskep en ons is baie dankbaar om uiteindelik hierdie wonderlike geleentheid met u te deel.

So baie lesers het vir ons deur die loop van hierdie boek se uitreiking onder die neus gevryf dat dit wonderlik sou wees indien Delene self die boek sou voorlees, want haar manier van tonasie en oordra, gee beslis haar woorde nuwe en gekleurde betekenis.  Hierdie audio weergawe van die boek vul ‘n baie groot leemte wat nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal gevul moet word.  Menige verbruikers in die mark is nie noodwendig ‘n lees persoon nie, maar wel ‘n luister persoon.  U sal met my saamstem dat in vandag se gejaagde lewe daar maar soms min tyd is om werklik met ‘n bundel opgekrul te sit, ‘n mens se passie en stokperdjie te beoefen.  Delene maak haarself nou toeganklik met die nuwe weergawe wat nou bekendgestel word.  Nou word die nie-leser, die besigheidspersoon wat min tyd het, die visueel gestremde en  selfs diegene wat wel lees, maar graag dit in die skrywer se oorspronklike voorneme sou wou ervaar, die geleentheid gebied.  Die interaksie tussen die skrywer en die luisteraar word tot ‘n totale nuwe kerf geneem.


 U is ook seker bewus daarvan dat daar ‘n geweldige groot leemte in die mark bestaan vir die blinde aanhanger, aangesien daar blykbaar in SA slegs audio media beskikbaar in kasset formaat is, behalwe vir een of twee organisasies.  Hierdie produk van Delene, bestaan uit die bundel gelees in normale klankbaan cds, sowel as audio dvd en mp3 formaat cds.  Ek is baie seker dat hierdie baanbrekerwerk is, nie net nasionaal nie, maar wel ook internasionaal.  So ver dit my kennis strek is Delene moontlik die eerste Suid-Afrikaanse outeur wat haar eie skrywe nou ook in audio formaat beskikbaar stel.  Sy het die volle boek gelees, opgeneem en verwerk.  U sal met my saamstem dat, as gevolg van die gesprek wat Delene met die leser voer deur middel van haar skrywe, beslis haar tot in jou voorkamer sal bring, en dus die luisteraar meteens deel sal maak van die gesprek.


 Met hierdie brief wil ons u graag nooi om deel te wees van die bekendstelling van die audio boek, omdat ons glo dat u werklik die uniekheid daarvan sal en kan insien en dit vir ons almal baie opgewonde laat.  U bekendheid met die algemene publiek en media betrokkenheid sal ons die geleentheid bied om hierdie eg Suid-Afrikaanse outeur en haar produkte verder uit te brei deur middel van bekendstelling en blootstelling.


 Soos u tereg in haar webwerf (http://delenedewet.webs.com/index.htm) sal opmerk, is hierdie dame iemand van vele talente en kan werklik die algemene in ‘n kleurvolle en betowerende sprokie verander, eg aan Delene.


 Tong in die Kies (bundel) is steeds huidiglik beskikbaar teen R100 en die Audio weergawe word nou tydens die bekendstellingsfase, beskikbaar gestel teen R150 (mp3 disc, of audio dvd of hoëtroustel cds x5).  Beide produkte kan ook aangeskaf word as ‘n stel teen die promosionele prys van R230.


 Kontak gerus vir Delene by delenedewet@polka.o.za of 083 539 6551 vir enige verdere navrae.  U kan gerus ook met my in verbinding tree by cjwiid21@gmail.com.


__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now