En die wenners is...
Gesamentlik eerste: Stephni en Anita.
Anita se hartstogtelike pleidooi waarom sy die boek moet wen, wen vir haar Die land van stories - 'n praktiese storiemaakkursus. en vir Stephni is daar Vandag is nie gister nie.
Baie geluk julle, en baie dankie vir al die wonderlike stories. En nartuurlik aan Martie vir die skenk van die boeke. Stuur asseblief julle posadresse na trisa@icon.co.za en julle getekende kopieë word gepos.
Martie het ook goedgunstiglik aangebied dat alle deelnemers haar boek teen 'n spesiale prys van R100 kan bestel, met R25 posgeld daarby.
Baie geluk, Stephni en Anita. Julle is waardige wenners!
Dis nou 'n goeie einde aan 'n stresvolle week. Baie dankie! Dis 'n wonderlike prys - ek wil baie graag Vandag is nie gister nie lees.
Boekbestellings: Ek pos Maandag boeke aan vriende en familie in Polokwane, Pretoria, Johannesburg en Durbanville. As julle belangstel om boeke te koop en dit af te gaan haal om posgeld te spaar, e-pos my en ek gee vir julle die name en nommers van die persone wat jy kan kontak. martie@martiepreller.co.za
Stephni - hoop jy geniet. Iemand het reeds gerapporteer dat daar twee "hette" in een sin is - ai en dis verbete deur klomp mense geproeflees - Die vervlakste goed sluip so in. As jy nog sulke foute kry - laat weet asseblief, dan maak ek dit reg in die volgende PFD.
Baie geluk ook Anita en Stephni, ek hoop ons sal nog die vrugte hiervan in die vorm van nuwe stories sien!
Martie - dis reg ek sal uitkyk vir dwars hette en ander goggas.
Oor die aanbod aan die lesers van Boekemakranka. Ek het intussen besluit (somme gemaak) en besluit dat ek die posgeld self sal betaal. Ek moet nog belasting betaal op my verkope se geld, maar kan die posgeld aftrek as uitgawe - dus dink ek SARS kan liewers die posgeld betaal ...) Jy kan dus die boeke aankoop teen R100 elk - posgeld ingesluit. My kontak details is op my webwerf. www.martiepreller.co.za
Die aanbod staan tot die einde van Oktober - daaarna sal ek moet dink daaraan om die boeke vir boekwinkels gee om te versprei om meer mense te bereik as op die internet en hulle vat 40% van die prys, dus sal ek die amptelike prys op die oomblik (R130 - sien my webwerf) moet opstoot. Sommige (meeste boekwinkels) vereis ook dat jy deur 'n amptelike verspreider werk en daar gaan nog 15%. Ek verstaan nou baie beter wat in die boekebedryf aangaan. Elkeen vat 'n hap of happie en laaste is die skrywer wat vaste outeursaandele kry.Uitgewers maak nie geld nie - hulle kan nie, behalwe as daar baie, baie eksemplare verkoop. Ek weet ook nou hoekom boeke so duur is! Redigeerder, taalversorger, proeflesers, uitlegkunstenaars, soms illustreerders, ontwerpers vir die voorblaaie, drukkoste, promosie-eksemplare ens ens.Ek vermoed dit werk ook so met ander produkte soos melk, vleis, vrugte ens ens.
'n Skrywer kry 12% van die verkoopprys van die boek sonder BTW (LAPA) en 15% van die verkoopprys aan boekwinkels (NB) As ek as 'n agent by 'n uitgewer registreer en my eie boeke verkoop, sal ek meer geld kry per boek as wat ek kry omdat ek die boek geskryf het. Julle kan self die somme maak.
Maar 'n haas moet doen wat 'n haas moet doen.Boeke moet ons he!
Nadia, Infinate en Annemari - omdat julle elders reeds die volle prys betaal het - hier is 'n klein aanbodjie :) As julle 'n kort ietsie daar het (nie meer as 600 woorde nie) sal ek met liefde vir julle komentaar daarop so goed ek kan.
Hehehe! Dankie, Martie.
Martie, ek bestel in volgende week in elk geval nog 'n kopie van Die land van stories vir 'n vriendin in Nieu-Seeland (ek gaan dit self vir haar pos, saam met 'n ander boek). Ons kan dan regmaak as jy daarop aandring. Maar net AS. Ek sal vir jou 'n e-pos stuur.
Nadia - Ja - :) Ek wil. Dis reg so. Regverdig - coool. My dogter-hulle gaan Woensdag JHB toe - sy vat boeke saam - dus sal my sussie waarskynlik die week na volgende week 'n paar ekstra boeke he - dan kan jy dit sommer daar kry!
Annemari en Lydia - ek het nooit daaraan gedink nie - maar julle is natuurlik ook welkom om nog boeke te koop vir R100 soos Nadia gaan maak en vir iemand present te gee of wat ookal. Maar my aanbod van die lees van 'n stuk vir julle staan natuurlik ook. Nes julle wil.
Dankie, Martie. Ek gaan liewer van jou aanbod gebruik maak om vir jou 'n skryfsel te stuur.
Maankind, ek het nou eers die stuk wat jy in The Librarian geskryf het, gelees. Voowaar goed geskryf en presies hoe ek daardie bib en leeskring ervaar het. Toe ek aangesluit het, het jy reeds die weg gebaan vir die lekker besprekings.
So kan mens ook nie Bettysbaai se bib uit die oog verloor nie. Hier in Dbnville is 'n baie spoggerige bib, maar ek huiwer nie om te sê dat ek boeke wat ek reeds by die ander genoemde bibs te lese kon kry, hier nie kon raakloop nie.
Julle moet waardeer wat julle daar het.
Moenie jou kwel nie, Martie - ek sal my pond vleis by jou terugkry, of dit nou in die vorm van afslag op 'n volgende boek is, of dat jy kyk na 'n "kort ietsie" wat ek nog moet skryf:)
Dis ook my eie skuld omdat ek nie Boekemakranka genoeg besoek het om jou aanbod raak te lees nie.
Lekker skoonmaak aan jou rekenaar.
Lydia - het gekry -skryf vir jou volgende week. Dink noh om te kyk of ek ander moontlikhede ook kan oopmaak vir jou - maar jy skryf heerlik glad en duidelik en effe wacko :) wat dit baie interessant maak.
Wacko :) Die ding met skryf is om dit uniek te kry - anders klink dit net soos al die ander se goed. Die ding met skryf is ook om dit boeiend en leesbaar te kry vir ander (respek vir jou leser). Ons is almal uniek Lees weer die aanhaling in Land van stories, Lydia, oor hoekom sukkel ons met skryf - meestal omdat ons bang is om ander oor te kom. (Ek dink die aanhaling is op my Litnet Blog ook) Jou wackogeid (unieke Lydia-wees) kom uit in jou stuk. Mens kan ook uniek skryf sonder dat jy as mens persoonlik in die stuk verskyn, met ander woorde as dit 'n fiktiewe storie is, MAAR jou karakters kan net uniek wees as jy weet JY is uniek -anders klink hulle weer almal dieselfde! Maar later meer daaroor vir jou Lydia spesifiek oor jou stuk. Ek skryf hier met my kleinkinders watrondom my speel, so dalk is ek nie koherent nie :)
.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member