Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
25 views

OOS, Wes, tuis bes.

Page 1
posts 1–2 of 2
rookie - member
9 posts

Al ooit gevoel soos 'n vierjarige seuntjie wat voor 'n gehoor van tienduisende moet klavierspeel? Wel, dit is hoe ek op die oomblik voel, maar ek gaan die beste van die situasie maak.

Ons moet begin by my naam. 'Marion' kry ek by my moeder wie gefassineer was met Marion Eiland op skool en altyd daaroor opgelees het. Dit het niks te make met die vroulike weergawe nie en word uitgespreek "Mah-rie-on". Die naam is uniek, maar gou in my lewe het ek ook besef ek is en daarom het ek laat waai met dit.

Ek het op die PUK gestudeer en het die onderwys in SA betree in 1999. Gou ook agtergekom dat dit nie is wat ek wou hê nie. 'n Onnie in SA was nie meer toe soos wat dit was in die ou dae nie. My lewe het my gelei na Taiwan waar ek 6 van die wonderlikste jare van my lewe spandeer het. Ek was die onnie wat ek altyd wou wees. Het nie net lewens verander nie, maar gemeenskappe. Ek het besef hoe min mense van die Ooste af weet en het my eerste boek gepubliseer in Taiwan genaamd:  "AFRO-DIZZY-ACT : A potent adventure of a foreigner in Taiwan". Hierdie koffietafel grapboek was dadelik gewild omdat die Taiwannese wou weet hoe die westerlinge hulle sien en andersom. ADA was ook gekies as een van die top 100 boeke in Taiwan daardie jaar wat opsigself 'n groot eer was.

Maar ek wou nie net grapperige boeke skryf nie. Ek wou stories skryf en skryf toe in vir die "Ek is 'n skrywer!"-kompetisie geloods deur NB boeke, Huisgenoot, You en name soos RSG. Op 'n dag kry ek 'n epos wat noem dat my boek, OOS, gekies is saam met 4 ander om gepubliseer te word. By verre een van die beste dae in my lewe. 

'n Bietjie oor die boek:

Jong Suid-Afrikaners het wel deesdae meer geleenthede om te reis, maar baie van ons word verplig deur die situasie in ons vaderland om te gaan soek vir groener gras oor die waters. Louis van Jaarsveld beland so in Taiwan. Maar hy hardloop weg van sy verlede in Suid-Afrika. Hy probeer oor begin, maar kom gou agter dat alhoewel jy 12,000 van die huis af wegloop, jou probleme saam met jou kom en jy binnekort daaraan sal moet werk. In hierdie 'anderse' kultuur het hy dus geen 'comfort zones' nie soos die Engelsman dit sê. En hy kom gou agter dat sy Suid-Afrikaanse maats daar veel belangriker is as wat hy ooit kon voorstel. 

Indien julle nog altyd belang gestel het in die Verre Ooste, dan is hierdie 'n lekker boek om te lees. Ek is alles behalwe 'n lopende woordeboek en het myself belowe - as ek ooit skryf, sal ek skryf sodat mense lekker lees. Ek gaan skryf vir elke een wat van ons taal hou en gaan niemand probeer vermaak met hoe gekompliseerd ek 'n ding kan maak nie.

Vir diegene wat hou van iets visueels, kyk gerus na die trailer van die boek:
 

superstar - founder
993 posts

Ek sien daarna uit om hierdie boek te lees, Mah-rie-on!

Oos kan HIER bestel word van Kalahari.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–2 of 2

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now