
Fanus Rautenbach, Afrikaanse Radiolegende
van die 20ste eeu, soos gekies deur 27,000 luisteraars. (Presies wat
dit beteken weet ek nie.) Ek is oud genoeg dat ek grootgeword het met
die Staal Burger radiovervolgverhaal wat van 1961 tot 1974 uitgesaai
is. Ek kon dus nie die versoeking weerstaan om hierdie boekie aan te
skaf nie
Fanus gebruik hier en daar woorde wat
vandag miskien ongewoon is, die eerste storie begin bv. met “La’k julle
biele iets vertel”. Ek het die woord “biele” nog nêrens anders gehoor
nie en my HAT gee dit nie aan nie. Mens moet egter onthou dat Fanus
self skepper van menige nuwe woord is, ek weet bv. dat hy die skepper
van “vonkpos” is. Dis egter nie vir my hinderlik nie, ek dink ook nie
dit behoort kinders van vandag te verhinder om dit te lees nie, veral
met ‘n bietjie leiding van Oupa of Ouma kan dit hulle nogal heelwat
insig gee in hoe dinge destyds was.
Fanus skryf aan die begin van een van die Staal Burger-stories, Diamante is dodelik: Julle kan nou vir my briewe skryf uit Stellenbosch en beswaar maak omdat Staal Burger nie ‘n kultuurbydrae is nie en julle kan uit Delmas uit skryf en sê dat daar nooit in die geskiedenis so ‘n held voorgestel is soos hierdie Staal Burger nie – ek laat my glad nie daardeur beïnvloed nie. Fanus het dus Staal Burger bedoel as ligte vermaak, nie as hoge kultuur nie, maar mettertyd het dit vir my wel kultuur geword.
In dieselfde storie, waarin Bennie en Sarie teen haar pa se sin trou
en wegloop, en met die trein verder ry as die stasie waarvoor hulle ‘n
kaartjie het, snel Staal Burger hulle te hulp waar hulle in ‘n lëe
kompartement wegkruip en dan ontdek dat daar ‘n man se hand onder die
bank uitsteek. Hier is so ‘n stukkie van die dialoog:
“Staal Burger,” sug Sarie, “ek kan dit nie glo nie. Die man onder die bank … is hy … is hy?”
“Ja, hy is,” sug Staal.
En dan eindig die storie so:
“Jislaaik, Meneer het die twee ouens hard geslaan,” herhaal Willem. ”Dink Meneer hulle is…?”
“Nee, hulle is nie, Willem. Maar hulle is amper …”
Voornemende kopers moet net daarvan bewus wees dat daar twee boeke is
wat amper dieselfde lyk, hierdie een bevat 7 Staal Burger-verhale en 9
ander kortverhale. Die ander boek bevat net Staal Burger-stories, ‘n
resensie deur Stoffel Cilliers is beskikbaar in Beeld. As jy graag wil hoor hoe Staal Burger geklink het, kyk by RSG se Klank Afgestof,
kyk net mooi, daar is twee seksies, Staal Burger 1 en 2. Daar is 4
kort klanksnitte wat jy kan aflaai deur te regskliek op mp3. Daar
vertel Fanus ook waar Staal Burger vandaan kom:
Die hele ding het beginne met Anna
Neethling-Pohl. Sy was in ‘n vergadering, in ‘n programkonferensie, in
Commisionerstraat nog, en ek kom so, ek kom uit en sy kom in en sy sê:
“Hey, jy moet vir my ‘n vervolgverhaal vir die jeug skryf.” Sy sê:
“Maak dit so lekker held, ‘n held wat vir niks skrik nie.” En ek het
destyds The Saint gelees, en ek sê vir haar: “Ja, so ‘n karakter”, en
ek verduidelik vir haar wat ek wil hê. Ek sê: “Ons noem hom Ysterman”.
Sy sê: “Nee nie Yster nie, ons noem hom Staal, en ‘n van, wat is die
manlikste van wat jy aan kan dink?”, en ek sê: “Burger, Staal Burger”.
Behalwe die twee boeke van Fanus is daar op die oomblik nog een op die
rak: Fanus Onthou En Sebastian Lieg In die Mou. Ek het onlangs na ‘n
onderhoud met Fanus in Leeskring op RSG geluister oor hierdie boek en
omtrent aan sy lippe gehang. Die program is hier beskikbaar.

Foto: Voorblad van Liewe Oom Draadloos, 1991
Alhoewel humor duidelik Fanus se forté is, skryf hy ook meer ernstige dinge. Kyk bv. op Laurika Rauch se album ‘n Jaar in my lewe, na die vertaling Moenie weggaan nie, wat hy gemaak het van Jacques Brel se Ne Me Quitte Pas. Hy word nog in hierdie maand 81 en skryf nog steeds op Litnet, die mees onlangse skrywe van hom wat ek kon opspoor is geplaas op 5 Augustus, sommer nou-die-dag, getiteld Kitsch en die moderne penarie.
------------------------------------
Chris van der Westhuizen
http://mykopop.wordpress.com