Oor die hele ding van "issues" in stories wat vir my nogal 'n probleem is in die sin dat dit weerstand in my wek om te lees - is baie interessant. My uiteindelike gevoel daaroor is dat dit wonderlik is dat daar verskeidenheid van boeke, skrywers en lesers is.
Toe ek begin skryf het in 1992 was daar vreeslike diskussies oor die "issues" wat in jeugboeke ingedruk word, soos sommige dit gestel het om "kinders" te leer en daarom meeste afgesit het van lees, waarskynlik vir ewig! :)
Maar tog is daar altyd "issues" want dis wat die konflik maak en sonder konflik is daar nie 'n storie nie!
Ek het toe ek die eerste keer die bespreking van my "ouvre" (ahem - keelskoonmaak) :) in die boek oor kinderboekskrywers wat LAPA uitgegee het (Van Patrys-hulle tot Hannah Hoekom) lees, gesien dat een van die deurlopende temas in my (ahem) "ouvre" natuurbewaring is ... Ek was geskok! Sowaar? Ek het gedink daaroor - en seker ja, op 'n manier. Daar IS baie van die bedreigde natuur (en mense en pers dinge) in my boeke. As ek skryf kom die karakters, en erens moet hulle wees (milieu) en daar is moeilikheid want waar mense is, is moeilikheid! Maar ek dink nooit ek moet oor issues skryf nie. Mense fassineer my - hulle MAAK ook die issues ens ens.
Dus - wat ek wil seg - is YESSS vir die malse verskeidendheid van boeke, skrywers en lesers. Ons lees en skryf elkeen anders! En tog deel ons die vreugde van boeke!
Loflied aan die lesers! Ek het dit al orals geplak. Ek plak weer. Want sonder lesers, was daar nie boeke nie!
Reading, therefore, is a co-production between writer and reader. The simplicity of this tool is astounding. So little, yet out of it whole worlds, eras, characters, continents, people never encountered before, people you wouldn’t care to sit next to in a train, people that don’t exist, places you’ve never visited, enigmatic fates, all come to life in the mind, painted into existence by the reader’s creative powers. In this way the creativity of the writer calls up the creativity of the reader. Reading is never passive.
Ben Okri in A Way of Being Free
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member