Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
25 views

Wenk vir die stoor van kosbaarhede

Page 1
posts 1–4 of 4
regular - member
121 posts

My seun het my die idee gegee om 'n gmail rekening oop te maak en dan alles wat ek wil stoor soontoe te stuur en dit dan net nie af te trek nie. Dan bly dit daar. Nie seker hoeveel ruimte hulle gee nie, maar dis baie! Werk veral fantasties met opeenvolgende weergawes van manuskripte, soos jy daagliks daaraan werk. Ek het gedink ek moet die wenk nou hier deel, want ek is besig om (miljarde - so voel dit vir my) weergawes van Die land van stories en Vandag is nie gister nie, te delete, om plek te maak vir (hopelik) nuwe manuskripte. 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Eerste weergawe van Vandag is nie gister nie was Des 2006! :) 'n Deurmekaarspul, nog. :) Daarna baie, baie volgende weergawes. Tussenin het ek baie ander goete ook geskryf, onder andere 60 klein stories oor Loebi, die draak! Ai. Kyk ek nou terug en maak skoon. Ons maak klaar en gaan aan. En tog sal dit wat verby was altyd saam met ons loop ook. Die slegte en die goeie. 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Eerste weergawe van Die land van stories - Sep. 2008 - maar ek het baie notas reeds gehad, wat ek deur die jare vergader het. Maar dit was die eerste keer wat alles bymekaar gekom het in een manuskrip. 

Toe ek net begin skryf het - my eerste boek is in 1992 gepublliseer, het NALN aanmekaar gesmeek vir ou weergawes van boeke. Maar mens kon nie gee nie, want alles was alreeds op 'n rekenaar en sou nie eintlik sin gemaak het nie - nie soos in die "ou" dae toe sommige manuskripte bewaar is met die redigering (en soms aanvullings deur die skrywer) met hand op gedrukte manuskripte. 

Maar die nuwe elektroniese berging is ook wonderlik en meeromvattend. Dis die wat ek seg, Kop - skryf neer! Almal moet neerskryf! Ons moet die lewe dokumenteer. Ons moet ons en ander se lewens dokumenteer op maniere wat ons kan. Ons almal se lewens - nie net die "beroemdes" waarvan die media oorloop nie. Almal se lewens en menings kan 'n bydrae maak. Hoe weet ons waar "tref" watter sin (wat jy dalk geskryf het) iemand anders? Dis die bekoring van die geskrewe woord. Soms ook die vloek van die geskrewe woord :) 

Ek het my eerste boek (ek dink in 1988) met 'n tikmasjien getik. Was hel :) tipex galore benodig. Hy is nie aanvaar nie, is nog in my laai :) Toe skrik ek en dink ek kan nie regtig skryf nie - maar probeer weer in 1991 en daar gaan ek toe ... Genadiglik intussen 'n rekenaar gekry. En van daai printers wat nog vir ewig getik het op 'n "ribbon" op goedkoop papier wat so geperforeer was - alles een lang strook papier, opgevou in 'n boks.

Ai. Dink ek ver terug. En hier skryf ek dit. 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
novice - member
50 posts

Wat 'n wonderlike gedagte! Sover ek weet is Gmail se 'onthou' so te sê ad infinitum!

Buitendien, as dit klaa raak kan mens altyd van die eerstes, bv van die eerste weergawes van dié wat reeds gepubliseer is, verwyder om plek te maak.

__________________
En die dag het gekom dat die waagstuk om styf in 'n knop te bly meer pynlik was as die waagstuk om te blom - Anais Nin
Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now