Vandag het ek net `n klompie vrae:
Kan iemand vir my se of die naaimasjien in boekvorm beskikbaar is?
Ons het so pas " Die dag toe ek my hare losgemaak het" by ons leeskring bespreek. Kan iemand my se waarom die boek so baie hoog aangeskrewe is?
Kan ek hoor of Marie Heese se boek oor haar ma - Audrey Blignault - dieselfde hoogtes bereik het as Blywende vreugde?
Kan ek van `n paar lede van leeskringe hoor hoe hulle hul besprekings hanteer?
Groete van iemand wat nou op pad Kaapstad toe is om die Kultivaria fees te gaan bywoon. Kan nie wag om te sien of dit aan my verwagtings voldoen nie. Moeg vir feeste waar mense loop en papiere op die sypaadjies mors, waar luidrugtige musiek die spilpunt van die fees is, waar dranktente die geliefkoosde bymekaarkomplek is, waar ouerwordende mans en vrouens met plakkies en boobtubes aan hul verlustig aan tamatiesouserige eetgoed en waar blink sonbrille, T hemde met suggestiewe skrywes op en silwerkettings by die jaartse verkoop word. Dis seker ook lekker maar ai, die selfde ou selfde kan later ook maar nie meer nie! Ek se maar net en vra maar net!
Al is die Kaap nat en koud sien ek nogtans uit na my kuier daar.
Paradys groete
Zie
Oor my leeskringervaring het ek 'n stukkie geskryf wat gepubliseer is in The Librarian.
Jy gaan aangenaam verras wees met Cultivaria! Ons kan ongelukkig net die Vrydag gaan, en skop die oggend af met die Cultural Heritage Tour. Miskien loop ons nog iewers by mekaar verby.
Ek sien baie uit na die uitstappie. My suster en ek gaan ook die Heritage toer meemaak. Sien uit om jou te ontmoet. Groete van `n ewe koud en nat Paradys.
Zie, het jy 'Die dag toe ek my hare losgemaak' het nie geniet nie, of was dit net minder goed as wat jy gedink het dit sal wees?
Ek kan nie se dat ek dit nie geniet het nie maar ek het die essensie van die hare losmaak daarin gemis. Ek is ook nie baie lief vir kort stories nie, alhoewel daar tog `n hoofkarakter is. Al het ek sekere voorkeure lees ek wyd en laat ek nie toe dat dit my keuses inperk nie. Dat dit minder goed was as wat ek verwag het is `n korrekte aanname. Andre Brink het die boek hoog aangeprys maar , klink dit my, asgv van die goeie taalgebruik, in ander woorde meer akademies beoordeel. Ek waardeer dit dat AB nooit rerig iemand se skrywes slegmaak nie. Het jy die boek gelees?
Groete
Dankie Maankind vir die stukkie oor jou leeskring ervaring. Ek het so`n deja vu gevoel gekry toe dit gelees het, maar ek moet se ek dink my aanbieding van A B se boek was ook `n waterskeiding by ons. Dit gaan al baie gemakliker en ek geniet dit in elk geval om saam met mense te kuier wat ook van lees hou. Ons maak beurte by lede se huise, wat vir my nogal `n ander lekkerte is, want dit voel soos kuier maar met `n gemeenskaplike belangstelling as pluspunt.
Groete
Zie
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member