Dis wonderlik om soms buite die hoofstroom te soek na outeurs. Hier het ek byvoorbeeld 'n paar folk-outeurs raakgeloop, wat jou die storie laat "beleef". Die hoor, sien, proe, voel. Jy's eenvoudig volledig daar saam mer hom.
* Theunis Uys - Hoor wat sê die katlagter en Namakwaland, my hartland [Protea Boekhuis]
* Willem D. Kotze - Voetspore in die kalahari, T'sats grootste van die groot jagters, JOnker Afrikaner, Stemme uit die Kalahari ens [Protea Boekhuis]
* Euodia Engels- Riemvasmaak [hemel&see boeke]
Diaspora, dan sal jy ook vir oom Gert Sarrisam waardeer, Vonke uit die koeroeklip en As murasies kon praat. Hy het beide bundels self uitgegee, maar het baie ondersteuning gekry van o.a. Protea.
Met sy debuutbundel, Vonke uit die koeroeklip - 'n Eie verhaal uit Namakwaland, het Gert Sarrisam lesers van oraloor bekoor. Sy nuutste bundel bied weer pure leesplesier - daar is vrystories en bakleistories, hartseerstories en lagstories, sowel as vertellings oor 'n klompie rare karakters uit die Namakwalandse omgewing.Die bekende ware verhale sluit in die van 'n tweejarige dogtertjie wat verkluim het in die Kamiesberge, die Nazi-gesinde Robey Leibbrandt se spioenasietog aan die Weskus, die tergende Bettie Smith-moordsaak, en die opspraakwekkende moorde deur Jan Pieriga op die plaas Olienpoort. Leer ken ook die vermaakpersoonlikhede Arno van Zyl en ant Grietjie van Garies, en herleef die kubuskoors wat Suid-Afrika in die 1980's getref het!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member