’n Jaar ná haar dood op 1 Oktober 2008 besef ’n mens hoe lewend Audrey Blignault nog in die geheue van die Afrikaanse kultuur is. Die uitsonderlike verkoopsukses van die briewebundel ’n Blywende vreugde van 2008 onder redaksie van Petrovna Metlerkamp was die stimulus vir Tafelberg-Uitgewers om Audrey Blignault se dogter, Marié Heese, te nader om ’n nuwe bloemlesing uit haar moeder se essays saam te stel.
Heese, ’n skrywer en literaror uit eie reg, skryf met insig oor die uitdaging en problematiek waarvoor hierdie versoek haar gestel het in die inleiding tot haar uit eindelike andersoortige “bloem lesing”. Dit sou ’n haas onbegonne taak gewees het om ’n bloemlesing saam te stel wat op eiesoortige wyse sy plek naas die drie reeds bestaandes sou kon inneem: Nog tans sal ek jubel en Mal Hansie en ander verhale, saamgestel deur Elize Botha, en ’n Oulap se rooi, ’n keuse van humoristiese essays deur Berta Smit.
Hierdie wete het gelei tot Heese se skitte rende ingewing om ’n keuse uit haar ma se essays te maak waardeur Blignault haar eie lewens verhaal vertel. Met haar keuse en die chronologie wat sy daaraan opgelê het, het Heese ’n literêre kragtoer uitgevoer en terselfdertyd ’n ideaal wat haar ma lank gekoester het om haar outobiografie te skryf postuum in vervulling laat gaan.
Die rubrieke waarin Heese die outobiografie verdeel, verteenwoordig die verskillende fases in die vrouelewe wat daarin voltrek word. Blignault het wel vyf outo biografiese essays geskryf wat met haar 80ste verjaarsdag verskyn het onder die titel “Dit reën rose”.
Deel 1 gee soos hierdie bundel ’n beeld van Blignault se kindertyd. Die essay “The splendour falls” bevat die essensiële antwoord na die oorsprong van Blignault se liefde vir die woord en haar skryfambisie deur ’n ver beeldings ryke onderwyseres. Toe Blignault baie jare later die rubriek “Uit die dagboek van ’n vrou” in die destydse Sarie Marais (nou Sarie) behartig het, het sy ontdek dat wat sy as gewone dagboek inskrywings beskou het, eintlik essays was en só haar genre ontdek waardeur sy haar literêre bydrae kon maak. Dit is die gepaste voltooiing van ’n kring loop dat Heese die titel van die destydse rubriek vir die outo biografie gekies het. Vir my is Deel 1 ongetwyfeld die boeiendste met ’n literêre kwaliteit wat in die ander afdelings geëwenaar, maar nie oortref word nie. Deel 2 “Kêrels, stu- dente dae en skoolhou” is tereg die helfte korter want uit die geromantiseerde Stellenbosse studentelewe kom ’n eie, indi vidualis- tiese ervaring met moeite los, terwyl Blignault se onderwysloopbaan in Graaff-Reinet kort was.
Deel 3 is vanself sprekend die langste met sy 42 essays, omdat dit die grootste deel van Blignault se lewe beslaan: haar huwelik, haar moederskap en haar reise. Heese lei dié afdeling in met haar ma se heel eerste dagboek inskrywing uit Sarie Marais oor haar huweliksbevestiging met Andries Blignault. Dit is ’n ge ska keerde afdeling wat nooit verveel nie omrede die humoristiese aspek verbonde aan ’n gelukkige huwelik tussen twee gelyk gestem de ewemense en die betrek van die uitgebreide familie met hul besondere menslike kwaliteite, passies en eienaardighede. Maar nie net die “splendour” het vir Audrey gedaal nie; tragedie het toegesak toe sy in 1967 ernstig beseer is in ’n motorongeluk waarin haar man die lewe gelaat het. Hoe grys, troosteloos en uitsigloos die periode daarna was waarin sy haar moes aanpas by alleenwees, blyk uit Deel 4 met sy nege essays onder die titel “Tussentyd”; ’n korrektief op haar befaamde credo dat sy soos die profeet Habakuk “nogtans sal jubel”.
In Deel 5 word hierdie credo weliswaar weer bevestig deur haar tweede huwelik met Attie de Villiers en ander blywende ver rykende geesverwantskappe, maar die elegiese onder- toon bly in ’n lewensfase waarin verlies die reël en nie die uitsondering is nie.
Die outo biografie is in wese die ontmoeting met iemand wat die lewe as ’n avontuur beleef het, omdat die voortdurende ver ryking van haar innerlike ver seker is deurdat sy haar passie vir lees omtrent end-uit behou het. Die rooi omslag is vir my daarom ’n cliché en te veel van ’n nabootsing van die briewebundel. Die gehandskoende hand is nie die hand van die skrywer wat die “alledaagse” – wat elke lewe hoofsaaklik is – deurleef het tot intense ervaring nie.
LINA SPIES in die Burger
Bestel Audrey Blignault: Uit die dagboek van 'n vrou HIER van Kalahari
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member