Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
22 views

Aangename kennis

Page 1
posts 1–6 of 6
rookie - member
1 posts

Aangename kennis, medeboekliefhebbers.   Toevallig op hierdie webwerf afgekom en hoe verras is ek nie!  Met die sluit van Boeke-Insig se web pas hierdie forum werklik soos 'n handskoen.  Ek sien uit na menige lekkerlese saam met julle! 

Susan

superstar - founder
993 posts

Dankie, Susan! Ek is seker elke lid van Boekemakranka voel geëerd dat ons gesprekke hier met dié van Boeke-Insig vergelyk word. En daar het nou 'n verdere leemte ontstaan met dié dat die  Burger, Beeld, Volksblad en Rapport nie meer resensies op hulle webwerwe sit nie. En Huisgenoot se Boekeblad het net 2 keer verskyn, en toe sonder 'n woord verdwyn.

Waar laat dit ons? Ons hou op kla en doen self iets. Ons gesels hier en leer van mekaar. Ons stel mekaar aan boeke en skrywers bekend. Ons maak mekaar nuuskierig. En in die proses geniet ons onsself!

En baie welkom natuurlik! En moenie vir ons vertel hoe oulik ons is nie, vertel jou vriende...


__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Oeeee, Trisa!  Jy maak my van vooraf a) de wetter in oor die boekeblaaie van ons groot koerante en b) opgewonde oor Boekemakranka!

regular - member
148 posts


Ek wil ook sê dis lekker om so baie nuwe mense hier te sien. Maankind, ek spandeer nie meer vreeslik tyd daar nie en sien nou eers daar was 'n bespreking?/stryery? oor jou vraag oor kanon en bellettristiese op sênet gewees. Ek hou daarvan dat jou antwoord was "Elders het mense saam gesels, en ons het almal daardeur geleer." Dis presies hoekom dit vir my lekker is hier.

regular - member
121 posts

Lekker hier. Ja, ja. Mense wat deel wat hulle dink en doen en voel is altyd verrykend.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Haai Susan. Lekker plek die.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
Page 1
posts 1–6 of 6

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now