Riana Scheepers se eerste kortverhaalbundel in 10 jaar is 'n sjarmante, onthutsende kombinasie van die sensuele en die gevaarlike, 'n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings.
Die natuur en die wonder van die skepping word telkemale in gevoelvolle, digte taal opgeroep. Dit gaan hier oor die wonder van die platteland, oor die komplekse verhoudings binne die Suid-Afrikaanse politieke bestel, oor die ervaring van die vrou.
Vanuit 'n sterk vroulike perspektief word Afrika-mistiek, die liefde en die natuur sterk op die voorgrond geplaas, en bowenal word hierdie bundel 'n viering van onblusbare lewensdrif.
Scheepers keer met hierdie kragtoer terug na die genre wat destyds haar reputasie as geliefde en gerespekteerde skrywer gevestig het.
Dr. Riana
Scheepers is onder meer bekend vir haar pryswennende publikasies Die
ding in die vuur (1991) en Dulle Griet (1992), haar blitsverkopende
Katriena-verhale en haar samestelling Dogters van Afrika. Sy en haar
man, Johann Loubser, woon op hul wynlandgoed, De Compagnie, net buite
Wellington.
RSVP by 021 8732786 of teater@breytenbachsentrum.co.za
Datums: 10 September 2009, 18:30 vir 19:00
Bestel Katvoet HIER van Kalahari
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member