Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
93 views

Johann de Lange se gedigte

Page 1
posts 1–12 of 12
regular - member
198 posts

Het pas 'n kopie van Johann de Lange se nuwe bundel Die algebra van Nood van hom ontvang - hy was so gaaf om vir my een te stuur.  Ek wil net een of twee van die gediggies met julle deel want dit is vir my so mooi dat ek wil huil.

So lank as wat die vuurvlieg

Solank as wat die vuurvlieg
aan die perskeboom hang
& die plaasdam saans sterre
in sy stil meniskus vang,

so lank as wat woorde
vy die volmaan lieg
sal my hart oor boorde
op been-af ryme na jou toe vlieg.


My woorde is klippe

My woorde is klippe: party glad
wat rol van die tong, ander plat
of met skerp kante.  Implemente,
My woorde berg diamante,
diertjies & plante, my woorde
bewaar die stadige aanwas
van kontinente, Kloof een
& 'n ammoniet varing
oop, 'n gesternte, 'n taal.
My woorde bestaan al
voor die geboorte
van die melkweg,
in die sterstof van die oerknal.

regular - member
90 posts

Sjoe, dis baie mooi!  Ek wil nie ons "kru taal" debat weer oopmaak nie, maar a.g.v. gedigte van hom waarop ons toe afgekom het en  een waarna Maankind my laasweek verwys het, het ek eintlik besluit ek gaan hom nie lees nie.  Dit plaas party potensiële lesers in 'n moeilike situasie.  Ek weet 'n digter het nie altyd net mooi goed om te sê nie, maar nogtans.

superstar - founder
993 posts

Gaan lees gerus mense se menings daaroor op my blog.

Daar is ook 'n skakel na die opspraakwekkende gedig. Ek het geskryf:

Melt vra mense se menings oor hierdie gedig. Ons het nogal onlangs op Boekemakranka gesels oor wanneer is kru te kru. Wat dink julle?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
198 posts

Ek stem saam Maankind.  Ek sal dit nou nie as een van Johann se bestes beskou nie.  Ek hou ook nie van die gedig nie - dis 'n bietjie te erg vir my selfs al verstaan ek die redes agter die skryf daarvan.  Die gedig gee my die selfde sidderende gevoel as Koos Prinsloo se Slagplaas - nie vir my nie.

Dis maar hoekom ek daarby verby kyk en konsentreer op die ander gedigte - die was so wonderlik mooi is.

Het nou die dag vir hom vertel van ons debat oor kru-woorde en kru-gedigte in sy bundels - sy kommentaar was dat die debat oor kru-woorde is 'n verfrissende afleiding van al die ander "deskundiges" of wat ook al wat glo so kerm oor sy gebruik van & in die bundel.  Maar hy het kennis geneem.


superstar - founder
993 posts

Vir meer inligting, gaan kyk hoe Joan Hambidge dit interpreteer op LitNet. Daar verskyn ook Loftus Marais se oorspronklike gedig, wat aanleiding gegee het tot dié van Johann de Lange. En skielik lyk Johann de Lange se gedig soos 'n Sondagskool-vers in vergelyking. 'n Besonder knap vers, waar meer wysheid en beheersdheid deurskemer.

Dit is ook vir my weer 'n vingerwysing vit my. As ek iets wil oordeel, moet ek altyd dink: Compared to WHAT?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
148 posts


'Staan nader aan die venster' het my bietjie beskermend teenoor Loftus Marais laat voel. En laat wonder wat sy grense is en of die gedig vir hom snaaks of bedreigend is. Noudat ek sy oorspronklike gedig gelees het is ek seker hy het Johann De Lange se antwoord geniet en ek dink nou dis met baie deernis geskryf. Snaaks wat 'n verskil 'n bietjie konteks kan maak. Verder wil ek net noem dat die beeld van die mossel met sy harige baard nog lank met my gaan wees :)

regular - member
148 posts


Ek weet nie of julle Carl-Pierre Naude se brief op Senet gelees het nie maar hy verwys na Danie Marais se opinie oor die Johan de Lange op Versindaba wat julle hier kan lees. Selfs nog meer konteks vir my. En ek weet nou nie meer eintlik wat ek hieroor dink nie behalwe dat ek nou verstaan wat 'n palinode is?

superstar - founder
993 posts

Dankie vir die skakel, Stephni! Dit laat my beter voel om te weet dat beide gedigte nie net bloot deur almal as briljant geag word bloot omdat dit groot name is nie. Ek wonder tog of dit dieselfde reaksie sou uitlok as dit deur twee onbekende persone geskryf sou word? Sou dit dan nie net as 'n kru gesprek beskou word nie?

My gevoel wissel heeltyd hieroor. Maar ek is tog dankbaar dat ek geleer het wat 'n palinode is!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
guest poster

My gevoel wissel heeltyd hieroor. Dis nou oulik gesê.

Bogenooemde gedigte is werklip mooi. klik. klip. klap. klot. hehehehe

Die woord "P...

ek meen okay piel... dit is vir my baie erg om te lees en ook te skryf.. weet ook nie hoekom nie, ja eintlik weet ek hoekom dis soos penis ek sukkel met dit, maar vagina sukkel ek nie mee nie, dalk moet ek vagina in 'n gedig gebruik..mar is piel nie 'n skelwoord soos ka.. hemel laat ek groet

smile
~.okay laat ek al die skakels gaan lees.~

guest poster

grinhahahah dat so 'n moffie nou... hohoho ... ja ek dink jaa johaan is reg hete eks skoon op hetnou... ek lag werklik hardop dis fokken snaaks dis bliksems funny... nee ek bly weg van julle klopm af liewe donner und bliksem ... ek gaan ou eers weer 'n sabatical moet vat... sabatsrys soos liewe annli my vrindin so moi seg hehehehehe

guest poster

nee heidin julle digters is net eens te erg hgiehiehie giggel whahah whahahahhhAAAA LIEWE GOEISTE MAR OU JAOHANN KAN SKRYWE

askies my spelling eks nou heel oor die muur gelag... of die klawersgrin

rookie - member
7 posts

....ek meen okay piel... dit is vir my baie erg om te lees en ook te skryf.. weet ook nie hoekom nie, ja eintlik weet ek hoekom dis soos penis ek sukkel met dit,..

-waterval

Waterval,
Dit laat my dink aan die jong juffer wat 'n blind date gehad het. Sy was egter baie sleg met name. Haar vriendin gee toe vir haar die raad: "Sy naam is Genis, so dink net 'penis'.
"penis - Genis; penis - Genis; penis - Genis", berei sy haar toe voor.
Die aand is daar 'n klop aan die deur. Toe sy oopmaak, staan die groot man, haar date op die drumpel.
"Naand Giel", sê sy.


Page 1
posts 1–12 of 12

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now