Hierdie opskrif Toerien klimmer tot op hoë ouderdom op Die Burger se webwerf het vanmôre my oog gevang. 'n Lang en heel insiggewende artikel oor die digter deur Willem de Vries. Hy skryf dat Toerien "gister" na twee hartaanvalle oorlede is, dit moet dus op 3 September 2009 wees. Hy was 88.
Ek self het Toerien eers so twee jaar gelede ontdek onder die opskrif 'n Oulike Boekietjie oor sy saamgestelde bundel "Om te onthou" geskryf. Ek het daarna begin om van sy oorspronklike bundes tweedehands te koop as ek hulle in die hande kry, daar lê reeds een van hulle Illusies, elegieë, oorveë, transfusies wat nog nie rak gekry het nie, wat ek so twee weke gelede gekoop het, op my lessenaar.
Toe ek onlangs menige resensie oor Loftus Marais se bundel opgesoek het, het ek lekker gegrinnik oor die volgende stukkie:
Die
fotograaf wil hê die twee digters moet stywer teen mekaar sit vir ’n
foto. “Maar wat wil jy nou?” knor Barend. Hy swaai ’n arm.
“Jy hoor mos die kêrel sê hy is … gay.” ( Die windpomp hoes digters - Charl-Pierre Naudé) .
Toerien se gedigte lees vir my besonder lekker, ek kan "Om te onthou" (Kalahari.net) sterk aanbeveel, alhoewel in 'n klein formaat is dit nogal dik, met baie gedigte uit sy bundels.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member