Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
22 views

Die heerlikste gevoel

Page 1
posts 1–3 of 3
guest poster

‘n pakkie boekie afgelewer deur Kalahari. net by die hek te ontvang!!

 

Oewheeee!!


Hm, dit vul my met innerlike geluksaligheid!


Dit is nou 4 boeke deur Finuala Dowling. Sy het op die winter skryfskool van Tukkies gepraat hierdie jaar (2009) en het sý my nou beïndruk.. en laat glimlag. Sy is so borrelend en lewe met lus.


Die boeke wat ek gekoop het is:


1.      Doo-Wop Girls Of The Universe (’n gedigte versameling )

2.      What Poets Need (’n roman)

3.      fly.leaf (’n roman)

4.      Notes from the dementia ward (’n gedigte versameling)


I Flying, haar ander poësiebundel, kon ek nie by Kalahari.net te koop vind nie.


Ja, ek dink sy vreugdevol pyn met ’n tikkie humor skitterend skets.


Ek kwoteer en vertaal en sluit net aan by haar in haar laaste sin in die voorlaaste genoemde werkie: Notes from the dementia ward.


“I am embarrassed to be so rich.” (Uit die gedig “Riches” deur Finuala Dowling.)


“Ek is verleë om so ryk te wees.”


Ek dink al die Boekemakrankas sal volmondig dieselfde beaam.


Nou wil ek net eers vanaand "Katvoet", die kortverhaalbundel (2009) deur Riana Scheepers klaar lees, dan sal ek môre loer na Finuala  se rykhede.


Maar ja, ook ek word honger so eers tee en roosterbrood met Flora en Bovril! (Hm, miskien met nog iets daarby!)


Smul.

superstar - founder
993 posts

Nuwe boeke IS die lekkerste. As ek Poskantoor toe stap om my pakkies te gaan haal, vroetel ek sommer daardie sterk plastiekreep af voordat ek by die huis is! Dan loer ek en ek voel, ek begin vinniger asemhaal...

Terwyl ons so van Kalahari praat, ek wil almal hier tog vra om asseblief van die Kalahari skakel in die regterkantse kolom, of die spesifieke skakel waar ons oor 'n boek gesels gebruik te maak. Ek kry 'n (baie) klein kommissie op boeke wat van hierdie skakels bestel word, wat my help om hierdie forum te onderhou.


__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Waterval - ek het stukke van daai Dementia poetry gelees en dis totally beautiful

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now