Anita en ander entoesiaste: Ek is vreeslik moeg baklei - MAAR ek het plannetjies wat dalk ietsie beter kan maak! 'n Mens kan maar net probeer! Ek wil nog 'n hele artikel daaroor skryf en kyk of ek dit in die BY of erens kan inkry.
1. Om kinders lief vir stories te maak deur vir hulle deurlopende stories te gee ens. Hierdie droom van my van baie jare, is besig om stadig maar seker te gebeur. Ek het daaroor geskryf op my webwerf by Loebi-leesreeks.
2. Uitgewers spartel. Selfpublikasie is 'n opsie - makliker en makliker met nuwe tegnologie. Maar as 'n mens iets self wil uitgee wat selfs kan verkoop ook, moet jy dit wat jy skryf so aanbied dat ander mense dit wil lees! Daarom riglyne hoe om 'n storie te skryf wat ander ook sal wil lees! Wat met ander woorde die UNIVERSELE in ons INDIVIDUELE lewensstories uitbring sodat ander daarmee kan identifiseer.
3. As 'n mens mense aan die SKRYF kan kry (en ons elkeen se lewens is stories), wakker jy dalk 'n mense aan om weer te kyk na stories - bring jy nuwe belangstelling by mense wat dalk nie entoesiasties is oor gepubliseerde stories nie.
4. Die roman wat ek nou gepubliseer het, is eintlik die storiemaakkursus in storievorm. Mens kan dit lees as bloot 'n storie - maar dis ook iets meer indien jy dit so wil sien. In die roman is daar kamstige dokumentasie van wat die karakters self geskryf het, wat Christo saamstel en verwerk as 'n volledige storie. Daar is ook, as deel van die storie, volledige karakter ontledings ens ens. Dis moeilik om te verduidelik, want dit IS net 'n storie, maar as jy wil kan jy self kyk. Die struktuur van die roman le oop en bloot.
Dit is wat ek kon deel. Alles wat ek weet van stories. Wat die stories my geleer het. Miskien help dit erens 'n bietjie - 'n mens weet nie - jy doen maar net!
Ek sal dit later duideliker formuleer vir 'n artikel dalk. Maar dit is my plannetjie :)
Ek wens jou alle sterkte met jou "plannetjie" toe.
Dankie Nadia! Dit was so 'n lang reis met die boeke saam - ek wil net weet ek het alles gedoen wat ek moontlik kon! Dis sooooo 'n saak van die hart! Soms kan ek myself vreeslik upbeat omdat ek so idealisties was om te kan dink mens kan vryskutskryf. Ek moes 'n shrink geword het, soos ek ook wou :) en net tussenin dalk boeke probeer skryf het. Maar dis die keuses in die lewe, ne? Ons lewens.
Die storie agter die storie. Ek het nou skoon vergeet om dit te noem. Die storie agter die storie van Vandag is nie gister nie kan jy op my webwerf lees. Die roman se karakters is van my jeugboekkarakters wat net ouer geword het :) Ek het baie pret gehad met die lot. Was wonderlik om hulle weer te kry. Dis nie regtig relevant vir lesers nie, behalwe as dit hulle interesseer.
'n Regte boek. Ek weet nie of ek die storie al vertel het nie! (Die kinders beweer ek begin stories oor en oor te vertel ... :) seker die ouderdom ...) Maar toe ek net begin skryf het, het BAIE mense vir my gevra wanneer ek eendag 'n "regte" boek, bedoelende 'n volwasse boek, gaan skryf. Hulle het ALMAL gepraat van 'n "regte" boek!!!!??? Interessant ne? Dit het my natuurlik heeeeel woedend gemaak en 'n vreeslike weerstand (skrywersblok!) in my ontlok. Uiteindelik het ek dit oorkom - dus is dit nou my "regte" boek. Hmmm.
Anita - ek wil binnekort vir iemand op McGreggor gaan kuier - ek sien Robertson is nie ver nie. Sal laat weet - dan gaan sit ons erens en chat en drink 'n bottel wyn? Wat seg jy? En ons babbel oor ons passie vir boeke! Was jare laas in daai geweste.
Werkswinkels in JHB/PTA is dalk eers effe op die langebaan met die dat die Woordpoort-ding en dan Aardklop nou amper gaan gebeur. Sal laat weet.
Martie om mense aan die skryf en daardeur aan die lees te kry, is een van die groot redes hoekom die skrywersburo gestig is.
Ek werk heeltemal anders as ander skryfgroepe - die lede skryf nie net nie, maar hulle moet gedigte ontleed, gee hulle dinge om te vertaal en te herskryf as oefening en ek gee lesings soos byvoorbeeld simboliek ens en dis wonderlik om te sien hoe die mense daarop reageer - hoe 'n nuwe wêreld vir hulle oopgaan en hulle skielik verstaan wat die skrywer vir hulle wou sê.
Daar is geen manier dat ek baie geld uit die buro sal maak nie, maar die vreugde te sien hoe mense se horisonne verbreed is vir my beloning genoeg.
My wens was dat as ek een talentvolle skrywer kan ontdek en hom/haar kan help om die wonderlike wêreld van woorde te kan ontdek en ontgin, het ek my doel bereik. Wel ek het dit binne 18 maande reg gekry met Antoinette Diederichs wat nou vir 2 jaar na mekaar die Bloemfontein skrywersvereniging se kompetisie gewen het en 'n derde plek gekry het met Klein By se wedstryd. Ek dink nie ek was in my hele lewe al so bly oor iets wat ek vermag het nie. Nou hoop ek vir nog.
Hel Martie as dit nie genoeg motivering is om jou boek te wen nie, dan week ek nie (hehehehe)
Martie jy moet deur Robertson ry om by McGregor uit te kom, so laat weet wanneer jy kom - hier's 'n paar lekker koffiewinkels en baie wyn-drinkplekke - jy kan die wyn drink en sal bly by koffie (die oorlat ek nie van wyn hou nie, maar ek is allergies vir swael so ek moes my wyntande trek - dis is 'n absolute ramp en ellende, maar wat kan jy nou doen - die gevolge is erge as die genot)
Dit sal heerlik wees om net weer 'n slag boeke te praat met iemand in die bedryf, so bel my sommer as jy kom - 0782939877.
Sal so maak! Dan praat ons sommer om te kyk of jy nie my boek aan jou lede wil bemark nie - elkeen behoort dit eintlik self te he - dan kan ek jou die afslag gee wat ek vir boekwinkels moet gee en dan maak jy ook sommer iets.
Jip - ryk word is nie die punt nie en sal nooit gebeur nie. Oorleef is die punt sodat mens kan aanhou doen wat jy doen - wat ek nie meer kan nie, dus sela!
Dis wonderlik om vir mense openinge uit te wys na nuwe moontlikhede. Jy doen goed daar. Coool.
:) Lidia. Ek sal laat weet. Die jaar het klaar sy mal afdraende na Krsimis begin vat. Daai boek van jou is 'n perfekte voorbeeld hoe jy met jou eie ervaring ander getouch het. Dis die universele in die persoonlike!
Dankie, Martie. Dit het my ook met 'n groot probleem agtergelaat. Ek het eindelik by die besef gekom dat ek eintlik glad nie kan skryf nie! Dis maklik om oor die waarheid te skryf, maar heeltemal 'n ander saak om stories uit te dink. Dis waar ek nou is!
Doen die skryfopdragte ... :) Skryf 'n fiktiewe biografie ... wie wou jy gewees het - WORD daai een ...
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member