Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
18 views

Chincilla (Nanette van Rooyen)

Page 1
posts 1–2 of 2
regular - member
121 posts

Chinchilla, Nanette van Rooyen se debuutroman, gedoen onder leiding van  Etienne van Heerden as deel van haar meestersgraad in skeppende skryfwerk, is verstommend.

Die hoofkarakter, Lea, ontvlug van ‘n minnaar wat haar fisies aanrand, tot só ‘n mate dat haar seuntjie doodgebore word. Lea keer terug na haar geboorteplek, ‘n plaas buite Sutherland, wat ook die Van Rooyen se geboorteplek is. Hier word daar met chinchillas geboer. ‘n Chincilla is ‘n diertjie so groot soos ‘n haas en word vir sy pels grootgemaak en geslag. Op die plaas begin Lea met haar helingsproses. Saam met haar is daar haar pa, Zaccharias - ‘n inkennige valkenier wie se emosionele band met sy dogter nie sterk is nie -, die Chinchilla-slagter Bastos, Krisjan – met wie sy ‘n spesiale band het, en wie in ‘n teer toneel haar voete was – en Mirjam, ‘n siener met primitiewe wysheid (op bladsy 118 gee sy vir Lea raad teen wurgsiek: druk ‘n  hele skilpad fyn en drink die sap net so). Die helingsproses sluit vir Lea sekere rituele in, en die leser sal haar hart moet vashou vir die kosgee- en warmmaak-rituele vir die dooie kind, wie se as op ‘n koppie gestrooi is.

Valkenierskap, chinchilla-boerdery en slagtery asook die taalidioom van Chinchilla, is ‘n vreemde een vir die meeste lesers van Afrikaans, glo ek. Die skrywer slaag daarin om dit helder te teken en die leser oortuigend, en skynbaar moeiteloos, in te trek.

Ek beveel die boek baie sterk aan en sal op die uitkyk wees vir volgende werke van haar.


superstar - founder
993 posts

Ek het Chinchilla net so geniet! Ek het die boek verlede jaar by ons plaaslike Leeskring bespreek, sien my notas hier:

Anita het ook haar notas van haar bespreking hier geplaas.

Bestel Chinchilla HIER van Kalahari.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–2 of 2

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now