Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
65 views

As almal ver is (Suid-Afrikaners skryf huis toe). Saamgestel deur Danie Marais

Page 1
posts 1–11 of 11
regular - member
121 posts

In As almal ver is vertel Suid-Afrikaners (die wat weggegaan het asook die wat teruggekom het) hul stories oor die verre lande waarheen hulle is.   Die lys bydraers is indrukwekkend:  Chris Barnard, Sonja Loots, Corlia Fourie, Erns Grundling, Cecile Cilliers, Marita van der Vyfer, Dana Snyman en Toast Coetzer, om ‘n paar te noem.


 
Chris Barnard se bydrae oor Parys is hartstogtelik (hy het vir agt maande daar gewoon). Hy sê, “Maar dieper langs die nate af van daardie stad, waar die oog nie meer kan sien nie, waar nog net die hart kan voel, ontdek jy mettertyd iets meer.  Dis asof alle tye, alle dinge, alles wat bedink is, alles wat menslik en onmenslik is, alles wat ooit ervaar is, alle ekstases en ontberinge waartoe die mens in staat is – alles hier saamgetregter lê.”

Erns Grundling skryf in The Lord is my Sherpa oor sy Kilimandjaro-ervaring.  Hy het hoogtesiekte opgedoen en moes op Dag Vier omdraai.  ‘n Toergids, Theodolus het daardie laaste aand op die berg na Erns omgesien.  So eindig hierdie bydrae:  “Theodolus het net voor hy gaan slaap sy kopliggie afgeskakel en kruisbeen langs my in die tent gesit.  Hy het sy hande saamgevou en saggies vir my in Swahili gebid.  Ek’s geen kerkmens nie en is ‘n volslae twyfelaar, maar het bibberend aan die slaap geraak met die wete dat alles oukei sal wees.”


As jy, soos ek, saam met die wanderlust moet leef, of ‘n kleinkind het wat nooit Afrikaans sal praat nie, is hierdie bloemlesing (reisbundel?) vir jou.


superstar - founder
993 posts

En wie van ons het nie wanderlust, of familie of kinders of kleinkinders "daar ver" nie? En sommige van ons lede is die mense daar ver. So dit klink my dit speek sommer 'n groot deel van onse volkie aan.

Bestel dit HIER van Kalahari

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Dit klink vir my net so lekker soos Chris Barnard se Oulap se Blou.  Ek het eers gedink dit is sy stukkie "Die Stad Met Drie Gesigte" wat heropgeneem is, maar ek kry nie jou aanhaling nie.  Ek sien nou weer op my blog ek het gesê dat ek dit 3 keer gelees het.  Wonderlik dat twee en 'n halwe bladsy soveel kan beteken.

Hy sê daar oor Parys: "Sy dra nie grimering of reukwater nie, want sy het dit nie nodig nie.  Sy lag maklik en huil soms 'n bietjie.  Sy bly in 'n dakkamer, het 'n spaarrekening en 'n baie ou siel, drink soms wyn, hou van mense, draai nie doekies om nie en vergewe maklik.  Jy vermoed soms sy dra geheime met haar saam."

Koos Doep kry darem seker in die voorwoord of so erkenning vir die titel, "As almal ver is"?

regular - member
121 posts

Ek is nie seker oor die Koos Doep-erkenning nie, ek sal weer moet kyk.

Die Chris Barnard-bydrae se naam is nie Die Stad met Drie Gesigte nie. Dis iets met 'n vis in, as ek reg onthou!  (Boek nie nou hier by die werk nie, sal vanaand laat weet)  Maar die stukkie wat jy hierbo aangehaal het is pragtig.

Ons eie liewe Martie Preller word ook genoem in 'n storie oor 'n  tweejarige se Babelela wat op die treinspoor by Kensington High Street-stasie (ek dink) agtergebly het.  Die pa moes die volgende oggend twee-uur, wanneer die moltreine nie meer loop nie, teruggaan om vir Babelela te gaan haal, met sy besmeerde pers gesiggie en al.

Cecile Celliers se bydrae oor haar kinders wat so ver is, en haar man wat skielik oorlede is en sy wat alleen agtergebly het, is hartroerend.

Ek geniet die boek baie.  Ek hou oor die algemeen van sulke bundels (soos By se Bedkassieboek) want mens kan lekker daarin rondpik en klaarlees voordat jy gaan slaap.

regular - member
121 posts

Ag dis cool van die Babalela wat ook in die boek is - dankie dat jy geseg het, Nadia. Die skakel is op my webwerf na die storie van die verlore Babalela. Dit was in Rapport - en genadiglik het iemand my gebel en geseg ek moet kyk, anders het ek dit dalk gemis. 

Prenteboeke is strak klein stories, aangepas by die kognitiewe vermoens van kleintjies. Hulle kognitiewe vermoens is nog nie heeltemal ontwikkel nie, daarom 'n "eenvoudige" storie. Maar hulle is net klein, allermins stupid! :) 

Ek wou met Vandag is nie gister nie 'n "babalela" vir grootmense skryf. :) 'n Boks is 'n boks is 'n boks.Ons ken almal daai bokse wat in verskillende soort vorms op ons val en ons inhok. Maar die mure, wat lyk soos steenmure, amper soos in die advertensies van 'n motor wat jy dink homself te pletter gaan jaag teen 'n muur, is dikwels net die papiermure van die beperkinge wat ons op onsself sit of die beperkinge wat ander mense op ons sit en ons naderhand glo! Almal het vlerke van die een of ander soort. Almal kan iets spesiaal doen omdat ons almal uniek is. 
 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts

Julle kan die storie van Babalela hier gaan lees!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

En daar's tot 'n foto van die reisiger Babalela, nadat hy gewas is. Dierbaar!

regular - member
121 posts

Hie hie ja. Is dit nie 'n wonderlike storie wat die man so daar uit Londen rapporteer nie. En die wat kleintjies ken, weet dis NET hoe dit werk. Daar is GEEN ander oplossing nie. Hy moet die pers ding gaan soek. 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Chris Barnard se bydrae tot hierdie bloemlesing is getiteld "In die straat van die kat wat visvang", na aanleiding van 'n Paryse straat, Rue de Chat-qui-Peche.
 
Kop, ek het nou vinnig gescan maar daar is geen erkenning aan Koos Doep in die Voorwoord nie.  Ek het egter in die einste Voorwoord 'n nuwe woord vir my toestand gekry, dis nie wanderlust nie, maar "Fernweh" (Duits).  Dit is die woord vir die verlange na, letterlik die seer vir, dit wat ver is.
 
 

regular - member
90 posts

Dankie Nadia,  dis ook maar net 4 woorde, ek weet nie of mens kopiereg op 4 woorde kan hê nie!  Dankie in elk geval van bekendstelling van die boek, ek dink ek sal dit geniet, dalk ly ek ook bietjie aan fernweh.  (Hemel ek kan nie tel nie!  Ek skryf  sommer eers "3 woorde" - gelukkig kan ek dit nog regmaak.)

regular - member
121 posts

Glimlag ek nou vir jou.  Dit is darem 'n bietjie laat in die aand vir tel.

Ag wat, almal weet darem seker waar die titel vandaan kom.  En dit pas die bloemlesing soos 'n handskoen.

'n Laaste lusmakertjie:  Charl-Pierre Naude skryf in "Die perellig van haar lampe" oor Alexandria en sy "ontmoeting" daar met 'n vrou van die nag:  "Haar sexy lyfie was karamelbruin en klein.  Die luike het in sarsies geklap, soos honde wat blaf.  Net 'n lantern het in die kamer gebrand.  Dit was reeds aangesteek.

'n Baie, baie ou plek, Alexandria."

Pragtig.  Jammer vir die Engelse Alexandria, maar ek weet nie hoe om die umlaut te maak nie.  Of die kappie nie.


Page 1
posts 1–11 of 11

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now