Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
50 views

Gedigte

Page 1
posts 1–4 of 4
rookie - member
2 posts

Hallo almal,

Ek het 'n handjie vol gedigte wat ek glo die moeite werd is om gelees te word, maar wie sal dit oorweeg om dit in 'n bundel saam ander te publiseer?  Waarheen of na wie toe stuur ek dit?

regular - member
90 posts

Hallo en welkom, Snip-pippie,

Daar is een groepie wat ek van weet met die naam DIGklub, te kry by http://boksemdais.googlepages.com, wat reeds hulle eie bundel met die naam boksemdais:'n hele kabundel verse uitgegee het. Ek weet nie of hulle beplan om weer so iets te doen nie, en hulle klink ook vir my na 'n taamlike hegte groepie, so ek weet nie of hulle nog iemand sal wil inneem nie.  Die enigste ander saamgestelde bundels waarvan ek nog weet is die Nuwe Stemme reeks, ek het geen idee wat jy moet doen om daar vir keuring in aanmerking te kom nie.

Natuurlik wil mens die kopiereg op jou werk behou totdat jy presies weet hoe dit gepubliseer gaan word, maar ek het 'n idee dat mens heelwat meer moet skryf as wat jy beplan om te publiseer, en dat dit dalk 'n goeie idee is om maar 'n paar te 'offer' op die internet, hetsy op www.woes.co.za (dis waar bogenoemde groepie mekaar ontmoet het), op Litnet of miskien op 'n Wordpress of Blogspot blog.

Miskien wil jy ook by die sustersforum Pennestreke (sien kantlyn) aanklop.

superstar - founder
993 posts

Dan is daar natuurlik ook PoësieNet op LitNet.

PoësieNet: Stuur jou gedigte (hoogstens vyf), 'n foto en 'n kort bioskets aan Christine Barkhuizen-Le Roux by gedigte@litnet.co.za. Klik hier vir PoësieNet-riglyne. Kopiereg bly joune. Ongelukkig kan geen terugvoering gegee word nie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
2 posts

Sjoe, baie baie dankie julle.

Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now