Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
54 views

Groot dankie . . . . Breyten et al

Page 1
posts 1–9 of 9
regular - member
198 posts

Baie dankie aan Martie vir die boek - glo my dit sal goed gebruik word.  Geluk ook as Stephni en dankie aan almal vir die goeie wense.  Skies ek skryf nou eers, maar my internettyd het Saterdagmiddag opgeraak voor ek by Boekemakranka uitgekom het - so dankie aan Trisa dat sy gebel het.  Dit word waardeer.

Van Breytenbach gepraat.  Daar was gisteraand op MNet 'n musikale huldiging vir hom--  om te Breyten.  Van ons bekendste sangers (ek ek praat van sangers en nie popsensasies nie) het daaraan deelgeneem. Ek het gemengde gevoelens gehad oor sommige van die gedigte se toonsettings, maar die van Lise Stassen, Lise Beekman en Johannes Kerkorrel was puik.  Ek neem aan die program is al 'n paar jaar gelede gedoen, synde Kerkorrel se verskyning daarin.

Wat Afrikaanse en Engelse lees aanbetref - ek lees omtrent eweveel in beide tale - miskien meer in Engels, maar omdat by belangstellings so wyd is, is baie van die boeke daarvan in Engels, maar dit beteken nie dat ek nie Afrikaans lees nie.  'n Mens moet 'n balans kan handhaaf en ek glo as jy vir iemand vertel hoe goed 'n boek in Afrikaans is, dan sal hy dit lees.  Dis wat ek doen - as iemand vir my vra of ek die of daai Afrikaanse boek gelees het, en ek sê nie, dan kom die antwoord, wel doen dit - dis baie goed.

Met die dat die skoolleerplanne so misrabel is, is dit vandag die ouers se plig om toe te sien dat hulle kinders boeke in die hande kry en lees - dank die hemel vir JK Rowling en Harry Potter - dit het duisende kinders weer laat lees en laat aanhou lees.  Dis nou te sê as hulle ouers nie onder die waan verkeer dat Harry Potter satanisties is nie.

In elk geval, laat ek ophou kerm.  Martie, nogmaals baie dankie vir die boek en ek sien baie uit na jou kuier hier ter plaatse.

regular - member
121 posts

Plesier, Anita. Sal laat weet!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
90 posts

Anita ek het ook Om te Breyten gekyk, of eintlik nog net gedeeltelik, ons het al amper 2 jaar 'n PVR en ek het die naweek eers so ver gekom om al die kabels in die dak te sit dat dit nou ten volle werk.  Noudat ons DStv in die slaapkamer het, het ek met die rondspelery tussen kanale daarop afgekom. Dis gister heruitgesaai en ek het dit toe opgeneem om weer te kyk.  Ek wil sien of dit presies met die CD ooreenstem.  Ek dink dit moet al 'n hele paar jaar oud wees.

Ek het so 2 jaar gelede op my blog oor die CD geskryf: Ek sal jou 'n leeu gee, met 'n foto van Anton Goosen wat op daardie tydstip op Beeld se webwerf verskyn het.


regular - member
121 posts

Jislaaik, Kop. Jy doen wondere met al jou inskrywings. Wonderlike dokumentasie. Hou net aan! 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
148 posts

Kop (Elke keer as ek jou aanspreek dink ek aan Jan Rabie se 'Drie kaalkoppe eet tesame' en een van die Twilight Zone episodes waar 'n vrou vir ewig wil lewe en naderhand net 'n kop aan masjiene is. Dis asof die woord avatar word!)  Ek hou van die poskaart van Anton Goosen op jou website. Ek het ook die 'Om te Breyten' cd maar ek luister min daarna. Elke kunstenaar klink maar soos hy/sy altyd klink. Dit word amper meer interessant om te sien watter gedig elke kunstenaar gekies het en hoe daardie gedig pas by wat hulle reeds doen. Miskien bewys dit dat daar in Breyten Breytenbach se werk iets vir almal is? My gunstelinge is Brasse vannie Kaap en Paul Riekert/Battery 9 maar ek is 'n mal oor laasgenoemde.

Dankie Anita, geluk aan jou ook. Ek het bietjie gaan kyk die Skrywersburo werf nav jou gesprekke hier. Dit lyk oulik. En baie bekostigbaar! Ek wou internet/langafstand kursusse voorstel maar ek sien julle doen dit reeds - asook allerhande ander dienste soos evaluasie.

regular - member
90 posts

Dankie Martie, ek voel geëerd!  Stephni dis interessant, my eerste keuse vir 'n blognaam was Blok Myself, maar na 'n bietjie google het ek toe uitgevind iemand anders gebruik dit reeds.  Eers nadat en My Kop Op 'n Blok begin gebruik het, het ek uitgevind Casper de Vries het iewers ook 'n blog (waar ek dink hy nie vreeslik baie skryf nie) met dieselfde naam).  Ek het my blog toe op blogspot begin met die URL mykopop-n.blogspot.com. Nadat ek oorgetrek het Wordpress toe, het dit sommer net mykopop.wordpress.com geword.  Party ander bloggers het my aangespreek as mykopop, maar iewers langs die pad het party my Kop begin noem.  Ek het toe sommer later by www.chess.com geregistreer as Kop, dus was dit 'n natuurlike keuse toe ek hier kom. (Wie van julle speel skaak?)

Soos ek in my skrywe gesê het, David Kramer s'n was vir my amper asof hy dit self kon geskryf het.  Die gewildste een is seker Rooiborsduif wat Lize Beekman gedoen het, die gewildheid te danke aan 7de Laan, waar die Dezi en wie nou weer (Theuns?) se gedig/lied was.  Die regte naam van die gedig is sover ek weet (soos van vlerke), met die hakies, uit die bundel Lotus wat Breyten onder die skuilnaam Jan Blom gepubliseer het.  Ek soek 'n eksemplaar van daardie boek.

regular - member
198 posts

Het Martie se boek gekry en wat 'n fees!!!  Nogmaals baie dankie
 
Dankie ook Stephni vir jou belangstelling.   Die stigting van die skrywersburo was een van daardie skote in die donker - ek het nie geweet wat ek gaan raakskiet nie, maar tot dusver was dit 'n goeie jagtog.  Die woord versprei (ook danksy internet en Boekemakranka en word of mouth) en ek kry navrae vanaf snaakse plekke.
 
Een of ander tyd gaan die hele proses te veel word vir een mens om te hanteer en dan sal ek mense soos jy, Nadia en ander dalk bysleep.  Ek glo aan die stelling dat twee koppe beter as een is.

regular - member
121 posts

Oeeee, ek word graag bygesleep in Boeke-dinge!

regular - member
121 posts

Baie bly, Anita :) Ek het al 2 mense na jou verwys - jou webwerf gegee wat ek hier op Boekemakranka gekry het. Weet nie of hulle toe gebyt het nie. Maar ek sal aanpass as ek navrae kry. Baie sterkte en GO FOR IT! 

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
Page 1
posts 1–9 of 9

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now