Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
33 views

Afrikaanse Boekwurms in London

Page 1
posts 1–3 of 3
novice - member
15 posts

Ek let op dat Nikita ook hier op die moddereilang is. Maankind, kan jy ons tog nie 'n gunsie snoep en vir ons laat weet watter lede nog huidiglik in Londen is nie. Ek sal wat wou gee, om 'n maandelikse bymekaarkom te reël, waar ons Afrikaanse boeke kan bepraat en geniet.

superstar - founder
993 posts

Diaspora, jy moet maar net hier vra, jong, ek het ongelukkig geen persoonlike inligting van enige lid nie, behalwe dit wat mense self vir my gee. 

Ek kan wel 'n boodskap op Boekemakranka se Facebook groep gaan uitstuur, of op 'n nuusbrief, maar dan moet hulle iemand kan kontak. As jy so iets wil reël en jou kontakbesonderhede gee, kan ek daar en ook op my blog so 'n versoek stuur.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
46 posts

Ek het gese dat ek graag so iets sal bywoon, maar ongelukkig het ek nie tyd om mense hier op te spoor en bymekaar te bring nie. (ek was gevra om te kyk of ek 10 persone kan bymekaarbring - indien moontlik). Nie almal is boekwurms nie, naby my (nuut ingetrek in die omgewing) bly 'n paar Saffas - ken hul nog sleg - en 'n goeie vriendin (groooot boekwurm) is permanent oppad na Rusland om by haar man aan te sluit. Mens moet 'n ander manier kry om mense te kontak...'n SA-koerant in London vroeg genoeg adverteer...daar is twee SA-koerantjies waarvan ek weet wat op die Tube-lyne verniet gekry kan word by afsetpunte waar die Metro-koerantjie ook te krye is. Dus, adverteer soos in "big time" en ek glo daar sal reaksie wees. Hou ons hier ook op datum.

Ek was gelukkig om Anita du Plessis se kinderboek...Koningskind - op te spoor (op die web) en dit gaan nou aan my sus gepos word. Ai, hoe sien ek uit om die boek hier te ontvang!

Dan het ek op hierdie site so pas afgekom.  Dis Amerikaans en hulle verban jaarliks boeke vir verskeie redes...selfs Harry Potter-boeke en nogal Kite Runner is ook op 'n lysie - vir spesifieke redes. Ek dink dis nogal "cool" of sal ek se "kewl". :)

http://bannedbooksweek.org/
http://bannedbooksweek.org/Mapofbookcensorship.html

__________________
Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter, don't mind.
Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now